O wee! Baie mense het weer die berou en selfverwyt oor al die kos en drank wat hulle onlangs verorber het. Blykbaar kan ’n tipiese heeldageet en drink op Kersdag jou tot 6 000 kalorieë kos.
Dit is drie keer soveel as wat ’n volwasse vrou behoort te eet om haar gewig stabiel te hou. Maar sodra ’n vrou ouer word, oor 50 jaar, moet sy dit nog meer verlaag. Die vloek wat die meeste vroue inhaal tydens en ná menopouse is dat hulle gewig optel en/of meer as voorheen sukkel om dit te verloor, veral om die maag, soos by mans, wat kenners reken, ’n groter gesondheidsrisiko inhou as dié om jou heupe en bo-bene.
Die laer vlakke van estrogeen hou verband met hoe en waar vet gestoor word. En dié vetmasjinerie verander met die ouderdom wanneer dit meer aktief word.