Nuwe navorsing is bekend gemaak oor die ontdekking van nog ’n sabeltandkat wat meer as 5 miljoen jaar gelede in die Wes-Kaap geleef het.
Die jongste fossiel is van ’n sabeltand wat 5,2 miljoen jaar gelede geleef het. Dit is een van minstens drie fossiele van sabeltandkatte wat in Langebaanweg ontdek is op ’n terrein wat deel van die Weskus-fossielpark vorm.
Dit is deur dr. Alberto Valenciano ontdek. Hy is ’n post-doktorale genoot van die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Iziko Suid-Afrikaanse Museum en verbonde aan die Universiteit van Saragossa in Spanje. Hy het die ontdekking gemaak toe hy versamelings fossiele by die museum nagegaan het.