Die Amerikaanse ruimte-agentskap (Nasa) se Artemis I-missie het Woensdag vir die eerste keer sedert 1972 die planeet Aarde vanuit die ruimte afgeneem.
Die Orion-ruimtetuig is Woensdag in die vroeë oggendure ná maande se afwagting van Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida gelanseer. Dié onbemande ruimtetuig se reis van 25,5 dae sal die weg baan vir Nasa om vir die eerste keer in 50 jaar ruimtevaarders na die oppervlakte van die maan te stuur, berig CNN.