Koalisie-onderhandelings sal Maandagmiddag op ’n vergadering in Johannesburg begin wanneer opposisiepartye sal probeer om ooreenkomste vir verskeie onbesliste rade te beklink.
Die Tshwane- en Johannesburg-metro is onder meer op die agenda.
Die partye wat verwag word, sluit in die DA, VF Plus, ActionSA, IVP, Patriotic Alliance (PA) en die UDM.