Nasa se verkenningstuig die Perseverance het in sy eksplorasie van ’n droë rivierdelta op Mars se Jezero-krater, tekens gesien wat daarop dui dat die gebied vol organiese materiaal is – molekules wat koolstof bevat wat wyd as die boustene van lewe beskou word.
Perseverance het metings en monsters geneem van kliplae in ’n gebied wat as Skinner-rif bekend staan. Van die lae is heel waarskynlik miljarde jare gelede van honderde kilometer ver deur lopende water na die gebied vervoer.
Die doel was om na gebiede te kyk wat soortgelyk aan gebiede op aarde lyk wat tekens van oerlewe kan toon, berig New Scientist.