Die nuwe DA-raadslede van die uMngeni-munisipaliteit in Howick, KwaZulu-Natal, het Vrydag uit die inhuldigingseremonie van nuwe raadslede gestap omdat die ANC dié verrigtinge glo probeer saboteer het.
Francois Rodgers, DA-leier in KwaZulu-Natal, sê die geskorste munisipale bestuurder, Thembeka Cibane, wou die verrigtinge lei.
“Die DA het verskeie punte van orde geopper wat verband hou met haar voorsitterskap omdat die hele proses onreëlmatig sou wees.”