Hoewel dit te verstane is dat die beplande plaaslike verkiesing op 27 Oktober moontlik uitgestel sal word weens die Covid-19-pandemie, is daar gevaarligte wat brand, sê die grondwetkenner prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad.
Hy skryf op sy webwerf Constitutionally Speaking die Grondwet maak nie voorsiening daarvoor dat die Verkiesingskommissie (OVK) of die president die vyfjaar-termyn van munisipale rade kan verleng nie.
“Dit is belangrik omdat só ’n mag maklik misbruik kan word deur ’n sittende regering om verkiesingsvoordeel daaruit te trek.