Lang rye, masjiene wat van lyn is en kiesers se name wat nie op die kieserslys verskyn nie, was van die probleme wat Maandag by stemlokale in die Suid-Kaap opgeduik het.
Maandagoggend vroeg was dit koud en teen die middag het dit met tye op talle plekke hard gereën. By van die stemlokale was daar nie plek om onderdak in die rye te wag nie.
Volgens kiesers het ’n stembus in George Maandagoggend laat oopgemaak omdat die personeel van die Verkiesingskommissie (OVK) glo eers “ingeskandeer” moes word.