Die bedanking van Mike Waters as DA-LP en die party se veldtogbestuurder in die Ekurhuleni-metro aan die Oos-Rand oor die DA se hantering van die omstrede verkiesingsplakkate in Phoenix, KwaZulu-Natal, berokken die DA groter skade as die plakkate self.
Dit is die mening van Roland Henwood, ’n politieke kenner aan die Universiteit van Pretoria.
“Dit dui op onstabiele leierskap en probleme in die party. Daar is óf nie goeie kommunikasie nie, óf daar is gekruisde lyne oor wie verantwoordelik is vir wat,” meen Henwood.