Die Africa Agri Tech (AAT) -konferensie en -ekspo het ten doel om die landbou-, wetenskap-, en tegnologiegemeenskappe in suidelike Afrika oor drie dae by een geleentheid bymekaar te bring. Wêreldtendense en die vooruitgang in landbouwetenskap, -tegnologie en -innovering word bespreek en ten toon gestel. Dit vind van 14 tot 16 Maart plaas.
Die geleentheid bestaan uit ’n konferensie, uitstallings, ’n innoveringsuitdaging, voorleggings oor waagkapitaal, ’n buitelandse handelsaal, en die SA Landbou-heldesaal.
Met AFGRI as hoofborg, en verskeie ander borge en mediavennote, beloof dié jaar se AAT-geleentheid om die hoogtepunt op die landboukalender te wees.
Hoogtepunte op die konferensieprogram
Die driedaagse Africa Agri Tech 2023-konferensieprogram gee ’n voorsmakie van wat voorlê, met ’n propvol sprekerslys oor die drie temabelaaide dae.
Dag 1: tegnologiedag
Bekende tegnologie-persoonlikheid Aki Anastasiou begin die konferensie op Dinsdag 14 Maart met die fokus op tegnologie, en sal die program lei met dinamiese sprekers, insluitend Kevin Kalb – 25 keer die wenner van die Amerikaanse Nasionale Mielieopbrengskompetisie. Hy word beskou as een van die voorste droëlandmielieboere in Amerika, indien nie die wêreld nie, en is ook ’n gunsteling onder TV-gehore met sy verskyning op programme soos Corn Warriors en Live to Farm. WNNR-kubersekuriteitskenner Bill Petzer sal ook op dag een digitale bedreigings vir landbou bespreek.
Die einste Kevin Kalb sluit aan by die bekroonde Suid-Afrikaanse boer Danie Bester, van Balfour in Mpumalanga, sowel as Brooks Cardinal, wat deelneem vanuit Amerika, vir ’n gesprek wat gelei word deur prof. Ferdi Meyer van BFAP. Hierdie gesprek beloof om ’n hoogtepunt te wees met prof. Meyer wat, benewens dat hy ’n akademikus is, ook self boer. Prof. Meyer sal hierdie drie boere pols oor wêreldberoemde opbrengste, suksesse in familie-ondernemings, en ander groot prestasies.
Later die oggend gesels Lynette Francis-Puren met drie boere wat tegnologie in hul boerderye en ondernemings inspan, wat sodoende ook ’n groot voordeel vir hul werknemers en gemeenskap bied. Die paneelgaste wat by Francis-Puren aansluit, is Phillip Retief (Van Loveren-wyne), Lennox Plaatjies (PALS) en Zander Ernst (Allesbeste Boerdery).
Die dag sluit af met prof. Nick Binedell van GIBS wat die gehoor kom toespreek oor die tema “South Africa beyond the crossroads”.
Dag 2: wetenskap en biotegnologie
Die tweede dag van die konferensie, Woensdag 15 Maart, sal sterk fokus op wetenskap en biotegnologie in landbou, met die wetenskapsjoernalis Bobby Brown wat die gesprekke lei. Noemenswaardige sprekers op dag twee sluit in dr. Hennie Groenewald van Biosafety SA, prof. Johan Burger van die Universiteit Stellenbosch en dr. Maneshree Jugmohan-Naidu, direkteur van landbou-biotegnologie in die departement van wetenskap en innovering.
Die gehoor kan uitsien na vele gesprekke oor dieregesondheid gelei deur dr. Chris van Dijk van Bovine Herd Health, hoëwaarde-kommoditeite gefasiliteer deur landboujoernalis Lindi Botha en verskeie gesprekke rakende die graanbedryf. Prof. André Jooste van die Universiteit Stellenbosch se departement van landbou-ekonomie, bring ook sprekers bymekaar om te kyk na tegnologiese ontwikkelings – dwarsdeur die waardeketting.
Aan die einde van die dag word Jason Brantley van John Deere op die verhoog verwelkom om die gehoor toe te spreek.
Dag 3: landbousake
Sakejoernalis en televisieaanbieder Gary Alfonso is die gasheer op Donderdag 16 Maart, wanneer die bedryf se aandag skuif na ekonomiese vooruitsigte en finansiële kwessies.
Die dag begin met Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, en prof. Johann Kirsten van die Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor oorgesiende geleenthede in die Suid-Afrikaanse landbou.
Hulle verwelkom nog ’n buitelandse gas uit Amerika wanneer Michelle Miller, ook bekend as FarmBabe, kom gesels oor die impak wat sosiale media op landbou het, asook die groeiende rol wat vroue aktief in die bedryf speel.
Daar is sessies oor die landbou-meesterplan en wat die toekoms inhou om veilige voedselproduksie te verseker.
Aanlyn word gesels met Abraham van Rooyen, wat liefdevol in die bedryf “die Vader van ClemenGold” genoem word, om hom te vra oor wat dit is wat ClemenGold so ’n suksesvolle en wêreldbekende handelsmerk maak.
Vir oulaas word daar gekuier saam met die Amerikaanse boer Kevin Kalb en sy vrou, Shawn. Hulle vertel van die uitdagings wanneer man en vrou as ’n span saam moet boer! Hulle word vergesel deur Jared Palick, die Amerikaanse televisievervaardiger van die Kalbs se televisieprogram Live to Farm.
Die politieke- en beleidsontleder prof. Theo Venter lei ’n gesprek met die tema “The Food-Energy-Water Nexus”. Sy vuurwarm gaste sluit in Prince Mashele, politieke analis en skrywer, dr. Lumkile Mondi, van die Wits Sakeskool, dr. Mpumelelo Mkhabela, politieke-ekonomiese analis, en prof. Dirk Kotze, van die departement van politieke wetenskap by UNISA.
Die program sluit af met wêreldbekende entrepreneur en waagkapitalis Vusi Thembekwayo van Dragon’s Den South Africa-faam. Hy kom gesels met konferensiegangers oor waagkapitaal wat veranderinge in landbou dryf.
Kom maak kennis met die nuutste en toekomstige ontwikkelings in die landboubedryf.
Wanneer: Dinsdag 14 tot Donderdag 16 Maart 2023
Waar: SunBet-arena, Time Square, Menlyn Maine, Pretoria
Media-navrae: Anlie Hattingh by 011 465 0099, anlie@brepublic.co.za of media@africa-agri.co.za.
Ekspo-inligting: Africa Agri Tech (Beperk), Pula Dippenaar by 011 465 0099 of enquiries@africa-agri.co.za.
Registreer nou!
Klik hier!
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.