
Nie net verskaf DStv die beste vermaak-, nuus- en sportinhoud in Afrika nie, maar hulle het ook nou die mark as internetdiensverskaffer betree om jou in verbinding met die wêreld en alles aanlyn te hou. DStv Internet bied jou nou onbeperkte, ongevormde (unshaped) vesel-internetverbindingsopsies wat vinnige, seepgladde, meer stabiele internettoegang waarborg. Dit sal help om meer mense aanlyn te kry en só ook meer mense toegang tot noodsaaklike dienste gee. Die wêreld van stroming lê oop voor jou met toegang tot speletjies, sosiale media en snuffel na willekeur. Gebruikers kan vanuit die gerief van hul huise banksake, inkopies en ander aanlyn aankope doen, werk of studeer.
Wat is vesel?
Veselkabels bestaan uit haarfyn buisies van glas wat saamgebondel is. Lig beweeg binne die buise en dra data teen ongelooflike snelhede oor massiewe afstande. Die tegnologie is vir die eerste keer in die 1950’s deur dokters vir mediese doeleindes gebruik, in die 1960’s deur ingenieurs aangepas om telefoonoproepe te stuur, en ’n dekade later is die kabels gebruik om rekenaars aan vroeë netwerke te koppel. Nou word die wêreld verbind deur veselkabels wat honderde duisende kilometers oor die planeet heen oor land en onder die see deur loop.
Hoekom is vesel die beste?
Vesel bied die vinnigste moontlike verbindingspoed wanneer groot hoeveelhede data afgelaai en opgelaai word. Vesel is ook die mees stabiele soort internetverbinding, want dit word nie deur die weer beïnvloed nie en het die vermoë om onbeperkte snelhede te hanteer sodat jou verbinding nie vertraag word in spitstye wanneer jy dit die nodigste het nie. Daardie kombinasie van spoed en stabiliteit is noodsaaklik as jy dit geniet om flieks of reekse aanlyn te kyk, of as jy van die huis af werk en baie tyd op aanlyn oproepe deurbring.
Hoe word vesel in my huis geïnstalleer?
’n Veselverbinding in jou huis het ’n fisiese kabel nodig wat vanaf nabygeleë straatinfrastruktuur na jou huis gelei word. Die DStv Internet-installasiespan sal die beste roete, met die minste indringing, vir die kabel aan jou uitwys en sal waarskynlik ’n klein gaatjie in ’n muur boor om die kabel na die binnekant van jou huis te lei, na ’n punt van jou keuse.
Die veselkabel is gekoppel aan ’n palmgrootte ONT- (optiese netwerk terminasie) boks, wat onopvallend teen ’n muur gemonteer word. Dit het krag nodig, so dit moet naby ’n kragproppunt geïnstalleer word. Daarna is ’n roeteerder nodig – die DStv Internet-span sal dit by jou aflewer en opstel saam met ’n eenvoudige netwerkkabel wat hulle verskaf en aan die ONT-boks koppel. Jou roeteerder is jou toegangspunt tot die internet en skep ’n netwerk waaraan jy die toestelle in jou huis kan koppel. Jy kan toestelle aan die roeteerder koppel via WiFi, of met netwerkkabels, as die toestelle naby is. Om die beste spoed en verbindingsgehalte vir toestelle soos slim-TV’s en stroombokse te verseker, moet jy dit liefs met netwerkkabels aan die roeteerder koppel.
Jy kan kies wat jou WiFi-netwerk genoem word, asook wat die wagwoord daarvan moet wees. Net jy kan die wagwoord met mense van jou keuse deel om hulle toegang te gee. Die opstel van jou WiFi-netwerk is ’n eenmalige proses. Daarna neem jy elke nuwe toestel wat jy wil koppel, kies eenvoudig die naam van jou netwerk uit die lys op jou toestel en tik die wagwoord in om dit aan die WiFi-netwerk te koppel.
Die WiFi-roeteerder word dus gekoppel aan die ONT, wat gekoppel is aan jou omgewing se veselinfrastruktuur, wat gekoppel is aan die plaaslike bedieners, wat jou uiteindelik met die wêreld verbind!
Hoe kry ek ’n veselverbinding?
Die eerste stap is om te kyk of daar reeds veselkabels in jou straat aangelê is. Jy kan kyk of jou huis gedek is deur na DStv Fibre te gaan en jou adres in die blokkie daarvoor in te tik. As jy gedek is, sal jy die DStv-veselaanbieding waarin jy belang stel, kan kies en jou bestelling aanlyn kan voltooi. As daar nog geen veselverbinding in jou omgewing is nie, kan jy dekking vir ’n vaste LTE-verbinding kry (klik op DStv Fixed LTE connection) wat dieselfde sellulêre tegnologie gebruik as wat jou foon gebruik om ’n internetverbinding te bewerkstellig.
Sodra jy jou veselbestelling aanlyn voltooi het, sal die DStv Internet-span jou skakel om die hardeware af te lewer en ’n datum vir jou installasie te bespreek.
Watter DStv Internet-pakket het ek nodig – en hoe vinnig is vinnig genoeg?
DStv Internet se veselpakketverbinding is onbeperk en sal nie jou internetspoed stelselmatig verlaag nie (unshaped). Dit bied ’n piekaflaaispoed van 25 megabit per sekonde (Mbps) en oplaaispoed van 10Mbps.
In die praktyk is die reël dat stroming van hoëdefinisie-video’s ’n aflaaispoed van 2,5 tot 4 Mbps nodig het om te keer dat dit buffer, piekselleer of die gehalte van die beeld verminder, wat alles baie irriterend kan wees. Om 4K-video te stroom vereis ’n maksimum verbindingspoed van ongeveer 15 Mbps – so DStv Internet se spoed van 25 Mbps/10 Mbps gee jou genoeg ruimte om te stroom, werk en speel sonder om oor verbindingsgehalte te bekommer.
’n Onbeperkte veselverbinding is een sonder ’n beperking op die hoeveelheid data wat jy kan aflaai (soos videostroming) of oplaai (soos om e-posse of WhatsApp-boodskappe te stuur). Elke diensverskaffer pas egter ’n “billike gebruik”-beleid op verbindings toe, waar gebruikers wat die stelsel misbruik deur eksponensieel meer data op te laai of af te laai as ander gebruikers, se verbindingspoed vertraag word om te verseker dat almal anders op die netwerk vinnige en doeltreffende verbindingsgehalte geniet.
Die “vorming” van ’n verbinding verwys na sekere dienste op jou verbinding wat bo ander geprioritiseer word. Byvoorbeeld, as jy met ’n video-oproep besig is en iemand op jou netwerk probeer om ’n YouTube-video te kyk, sal hul toegang tot die video effens vertraag word om te verseker dat jy genoeg bandwydte het om die goeie oudio- en video-gehalte van jou oproep te verseker. ’n “Ongevormde” verbinding prioritiseer nie die toegang van een diens bo ’n ander nie, so almal kry verbindingsgehalte in gelyke maat.
Wat volgende?
Hoewel DStv Internet ’n alleenstaande verbindingspakket bied om jou en jou gesin toe te laat om die aanlyn wêreld te geniet, kan jy die waarde daarvan maksimeer deur in te teken vir die onbeperkte, ongevormde DStv Internet-veselbekendstellingsaanbod wat koste verminder en alles bymekaarbring, naamlik die koste van ’n DStv Internet-verbinding, die hardeware, ’n DStv Streama-toestel en die DStv Compact-pakket met 121 kanale – alles op kontrak teen R699 per maand vir 24 maande.
Die DStv Streama is die maatskappy se eerste stromingsdiens, wat mense ook toegang gee tot al hul gunsteling-DStv-vermaak, -nuus en -sport, saam met Showmax, Netflix, Prime Video, YouTube, YouTube Kids, SuperSport, News24 en People’s Weather, verbind aan vinnige, stabiele veselinternet om al hierdie topgehalte-inhoud te stroom. Dit beteken geen meer satellietskottel en kabelinstallasie nie! Jy kan die beste wat DStv het om te bied – én meer – op ’n veel eenvoudiger manier geniet …
Die intekenkoste vir bykomende dienste soos Netflix, Showmax en Prime Video – alles beskikbaar as voorafgelaaide toepassings op die DStv Streama – kan ook by jou maandelikse DStv-rekening gevoeg word. Dit beteken een enkele betaling dek al die inhoud, die toestel en die verbindingskoste.
Laat DStv Internet jou verbind met die wêreld van videostroming!
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.