Ses maande nadat die Verkiesingskommissie (OVK) ná die algemene verkiesing in Mei onder kritiek deurgeloop het oor sy verouderde skandeermasjiene, het die OVK Maandagmiddag aangekondig hy is op soek na nuwe en gevorderde tegnologie.
Die sogenaamde “zip-zip-masjiene” was vir baie jare lank in gebruik, maar die tegnologie daarvan het verouderd geraak.
Glen Mashinini, nasionale OVK-hoof, het vroeër vanjaar gesê nuwe tegnologie met die vermoë om die geografiese koördinate van kiesers se huise te bepaal en dit dan met stemdistrikte te verbind, word in die vooruitsig gestel.