Aanlyn aankope: die nuwe normaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Danksy die gerief van aanlyn aankope doen, kan jy nou die beste produkte tot op jou voorstoep kry met slegs een of twee klikke!Foto: ISTOCK
Danksy die gerief van aanlyn aankope doen, kan jy nou die beste produkte tot op jou voorstoep kry met slegs een of twee klikke!Foto: ISTOCK

Aanlyn inkopies het floreer toe die Covid-19-pandemie kop uitsteek. Die meeste mense wou natuurlik so min as moontlik hul huise verlaat en dit was ’n gulde geleentheid vir maatskappye om hul aanlyn winkels uit te bou of op die been te bring.

Volgens die Internasionale Handelsadministrasie het aanlyn aankope in Suid-Afrika tussen 2019 en 2020 met 66% gegroei tot meer as R30 miljard. Ná data en lugtyd, is die gewildste e-handel-kategorie in Suid-Afrika klere, gevolg deur aanlyn vermaak. Die aanlyn aankope van kruideniersware het sedert 2019 ook met 54% toegeneem weens die pandemie en meegaande inperkings.

Magdel Kemp, eienaar, hoofbestuurder en finansiële hoof van KAMERS/Makers, sê mense het tydens die pandemie na aanlyn platforms gestroom weens beperkings of blote vrees vir buite tussen mense wees. “Mense het baie tyd in die huis deurgebring, begin rondkyk en besef wat dalk nou kan verander en aangekoop moet word!”

Sy sê ook dat dit veral vir klein besighede in Suid-Afrika belangrik is om deurgaans verkope te doen vanaf aanlyn platforms.

“In vandag se gejaagde lewe is dit van uiterste belang dat kopers aanlyn kan koop om sodoende die tyd uit te skakel van rondry en soek. Mense doen dit al hoe meer – veral op platforms waar hulle verskillende produkte in een mandjie kan gooi en net een keer betaal,” sê Kemp.

Aanlyn inkopies bied verskillende voordele, waaronder gemak, ’n wye verskeidenheid, tydsbesparing en in sommige gevalle uitverkopings, maar dit is ook belangrik om op die uitkyk te wees vir die nadele.

Kemp sê dinge soos vals voorstellings, swak gehalte, lang wagtydperke en om meer te koop as wat nodig is, kan ook daarmee gepaardgaan.

Volgens Pamela Ramagaga, hoofbestuurder by Insurance Risks (lid van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging), het kuberdiefstal veral tydens die inperking toegeneem. “Die algemeenste metodes wat gebruik word, is uitvissing (phising), gemorspos en kuberboelies.”

Dit is dus belangrik vir die publiek om waaksaam te wees en versigtig te wees met aanlyn platforms, sê sy.

Sy sê dat dit belangrik is om dop te hou vir dinge soos vreemde webadresse en grammatika in aanlyn inligting. Gaan ook gereeld aanlyn om jou betalings na te gaan.

As jy eers 100% seker is dat die aanlyn winkel geldig is, sal jou aankope ’n lied wees en jy al die voordele daarvan ervaar!

Daar is wel mense wat verkies om steeds na die winkel te gaan, en dit hang heeltemal af van die produk of geleentheid, sê Kemp. “By KAMERS wil mense aan die produkte vat, dit ruik of aanpas. Dis deel van die towerervaring – jy koop met ’n glas vonkelwyn in die hand – kletsend met jou beste vriendin.”

Vir ander is dit weer beter om aankope vinnig agter die rug te kry en dit so gemaklik as moontlik te maak!

As jy gereed is vir ’n splinternuwe inkopie-ervaring, probeer gerus ’n paar van hierdie uitstekende aanlyn winkels:

Silvery Jewellery

Silvery Jewellery in Durban, aan die ooskus van Suid-Afrika, is ’n span van 23 bekwame vakmanne wat trots is daarop om verpersoonlikte sterlingsilwer juweliersware te skep. Die juweliers kombineer hul vaardighede in tradisionele vakmanskap om pragtige juweelstukke te skep wat verpersoonlik kan word.

Die kliënt is die hart van die maatskappy en Silvery het nog nooit geweifel in hul vasberadenheid om eties gemaakte juweliersware van die hoogste standaard aan kliënte te verskaf en uitstekende diens te lewer nie.

Just Chillin

juat chillin

Marlene Kroeger, eienaar van Just Chillin, het haar huis in Melkbosstrand in ’n kreatiewe spilpunt omskep met rolle materiaal tot teen die dak en hope patrone. Just Chillin is bekend vir hul voortreflike babaklere en die feit dat hulle die ekstra myl loop. Met die impak van Covid-19 die afgelope twee jaar, moes hulle hul fokus verskuif vanaf markte en uitstallings na hul aanlyn winkel. Sedert daardie tyd, het hulle eksponensieel gegroei.

Om persoonlike verhoudinge met hul kliënte te bou is baie belangrik. Ongeag die groei, beskryf hul hulself as ’n klein maatskappy wat daarop fokus om slegs ‘n paar items van ‘n sekere styl te skep.

Carmién-tee

Carmién-tee het hulself stewig in die mark gevestig weens verskeie redes:

  • ’n Gewilde aanlyn teewinkel met die grootste verskeidenheid rooibostee en teeprodukte.
  • Hulle bied die ideale rooibostee vir elkeen met ’n keuse van natuurlike, gegeurde of funksionele kruiemengsels.
  • 2022-tendense het middagtee as die nuwe “happy hour” onthul, nie net vir gesondheidsvoordele nie, maar ook die estetiese genot.
  • Elke Carmién-teeproduk bied die natuurlike immuunversterkende, anti-inflammatoriese gesondheidsvoordele van rooibos plus funksionele, aktiewe bestanddele wat noodsaaklik Is om die liggaam te help om algemene gesondheidskwessies aan te spreek - van stresverligting en tee vir ontspanning tot spysverteringsmengsels wat help met gewigsverlies, hongerpyne demp en spysverteringskwessies verlig.

Lovu

Die Covid-19-pandemie het ’n ongelooflike geleentheid vir Lovu geskep om gehalte-klere, gemaak in Suid-Afrika, aanlyn aan kliënte te bied sonder om die persoonlike stempel van uitstekende praktiese diens aan elke kliënt te verloor. Lovu het verander en hul aanlyn winkel aangepas om pasmaak-opsies maklik te maak vir hul kliënte sodat elke vrou uitrustings kan kry, gemaak teen bekostigbare pryse volgens haar liggaamsbou.

Hulle bied nou ’n volledige reeks pragtige vrouemodes vir elke seisoen met groottes wat inklusief is vir alle vroue, met aanpasbare lengtes, sakke en moue, slaapklere vir die gesin en bypassende mamma-en-ek-uitrustings.

Pizza Braai SA

Pizza Braai SA se passie om herinneringe rondom ’n braaivleisvuur te skep, het in 2017 begin. Aangesien daar geen braai-geïnkorporeerde pizza-oond op die mark was nie, het hulle een spesifiek vir braailiefhebbers geskep! Met Covid-19-inperkings wat ons gedwing het om tuis te bly en kreatief te raak met kosmaak, is hul gebruikersvriendelike aanlyn winkel ontwikkel om die bestelproses so maklik te maak soos om hul pizza-oond te gebruik. Hulle glo dat daar niks beter is as om saam met vriende en familie by die vuur te sit, smaaklike kos te deel, lekker te lag en herinneringe te maak nie.

Suikerbos-juweliersware

Die hart van Suikerbos lê in ’n diep bekoring vir die klein verwikkelinge in die natuur. Simmetrie, spirale, branders, krake en strepe word verken in handgetekende sketse. Idees word verwerk en vereenvoudig in die strewe om balans te vind tussen drabaar, gemak en om daardie rowwe lyne van die waarnemingsketse te behou. Al die bestellings word pragtig en besonders in kleure, teksture en werklike fynbos verpak om verder Suikerbos se liefde vir natuurlike goed te weergee.

Suikerbos se ontwerpe spruit uit ’n liefde vir skep en ’n diep bekoring vir Suid-Afrikaanse botanie. Hulle word sterk beïnvloed deur hul omgewing en daar is baie landskapstories vasgevang in hul reekse.

Rio Largo

’n Besonderse internasionaal bekroonde ekstrasuiwerolyfolie kom van een van Suid-Afrika se voorste landgoedere, Rio Largo. Dié olie is deur Nick Wilkinson (Master Miller UC Davis USA 2015) op sy private landgoed op die oewer van die Breërivier in die Wes-Kaap geproduseer. Die Italiaanse-styl kultivars word op die landgoed gegroei, met die hand gepluk en gebotteleer.

Hulle waarborg heerlike vars ekstrasuiwerolyfolie in uitsonderlike verpakking wat tot die laaste druppels vars bly. Dit is werklik ’n geskenk van gesondheid.

Skin Renewal

Van ons, direk aan jou. Kry jou gesondheid- en velsorgprodukte afgelewer by jou deur! Bestel dit nou by Skin Renewal se aanlyn winkel. Jy kan lojaliteitspunte verdien en gebruik, en jy is verseker dat al jou transaksies veilig geskied. Hulle lewer landswyd af en het ook landwye optelpunte.

Skin Renewal se aanlyn winkel verseker dat die vel wat jy begeer, slegs ’n klik weg is.

Kleine Zalze

Kleine Zalze glo dat die fokus op aanlyn verkope aan verbruikers die geleentheid bied om hul hele reeks wyne op een platform te koop. Dit is veral ’n uitstekende manier om toegang te kry tot skaars en premium produkte wat nie in die algemene handel beskikbaar is nie. Dit sluit in die Kleine Zalze Family Reserve asook die Project Z-wyne. Laasgenoemde is byvoorbeeld slegs direk van die kelder of aanlyn te koop. Besoek www.kleinezalze.co.za vir meer inligting.

De Grendel

De Grendel se wyne word in die plaas se moderne kelder deur keldermeester Charles Hopkins gemaak. Hy en sy span kombineer kuns en wetenskap deur middel van instinktiewe, oeroue tradisies van wynmaak tesame met moderne tegnologie om gehalte te beheer en monitor.

Geniet die gerieflikheid van veilige en maklike aanlyn aankope deur www.degrendel.co.za te besoek. Kry gratis aflewering enige plek in Suid-Afrika wanneer jy 12 of meer bottels van De Grendel se bekroonde wyne bestel.

Van Loveren

Elke handelsmerk wat die Van Loveren-naam dra, word met dieselfde sorg, aandag en passie geskep wat sedert 1937 in die kelder toegepas word. Elke lag wat gedeel word oor ’n glas Van Loveren-wyn, elke kosbare oomblik saam met vriende en familie, is die rede waarom hulle so passievol is oor die stories wat hulle met hul bekroonde reeks vertel.

Jy mag dalk nie ’n geleentheid kry om Van Loveren te besoek nie, maar jy kan steeds die individueel-geskepte reeks koop, enige plek, enige tyd. 

Rand - Dollar
16.40
+0.3%
Rand - Pond
19.83
+0.0%
Rand - Euro
16.67
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,777.26
-0.1%
Silwer
20.16
-0.6%
Palladium
2,149.02
-0.1%
Platinum
938.32
+0.0%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.2%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos