Mitchell Smith van die Patriotic Alliance (PA) is Maandag op ’n raadsvergadering van die Laingsburg- munisipale raad in die Wes-Kaap tot uitvoerende burgemeester verkies.
Dít volg nadat ANC, die PA en die KDF in ’n koalisie getree het om ’n meerderheidsregering in dié munisipaliteit te vorm.
Gayton McKenzie, leier van die PA wat die nuus op Twitter bekend gemaak het, het by navraag gesê dit is die eerste keer dat ’n PA-lid tot die pos van burgemeester verkies is.