Die gefossileerde tand van ’n reuse- prehistoriese olifant bied aan argeoloë seldsame insig in die lewe van die vroeë inwoners van Israel.
Die olifanttand is 2,5 m lank, reguit en is opgegrawe in die suide van Israel. Die tand het aan die sogenaamde Palaeoloxodon antiquus behoort en is sowat ’n halfmiljoen jaar oud.
Vuursteengereedskap en die oorblyfsels van ander prehistoriese diere is ook by die opgrawingsterrein gevind, maar dis die olifanttand wat argeologiese kringe in rep en roer het.