Deel

FLM nooi entrepreneurs om by familie aan te sluit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boikano Sikwane, is die mede-stigter van Chuck Chilli Foods Z een van FLM se verskaffers wat ontdek is deur die Seeds of Change-verskaffersontwikkelingsvennootskappe. Foto’s: VERSKAF
Boikano Sikwane, is die mede-stigter van Chuck Chilli Foods Z een van FLM se verskaffers wat ontdek is deur die Seeds of Change-verskaffersontwikkelingsvennootskappe. Foto’s: VERSKAF

Food Lover’s Market, Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar in privaat besit, bied vir die derde agtereenvolgende jaar sy Seeds of Change-verskaffersontwikkelingsvennootskap aan. Hierdie program gee opkomende maatskaplike entrepreneurs die geleentheid om een van die maatskappy se verskaffers te word.

Terri Coppin-Harris, die Food Lover’s Market-groep se bestuurder van kultuur en kommunikasie, sê: “Ons is baie passievol oor ons gemeenskappe en Seeds of Change is ’n natuurlike uitvloeisel hiervan.”

Food Lover’s Market het die Seeds of Change-verskaffersontwikkelingsvennootskappe begin as deel van sy doelwit om die beste winkel te wees in die gemeenskap wat hy bedien. Die kleinhandelaar verstaan die noodsaaklikheid om plaaslike verskaffers te betrek, veral klein ondernemings wat maatskaplike verandering deel van hul bedrywighede maak. “Ons besef dat daar ’n groot gaping is tussen die bekendstelling van ’n produk en om dan in staat te wees om op te skaal vir verskaffing aan ’n groot handelaar soos Food Lover’s Market. Seeds of Change maak dit vir hulle makliker en stel ons terselfdertyd in staat om opwindende vars produkte en dienste te ontdek waarvan ons klante sal hou,” sê Coppin-Harris.

“Dit is ’n geleentheid om werk te skep en ’n maatskaplike verskil in Suid-Afrika te maak. Ons is op soek na verskaffers met dieselfde maatskaplik-ingestelde waardes as ons, wat passievol is oor kleinhandel en gemotiveerd is om die beste gehalte produkte of dienste te lewer.”

As ’n ontwikkelende sektor, bied maatskaplike ondernemings die geleentheid om vele van die heersende maatskaplike en omgewingsprobleme in Suid-Afrika op te los én by te dra tot ekonomiese groei en werkskepping. Ongelukkig geniet hierdie sektor steeds nie voorkeur as ’n sleuteldryfveer in die Suid-Afrikaanse ekonomie nie. Food Lover’s Market wil hierdie denkwyse uitdaag deur aan maatskaplike ondernemings die unieke geleentheid te bied om deel van die korporatiewe verskaffingsketting te word.

Aansoeke het op Maandag 13 Maart 2023 geopen en ’n gratis bekendstellingswebaanbieding is op 22 Maart gehou om voornemende aansoekers te help met navrae oor die aansoekproses.

“Dit was die afgelope paar jaar ’n eer om met hierdie merkwaardige ondernemings saam te werk en te sien watter groot maatskaplike verskil hulle op plaaslike vlak maak. Dit spreek direk tot Food Lover’s Market se kernwaardes, en hul toewyding tot maatskaplike trefkrag, gehalte en innovasie is onontbeerlik in die skep van ’n meer volhoubare ekonomie,” sê Coppin-Harris.

Top-10-oefenkamp

Die name van die top-10 sal op 15 Mei aangekondig word, waarna hulle oor vier dae van 19 tot 22 Junie ’n oefenkamp by die Old Biscuit Mill moet bywoon. Hier sal hulle die nodige leiding, mentorskap en noodsaaklike vaardighede ontvang om hul onderneming te bemark. Hulle sal ook blootgestel word aan ’n breër uitkyk op die globale en Suid-Afrikaanse kleinhandellandskap, insluitend tendense, uitdagings en geleenthede in hierdie sektor. Die top-10-ondernemings moet dan op 23 Junie ’n “Fertile Ground”-voorlegging aan die Food Lover’s Market-direksie lewer – waar die suksesvolle aansoeker dieselfde dag aangekondig sal word.

flm
Van links is Surika Behrens (SEA), Mike Coppin (FLM), Kate Marais (FLM), Terri Harris (FLM) Louise Gibbons (Little Foodease), Abongile Ngala (FLM), Siviwe Njozela (A Greater You), Phindi Msomi (Hazile Group), James Mavundla (Agrowex), Mosibudi Makgato (Yamama Gemmer), Christoff Oosthuysen (SEA), Lance Quiding (Integrated Aquaculture), Retang Phaahla (Setsong Tea Crafters - wenner), Tina Long (Home Bao), Chanté Hendricks (Kaapschon Boerdery), Stephen Van Vuuren (FLM) en Ryan Logue (SEA). Agter is Andrew Millson (FLM) en Travis Coppin (uitvoerende hoof: FLM kleinhadelaarafdeling).
Mmabatho Portia Morudi (The Village Market - wenner), Thato Dibetso (Buang Makabe), Claudia Pienaar (Basadi Mix), Cameron McCulloch (Loxtonia), Karen Renwick-Forster (PEDI), Melissa Rademan (Rooiboslief), Zamagambu Memela (Kasi Farmers Market), Boikano Sikwane (Chuck Chilli), Lungi Moloi (Bethel Farm) en Sipamandla Manqele (Local Village Foods).

Wie kwalifiseer?

Food Lover’s Market stel belang in maatskaplike ondernemings wat, as die kern van hul onderneming, ’n positiewe impak op hul gemeenskappe het. Die handelaar beoog ook om voorkeur aan aansoeke van ondernemings te gee wat waarde sal toevoeg tot die Food Lover’s Market-inkopie-ervaring. Dit sluit kleinboere, vervoerondernemings, kommersiële dienste, asook varsprodukte en ander produkte in wat in byvoorbeeld die bakkery, lekkergoed-, kruideniersware- en drankafdeling verkoop kan word.

Van die aansoekvereistes sluit in:

• Die onderneming moet al vir 12 maande bedryf word.

• Die onderneming moet finansieel stabiel wees.

• Die onderneming moet ’n sakeplan hê waarin suksesvolle implementering uiteengesit word.

Seeds of Change word deur die Social Enterprise Academy (SEA), die voorste spesialis- leer- en ontwikkelingsliggaam in Suid-Afrika wat organisasies gemoeid met maatskaplike verandering ondersteun, gefasiliteer. Met ’n bewese globale baanrekord, beskik SEA oor grondige ervaring van maatskaplike ondernemings-modelle van Suid-Afrika en elders in die wêreld.

“Ons het die afgelope twee jaar ’n paar opwindende ondernemings gesien, en ook ’n paar juwele ontdek. Ons glo dat vanjaar nie ’n uitsondering sal wees nie. Enigiemand wat ’n onderneming besit wat ’n maatskaplike verskil maak en ’n kleinhandelproduk lewer wat geskik is vir Food Lover’s Market se rakke, moet dit oorweeg om in te skryf,” nooi Coppin-Harris.

Aansoeke sluit op 17 April. Die top-20- suksesvolle kandidate sal teen 25 April in kennis gestel word. Belangstellendes kan aanlyn aansoek doen hier.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10
India 116/4
Rand - Dollar
18.85
+1.4%
Rand - Pond
23.66
+0.5%
Rand - Euro
20.32
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.65
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
1,008.22
-1.3%
Palladium
1,359.42
-2.5%
Goud
1,966.96
+1.4%
Silwer
24.21
+3.3%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,696
-0.2%
Alle aandele
77,015
-0.1%
Hulpbronne 10
69,197
-1.5%
Industriële 25
103,427
-0.1%
Finansiële 15
15,546
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos