Agri-Expo vier 190 jaar van erfenis en 25 jaar van innovasie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
agri-expo
Die span van Langbaken Karoo Cheese van Williston tydens ‘n vorige SA Kaasfees. Van links is Maggi Schoeman, Eudene Pretorius, Beric Allsop asook Francy en Peter Schoeman. Foto’s: VERSKAF
Verteenwoordigers van Agri-Expo se ledeskoue tydens die ledeskouvergadering in die Paarl vanjaar.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, neem deel aan ’n kookdemonstrasie saam met Susina Jooste en Aviv Liebenberg, van die Private Hotel School. Dit het deel gevorm van die “Cape Made: Taste the Alternatives”-projek by die 15de SA Kaasfees in 2016.
Joyene Isaacs (links), het Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch in 2018 saam met (regs) Jacqui Maisela, hoof van die landboudepartement in Limpopo, besoek. Sy was toe nog die uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse landboudepartement. Saam met hulle is Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo. Hy hou die nasionale angora-kampioenram met die beste vag – van die angorastoetery Grootfontein Studente – vas.
agri-expo
Piekniekliefhebbers kan uitsien na ‘n reeks van vier SA Kaasfees Opwip-pieknieks in April 2022.
Twee oudstudente van die Boergondië-kaasmakersuitruilprogram, Mahlomola Moso en Bongi Nondzaba, is as leerlingbeoordelaars na die SA Suiwelkampioenskap-beoordeling genooi.
’n Gunstelingfoto deur die jare: Frieskoeie op parade tydens die Goodwood-skou in Kaapstad.

Wat ’n mylpaal is dit nie dat Agri-Expo op Maandag 29 November sy 190ste bestaansjaar as Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, die oudste landbougenootskap in die land, kon vier nie!

Agri-Expo se glorieryke erfenis het élke dag ’n impak op elke Suid-Afrikaner. Soos haar koninklike hoogheid prinses Anne in haar amp as president van die Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC), in haar gelukwensing uit Buckingham-paleis skryf: “Sedert 29 November 1831 het die Genootskap ’n impak op baie aspekte van mense se lewens gehad. Die Genootskap was verantwoordelik vir die vestiging van georganiseerde landboustrukture in Suid-Afrika met die eerste departement van landbou in die Kaap in 1886, en ’n landboukollege in 1888.

“Die herdenking bied ’n geleentheid om erkenning te gee aan alle voormalige presidente, raadslede, personeel en die lede wat elke dag ’n verskil aan die landbou-omgewing in Suid-Afrika maak, en hulle te bedank vir hulle harde werk.”

25 jaar van innovasie: om mense met nuwe oë na landbou te laat kyk (en proe!)

“Oor die afgelope 25 jaar het Agri-Expo daarin geslaag om met innovasie en kreatiewe denke aan die voorpunt te bly,” aldus Johan Ehlers, Agri-Expo se uitvoerende hoof. “Ons het opwindende geleenthede in verskillende landboubedrywe geskep en herskep sodat mense met nuwe oë na landbou kyk, ook danksy die mediablootstelling van R80 miljoen per jaar wat ons daarstel.”

KLIK HIER OM DIE BYLAAG AF TE LAAI.

Volgens Ehlers sluit hoogtepunte in:

  • die stigting van die nasionale Jeugskouvereniging in 1998;
  • die ontwikkeling van die Qualité-logo in 2001 as die enigste merk van gehalte vir Suid-Afrikaanse suiwelprodukte;
  • die geboorte van die Suid-Afrikaanse Kaasfees-handelsmerk in 2002 en die deure wat dit vir agri-preneurs oopgemaak het;
  • die From the Earth Expo (2006, 2009) in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (KIKS);
  • ’n wêreld-eerste perdeveiling in ’n middestadse konferensiesentrum (2011);
  • die instelling van ’n wêreldstandaard Agri-Expo Livestock (2014-2019);
  • die gewilde Agri-Expo Landbouproe-reeks by die Toyota US Woordfees (2016-2020), met unieke fynproe-ervarings soos Konsortium Merino-lam saam met Veritas-wyne;
  • die omskep van inligtingsdae vir nuwe en klein boere in hibriede Siyabonga-dae in 2020;
  • die heel eerste virtuele toekenningsgeleentheid in die landbousektor, die 2020 SA Suiweltoekennings, wat die weg gebaan het vir vele ander virtuele geleenthede;
  • die 2020 Sauvignon Blanc SA Top-10-toekennings met Nataniël as gaskunstenaar – wat deur bekende wynskrywers as die beste toekenningsgeleentheid in die bedryf beskryf is; en
  • die enigste organisasie in die wêreld wat suiwelkampioenskappe ononderbroke in 2020 en 2021 tydens die Covid-pandemie kon aanbied.

2022 en vorentoe

Agri-Expo betree in 2022 nuwe terreine op nuwe platforms, sê Ehlers. “Ons begewe ons in die opwindende wêreld van televisie met die heel eerste kosreeks oor die veelsydigheid van kaas saam met Ladismith Cheese en Sea Harvest. Ons neem landbou na die klaskamer met interaktiewe lesings deur die boer op die plaas met Afrika se eerste deelname aan die internasionale Farmer Time-projek. Ons stel die Agri-Expo Landbouskou-roete met 17 plattelandse landbou-ledeskoue bekend. Én ons ontbondel die SA Kaasfees in vier Opwip-pieknieks in April 2022.”

Agri-Expo slaag onbetwisbaar deurlopend daarin om produkte, prosesse en dienste nuut te skep, te ontwikkel en te implementeer; ’n toonbeeld van innovering.

Vennote vir ’n eeu en ’n half

Agri-Expo bedank graag hul platinumvennoot Standard Bank (met wie Agri-Expo ’n 150-jaar verbintenis het),

Wil jy meer weet?

* Besoek hul webtuiste, skakel 021 975 4440 of stuur e-pos na admin@agriexpo.co.za.

*Volg Agri-Expo op Facebook, Instagram, Twitter en

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.10
+0.9%
Rand - Pond
20.46
+0.1%
Rand - Euro
17.13
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,834.71
0.0%
Silwer
24.29
0.0%
Palladium
2,111.50
0.0%
Platinum
1,034.00
0.0%
Brent-ruolie
87.89
-0.6%
Top-40
68,186
-2.1%
Alle aandele
74,835
-1.9%
Hulpbronne 10
74,924
-3.0%
Industriële 25
94,147
-1.8%
Finansiële 15
15,076
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos