Deel

Beleef vier seisoene in een dag met Two Gingers Gin

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gember Distillery stel hul splinternuwe Two Gingers-jenewerreeks bekend in The Social Grill in Pretoria. Maak gerus ’n draai as jy lief is vir ’n G&T.  Foto’s: VERSKAF
Gember Distillery stel hul splinternuwe Two Gingers-jenewerreeks bekend in The Social Grill in Pretoria. Maak gerus ’n draai as jy lief is vir ’n G&T. Foto’s: VERSKAF

Gember Distillery, ’n boetiekdistilleerdery in Muizenberg, Kaapstad, is die geesteskind van Simon Cranswick en Wynand de Vries. Dié twee onwaarskynlike vriende het, buiten hul gemmer hare en opgewekte geaardhede, ook ’n groot liefde vir jenewer in gemeen, en kon in minder as ’n jaar daarin slaag om vier heerlike jenewers vir hul Two Gingers-reeks te ontwikkel, elk met sy eie kenmerkende smaak danksy die botaniese elemente wat tydens produksie bygevoeg word.

Die Four Seasons Collection bestaan uit die Spice Route (herfs), Soul Flame (winter), La Primavera (lente) en Pink Pomelo (somer). Hoewel hierdie jenewers elk aan ’n ander seisoen gekoppel word, kan jy dit enige tyd van die jaar geniet. Die naam “Four Seasons Collection” sinspeel op Kaapstad se wispelturige weer, want net soos die jenewer, kan jy al vier seisoene in een dag beleef!

Die reeks bied jou verfrissend moderne en ongewone geure wat fantasties smaak saam met gewone Indiese kinawater of selfs op slegs ys.

Vyf toekennings in eerste jaar

In hul eerste jaar het Two Gingers vyf toekennings ingepalm vir die Pink Pomelo, Spice Route en Soul Flame (La Primavera was toe nog nie bekendgestel nie). Die Spice Route sowel as die Soul Flame het goue merietetoekennings ontvang, terwyl die Pink Pomelo en Soul Flame dubbelgoud en die Spice Route goud by die SA Craft Gin-toekennings verower het.

Jenewer is die ideale drankie saam met kinawater of skoon oor ys regdeur die jaar!

Waarna proe dit?

Pink Pomelo (somer) was die eerste jenewer wat onder die Two Gingers-naam bekendgestel is. Hierdie ryk en aromatiese jenewer is pikant en les beslis die dors. Openingsnote van pienk pomelo word gelig deur ’n kombinasie van kardemom en dropwortel, wat dit ’n verbasende soetheid gee en verfrissend afrond. Dit smaak die beste saam met baie ys en goeie Indiese kinawater.

Spice Route (herfs) is swaar en kompleks. Dié volronde jenewer is fleurig gegeur met sterk peperige “grains of paradise”, afgerond met wildekaneel, en meesterlik verhef deur ’n kombinasie van dropwortel en soet lemoenskil. Drink dit skoon op ys of saam met kinawater, met ’n kaneelstokkie of stukkie sitrusskil.

Soul Flame (winter) is delikaat en warm, ideaal vir die kouer maande. Dit bied ’n tikkie jasmyn, matige speserynote op die tong en ’n sagte soetheid regdeur. Hierdie gladde jenewer het ’n heerlike smaak wat lank talm, met warmte wat verskaf word deur kardemom-, wildekaneel- en koljandernote, asook sagte ondertone van jasmyn en sitrus. Teug daaraan oor ys of geniet dit met kinawater en ’n kaneelstokkie, of sittrusskil van jou keuse.

La Primavera (lente) is ’n lewendige, kraakvars jenewer. Die naam beteken letterlik “die eerste groenigheid van die lente”. Dit was die vierde en laaste jenewer in die Four Seasons Collection. Wildejasmyn en sitroengras skep saam ’n verkwikkende profiel op die neus en palet, terwyl aardse ondertone van iris- en engelkruidwortel ook na vore kom. Hierdie energieke jenewer sal beslis jou smaakknoppies prikkel met al die lentevreugde wat daaroor dartel. Geniet dit net so skoon op ys of saam met kinawater.

gnt
Simon Cranswick (links) en Wynand de Vries is die stigters en eienaars van Two Gingers.



Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10
India 111/4
Rand - Dollar
18.86
+1.3%
Rand - Pond
23.66
+0.5%
Rand - Euro
20.33
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.65
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,008.22
-1.3%
Palladium
1,359.42
-2.5%
Goud
1,967.02
+1.4%
Silwer
24.21
+3.3%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,696
-0.2%
Alle aandele
77,015
-0.1%
Hulpbronne 10
69,197
-1.5%
Industriële 25
103,427
-0.1%
Finansiële 15
15,546
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos