Inwoners van Australië, Asië en Noord-Amerika sal Dinsdagaand nie net ’n “bloedmaan” kan aanskou nie, maar sommer ook die laaste algehele maansverduistering tot 2025.
Mense in Suid-Afrika en die grootste deel van Afrika sal egter nie die maansverduistering sien nie.
’n Maansverduistering word gesien wanneer die Aarde se skaduwee die maan gedeeltelik of heeltemal bedek en verhoed dat die sonlig wat die maan gewoonlik weerkaats, gesien kan word.