Die wetenskaplikes wat die wêreld sy eerste blik op ’n swartgat gegee het, het nou hul jongste foto uitgereik en daarop kan die supermassiewe swartgat in die middel van die Melkweg gesien word.
Boogskutter A* is sowat 27 000 ligjaar van die aarde af en word as supermassief beskou omdat dit ’n massa van meer as 4 miljoen keer dié van ons son het.