Navorsers in China het ’n wilde Arktiese wolf gekloon.
CNN berig navorsers hoop die omstrede genetiese tegnologie sal hulle in staat stel om ander bedreigde spesies van uitwissing te red.
Sinogene Biotechnology, wat in Beijing gesetel is, het Maandag die gekloonde wolfwyfie genaamd Maya aan die wêreld bekend gestel. Sy is op 10 Junie gebore en die nuus is aangekondig ná sy 100 dae oud geword het.