Die Bloodhound- supersoniese motor is Maandag vir die eerste keer nóg op Hakskeenpan noord van Upington aan dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, en die wêreld bekend gestel.
Dit is die eerste keer dat dié motor met sy soliede aluminium-wiele, wat uiteindelik supersoniese spoed moet bereik, op die sandoppervlak geplaas is. Dié wiele moet in die volgende weke die gepaardgaande stres van ’n snelheid van tot 800 km/h deurstaan.
Luidens ’n verklaring van The Bloodhound Project is die oogmerk met die projek om Britse ingenieursvernuf aan die wêreld te toon.