Deel

Bederf Pa met dié verruklike geskenke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vadersdag is die ideale geleentheid om jou kant te bring met bederfies vir die pa van jou kinders. As jy sukkel met geskenk-idees, loer gerus na dié onweerstaanbare keuses:

1. Thule

Is jy op soek na die ideale Vadersdaggeskenk? Jy hoef nie verder te sukkel nie. ’n Thule-skootrekenaarrugsak is gebou vir die besige man, met slim organisering en betroubare beskerming vir jou skootrekenaar. Jy sal jou pa se dag maak met een van die nuwe Thule Enroute 4-rugsakke wat spog met doelgemaakte afdelings vir ’n skootrekenaar en tablet. Daar is selfs ’n spesiale paneel om die rugsak aan jou bagasie vas te maak wanneer jy reis. Die rugsak is beskikbaar in vier verskillende groottes en vyf kleure.

Pryse begin by R2 499.

2. LuluLocal

Met Vadersdag net om die draai, is LuluLocal hier om jou te help met ’n wonderlike reeks geskenkpakke propvol allerhande lekkernye en plaaslik vervaardige produkte. Daar is lekkergoed en bederfies, braaigoed, troetelgoed vir die manne en nog vele meer om van te kies! Jy kan ook jou eie geskenkpak saamstel uit ’n verskeidenheid wonderlike produkte en dit stylvol laat verpak vir ’n onvergeetlike geskenk. Vir bykomende gerief lewer LuluLocal landwyd af.

3. Spilhaus Brewery

Dit is dikwels moeilik om vir pa’s geskenke te koop. Spilhaus Brewery het egter die ideale oplossing.

Die geskenk is persoonlik, feestelik, heerlik en bowenal bruikbaar. Sê totsiens vir saai, ongebruikte koffiebekers wat staan en stof opgaar. Hul Vadersdag-geskenkpak bestaan uit ’n dosyn 330 ml-blikkies bier met ses verskillende etikette met ’n Vadersdag-tema. Die helfte is gevul met hul bekroonde Premium Lager en die ander ses met Märzen Lager. Hou hierdie tuisgebroude bier yskoud en drink ’n heildronk op daardie spesiale man in jou lewe. Niks sê “Ek het jou lief” soos ’n yskoue bier nie!

4. Koelenhof

Koelenbosch Pinorto is ’n uitstekende keuse om jou pa mee te bederf. Hierdie elegante soetwyn is perfek vir die port-en-skaapboud-potjie waarvoor hy so lief is. Pinotagedruiwe gee hierdie ruby portstyl-wyn ’n karakter van sy eie met ’n ryk, donker kleur en subtiele geure van vrugte en speserye. Dit is ’n uitsonderlike wyn wat jou pa hierdie winter sal waardeer - of dit nou by die braai, langs die vuur of saam met sy gesin is. Maak dié Vadersdag onvergeetlik en koop vir hom ’n bottel Koelenbosch Pinorto!

5. Funky Ouma

’n Groot, baie smaaklike gunsteling! Geur jou keuse van vleis of groente net voordat jy dit gaarmaak of braai soos jy daarvan hou.

Dit is ’n veelsydige braai- en kossout met tipiese Suid-Afrikaanse geure wat slegs natuurlike bestanddele bevat. Geen gemors word bygevoeg nie, net gehalte-seesout gemeng met plaaslike kruie en speserye.

Funky Ouma is perfek vir enige vleis, groente of slaai – die volmaakte sout-en-kruie-mengsel vir alledaagse gebruik en boonop die perfekte geskenk.

6. Le Roux

Met Le Roux se kabelorganiseerdersak van egte leer, hoef Pa nooit weer na sy skootrekenaarlaaier, USB-koorde, oorfone, muurproppe en kragbanke te soek nie! Hierdie sak is die perfekte organiseerder vir die besige professionele persoon wat gedurig hul skootrekenaar, foon en ander elektroniese toestelle moet herlaai.

Al Le Roux se produkte is handgemaak van topgehalte Suid-Afrikaanse leer.

7. TopWatch

Vier Vadersdag met Topknife/Topwatch se uitsonderlike produkte. Gee jou pa ’n tydlose geskenk met hul eksklusiewe reeks Rolex- en Omega-horlosies of selfs ’n knipmes vir sy versameling. Kry die beste luukse horlosies en messe teen onverbeterlike pryse. Elke horlosie en knipmes word deur hul kundige span nagegaan en kom met ’n sertifikaat van egtheid. Bederf jou pa met ’n geskenk wat grasie, styl en onvergeetlike presisie in een perfekte pakkie saamvoeg. Besoek Topwatch/Topknife se webtuistes vandag nog en vind die perfekte luukse geskenk. Plaas nou jou bestelling vir ’n onvergeetlike Vadersdag!

8. Groote Post

Groote Post se The Old Man’s Blend-rooiwyn is ’n ikoniese wyn wat jy elke dag kan drink – heerlik sag en glad op die tong.

Groote Post-wynlandgoed is ’n historiese 18de-eeuse plaas waar tradisionele wynmaak-tradisies deur die Pentz-familie voortgesit word. Die Darling-heuwels se koel klimaat lewer voortreflike vrugte op wat bydra tot die uitsonderlike gehalte van hul wyn.

Net nog ’n goeie rede waarom jy jou pa met ’n bottel of twee op Vadersdag moet bederf!


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10
India 66/3
Rand - Dollar
18.82
+1.5%
Rand - Pond
23.59
+0.8%
Rand - Euro
20.27
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
1,016.39
-0.5%
Palladium
1,382.71
-0.8%
Goud
1,966.01
+1.3%
Silwer
24.26
+3.5%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,573
-0.4%
Alle aandele
76,887
-0.3%
Hulpbronne 10
69,086
-1.6%
Industriële 25
103,198
-0.3%
Finansiële 15
15,541
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos