Die sweefspoor op Tafelberg is vir die eerste keer in sy bestaan genomineer as die wêreld se beste sweefspoor in vanjaar se Wêreldreistoekennings.
Die sweefspoor is al sedert 4 Oktober 1929 in bedryf.
Wahida Parker, besturende direkteur van die Table Mountain Aerial Cableway Company (TMACC), sê hoewel hulle swaargekry het weens die koronaviruspandemie, is daar uiteindelik tekens van herstel.