
Dit is vandag weer Die Burger se voorreg om Jou Keuse 2021 te publiseer en op dié manier ’n welverdiende kopknik te gee aan die ondernemings wat vandag in dié bylae verskyn. "Baie geluk aan iedereen!," sê Willem Jordaan, redakteur van Die Burger.
Toe pres. Cyril Ramaphosa op 23 Maart verlede jaar ’n nasionale inperking van 21 dae aangekondig het, sou min mense kon raai hoe lank en hoe ingrypend die effek van die Covid-19-pandemie op ons land, ons samelewing en die ekonomie sou wees. Ek onthou nog hoe mense die dae afgetel het asof die pandemie eensklaps iets van die verlede sou wees wanneer die drie weke verstryk het. Nou is dit meer as ’n jaar-en-’n-half later en die pandemie is steeds met ons.
Veral in die Wes-Kaap is die wyn- en toerismebedryf hard getref. Handelsomstandighede is die moeilikste in dekades.
Juis onder omstandighede soos dié moet ondernemings wat verbete bly veg om die aandag van hul mark – en in die proses ook ’n belangrike bydrae tot ekonomiese groei lewer – aangeprys en aangemoedig word. Dit word bepaald nie genoeg gedoen nie.
Ofskoon die peiling onder Die Burger se lesers oor hul gunsteling-ondernemings nie voorgee om ’n wetenskaplike studie te wees nie, is dit tog ’n interessante “kiekie” van die handelsmerke wat op ’n bepaalde oomblik ons lesers se aandag trek.
En met die ekonomie wat druk, is baie verbruikers genoodsaak om die gordel stywer te trek. In sulke omstandighede word die lat waaroor sakelui moet seil om kommersieel te slaag al hoër gestel. Des te meer dan ’n pluimpie om deur ons lesers raakgesien en uitgesonder te word! Suksesvolle sakelui weet immers dat dit juis in die moeilike tye is wat jy jou markaandeel moet uitbrei.
Hierdie bylae is om verskeie ander redes ook ’n belangrike projek.
Die Burger se lesers en die Afrikaanse mark bly steeds ’n baie vername teikengroep vir ondernemings en as sulks is die koerant ’n belangrike vennoot om dié groep te bereik.
Uiteraard is reklame ’n belangrike instrument om lesers se aandag te trek, maar dit speel ook ’n breër rol in die ekostelsel van die koerant. Die inkomste wat daaruit voortvloei, maak die bedryf van goeie joernalistiek moontlik. Dit maak dit vir ons moontlik om ’n regering verantwoordbaar te hou as ons dink hulle maak droog op ekonomiese gebied. Dit gee ons ’n stem om te kan sê ons dink ondernemings verdien ’n omgewing waarin dit veel makliker is om sake te doen.
En ofskoon mense in die eerste plek dalk die koerant koop vir die nuus, vermaak en sport daarin, is die reklame daarin ook onteenseglik deel van die totale inligtingsaanbod van die publikasie. Ondernemings wat deur ’n kombinasie van gehalte-produkte, goeie diens en slim advertensieboodskappe daaroor ons lesers se aandag trek, is ’n bate van die koerant, bo en behalwe die finansiële voordeel wat die koerant trek uit vertoonadvertensies.
Kortom: hoe nuttiger die onderneming, hoe nuttiger is hul advertensies en hoe meer relevant is die koerant. Advertensies in dié koerante moet immers nie net munt slaan uit geleenthede wat in die Afrikaanse nismark geskep word nie, hulle moet ook waarde toevoeg tot die reeds bestaande redaksionele inhoud.
En bowendien is dit vir Die Burger ’n hartsaak om sy lesers in Afrikaans te kan bereik en dié mooi taal ook tot beskikking van adverteerders te stel om met dié mark te praat.
Die waarde van moedertaalreklame word internasionaal erken, maar soms sien jy plaaslik ondeurdagte voorkeur vir Engels “omdat die meeste mense Engels verstaan”. Slim adverteerders weet egter jou produk of diens kry soveel meer aandag as jy in ’n moedertaal tot die hart van ’n mediaverbruiker spreek.
Baie geluk nogmaals! Ek wens u alle sukses en voorspoed toe.
Willem Jordaan
Redakteur van Die Burger
En die wenners is . . .
4x4 – Toebehore
1. 4x4 Megaworld
2. Safari Centre
3. 4 x 4 Direct Brackenfell
A
Aanlyn aankope
1. Takealot
2. Checkers 60Sixty
3. Woolworths Online
Aanlyn verblyf
1. LekkeSlaap
2. Booking.com
3. Airbnb
Aanlyn etes
1. Mr D
2. Uber Eats
3. Debonairs
Apteek
1. Dis-Chem
2. Clicks
3. Essential Health
Aftreeoord
1. Klaradyn
2. Othello
3. Groenkloof George
B
Babawinkel
1. Baby City
2. Babies/Toys R Us
3. Baby Boom
Bandeverskaffer
2. Supa Quick
3. Dunlop
Banke – Huislenings
1. ABSA
2. FNB
3. Standard Bank, Nedbank
Bed- en Matraswinkel
1. Tafelberg Meubels
2. Dial-a-Bed
3. Bed City
Begrafnisdiens
1. AVBOB
2. Doves
3. Martin’s Bellville
Bloemiste
1. NetFlorist
2. Woolworths
3. Bunches for Africa
Bruidswinkel
1. Bride & Co
2. Ilse Roux Bridal
3. The Wedding Boutique
D
Daghospitaal
1. Mediclinic Durbanville-daghospitaal
2. Mediclinic Cape Gate-daghospitaal
3. Cure Day Hospitals
Drankwinkel
1. TOPS at SPAR
2. Checkers Liquor
3. Pick n Pay Liquor
E
Eiendomverhuring
1. Seeff Properties
2. Rawson Properties
3. Pam Golding Properties
Eiendomverkope
1. Seeff Properties
2. Pam Golding Properties
3. Rawson Properties
Eiendomsontwikkelaar
1. Rawson Properties
2. Rabie
3. Balwin
F
Fietsrywinkel
1. Chris Willemse
2. Flandria
3. Bellville Cycles
G
Gebruikte motors
1. WeBuyCars
2. Auto Pedigree
3. Rola
Gesinswegbreek
1. ATKV-Hartenbos
2. ATKV-Goudini
3. Club-Mykonos
Gewigsverliesprogram
1. Weigh-Less
2. Herbalife
3. Weight Watchers
Gimnasium
1. Virgin Active
2. Planet Fitness
3. Zone Fitness
H
Hardewarewinkel
1. Builders
2. Brights
3. Build it
Hospitaal
1. Mediclinic Panorama
2. Mediclinic Durbanville
3. Mediclinic Louis Leipoldt
Hotel
1. Protea Hotel Durbanville
2. Southern Sun
3. City Lodge
Huislenings
1. Absa
2. FNB
3. Standard Bank
J
Juwelierswinkels
1. Sterns
2. American Swiss
3. Van Deijl
K
Kaggels
1. Jetmaster
2. Megamaster
3. Fireplace City, Home Fires
Kampeerplek
2. Onrus-karavaanpark
3. Yzerfontein-karavaanpark
Kampeersleepwa
1. Venter
2. Jurgens
3. Conqueror
Kampeerwinkel
1. Outdoor Warehouse
2. Cape Union Mart
3. Camp & Climb
Karavaan
1. Jurgens
2. Sprite
3. Gypsey
Kasino
1. GrandWest
2. Caledon
3. Garden Route
Kinderpartytjieperseel
1. Bugz Playpark
2. Spur
3. McDonald’s
Klerewinkels (kinders)
1. Ackermans
2. Woolworths
3. Naartjie
Klerewinkels (mans)
1. Woolworths
2. Markham
3. De Jagers
Klerewinkels (vroue)
1. Woolworths
2. Foschini
3. Miladys
Kleuterskole
2. Curro Castle
3. Karlien en Kandas
Koerierdiens
1. DHL
3. PostNet
Koffiewinkel
1. Mugg & Bean
2. Oppikoffie
3. Vida e Caffè
Kollege
1. Boland Kollege
2. Northlink Kollege
3. Hugenote Kollege
Korttermynversekering
1. Santam
2. OUTsurance
3. Discovery
Kunsgalery
1. Zeitz MOCAA
2. Lindie van Niekerk, Stellenbosch-kunsgalery
3. Rust-en-Vrede-kunsgalery
Kwekery
1. Stodels
2. Cape Garden Centre
3. Starke Ayres
L
Lugversorging
1. Samsung
2. LG
3. Daikin
M
Mediese fonds
1. Discovery
2. Bonitas
3. Medihelp
Meubelwinkel
1. Tafelberg Meubels
2. Lewis
3. House & Home
Motordienste
1. Hyundai Bellville
2. Honda Bellville
3. Rola Somerset-Wes
Motorfabrikaat
1. Toyota
2. Volkswagen
3. Mercedes-Benz
Motorfietsfabrikaat
1. Honda
2. BMW
3. Harley-Davidson
Motorhandelaar – Nuwe motors
1. Toyota
2. Rola
3. Volkswagen
Motoronderdele
1. Midas
3. AutoZone
Motorverhuring
1. Avis
2. Hertz
3. Europcar
Museums
1. Iziko
2. Distrik Ses-museum
3. Rupert-museum
N
Nooddienste
1. ER24
2. Netcare 911
3. AA
O
Oogkundige
1. Spec-Savers
2. Mullers Tygervallei
3. Neovision
P
Paneelkloppers
1. Durbanville Bakwerke
2. De Jongh’s
3. Eikestad-paneelkloppers, Stikland Body & Spray
Privaatskool
1. Curro
2. Reddam House, Somerset College
3. Somerset West Private School, Boston Private School, Bridge House
R
Radiostasie
1. RSG
2. Kfm
3. Bok Radio
Rehabilitasiesentrum
1. Ramot
2. Toevlug
3. SANCA
Restaurant: Aansit-etes
1. Spur
2. Hussar Grill
3. Cattle Baron
Restaurant: Kindervriendelik
1. Spur
2. McDonald’s
3. Wimpy
Restaurant: Pizza-wegneem
1. Debonairs
2. Roman’s Pizza
3. Panarottis
Restaurant: Wegneemetes
1. KFC
2. Steers
3. McDonald’s
Restaurant: Wynkelder
1. Durbanville Hills
2. Spier
3. De Grendel
S
SA Wyn
1. KWV
2. Nederburg
3. Durbanville Hills, Diemersdal
Sekuriteit
1. ADT
2. SJC
3. Halt Security
Selfoonfabrikaat
1. Samsung
2. Apple
3. HUAWEI
Selfoonnetwerkverskaffers
1. Vodacom
2. MTN
3. Cell C
Skoenwinkels
1. Shoe City
2. Tekkie Town
3. Woolworths
Skole – Hoërskool
1. DF Malan
2. Stellenberg
3. Bellville
Skole – Laerskool
1. Durbanville
2. Eversdal
3. Mikro
Skoonheidsalon
1. Sorbet
2. Annique
3. Isa Carstens
Skryfbehoeftes
1. PNA
2. Waltons
3. CNA
Slaghuis
1. Joey’s
2. Die Vleiswinkel
3. Boer & Butcher
Spa
1. Goudini Spa
2. Mangwanani
3. Caledon Hotel & Spa
Sportwinkel
1. Sportsman’s Warehouse
2. Mr Price Sport
3. Totalsports
Supermark
1. Checkers
2. Spar
3. Pick n Pay
Swembaddens
1. Sundance Pools
2. Intex Swimming Pools
3. Pelican Pools
T
Tandarts
1. Dentalwise
2. Medicross
3. Bekker Dental
Troeteldierversekering
1. Dotsure
2. Medipet
3. OUTsurance
Troeteldierwinkel
1. Petworld
2. Absolute Pets
3. Panorama Petshop
Troulokaal
1. Die Woud Caledon, Eensgezind
2. Nooitgedacht Estate, Eureka
3. Altydlig
Tuisversorging
1. Medwell SA
2. Hospice
3. Badisa
TV-kanaal
1. kykNET
2. SuperSport
3. M-Net
Tydskrifte
1. Huisgenoot
2. SARIE
3. Weg!
U
Universiteit
2. Universiteit Wes-Kaapland
3. Universiteit van Kaapstad
V
Varsproduktewinkel
2. Woolworths
3. Spar
Veearts
1.TAH
2. Brackenfell-dierekliniek
3. Panorama-dierekliniek
Verfwinkel
1. Builders
2. Brights
3. Build it
Veselverskaffers
1. Vumatel
2. Telkom
3. Vox
Vuurwapen & Ammunisie
1. Safari & Outdoor
2. Cape Guns & Ammo
3. Wildman
W
Wildreservaat
1. Kruger-wildtuin
2. Addo-olifantpark
3. Aquila
Winkelsentrum
1. Tygervallei
2. Somerset Mall
3. Canal Walk
Wynplaas
1. Spier
3. Diemersdal