Perde-eienaars in die Oos-Kaap moet op die uitkyk wees vir Afrika-perdesiekte, sê dr. Lubabalo Mrwebi, provinsiale hoof van die departement veeartsenydienste.
Dit volg ná goeie reën oor dele van die Oos-Kaap, wat tot ’n opbloei in die Culicoides-muggiebevolking kan lei. Dié muggie dra die virus aan perde en muile oor.
Mrwebi sê Afrika-perdesiekte is sowat twee weke gelede in die Noord-Kaap aangemeld. Hy sê eienaars van perde, donkies en muile moet dadelik enige vermoedens dat hul diere perdesiekte het by die staatsveearts aanmeld.