Bespiegeling dat die DA en die ANC moontlik in die drie metrorade in Gauteng (Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane) koalisies kan vorm, is Sondag deur die federale raad van die DA in die kiem gesmoor.
Die federale raad het ná ’n vergadering in die DA se hoofkantoor in Bruma, Johannesburg, aangekondig die DA sal nié met die ANC ooreenkomste aangaan nie. Ook nie met die EFF nie.
Die DA sê hy wil nie in dieselfde slagyster beland as die MDC destyds in Zimbabwe toe dié party “bloot die lewe van Zanu-PF in ’n eenheidsregering” verleng het nie.