Deel

Food Lover’s Market vier 30 suksesvolle jare van gehalte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Food Lover’s Market vier vanjaar drie dekades van uitnemendheid. Foto’s: VERSKAF
Food Lover’s Market vier vanjaar drie dekades van uitnemendheid. Foto’s: VERSKAF

Food Lover’s Market, Suid-Afrika se grootste familiebeheerde kleinhandelonderneming in privaat besit, vier vandeesweek sy 30ste bestaansjaar.

Dit is ’n ongelooflike prestasie, aangesien die handelaar van ’n enkele vrugte- en groentewinkel in Access Park, gegroei het tot ’n onderneming wat ’n reeks Food Lover’s Market-eenstopwinkels, die geriefswinkelreus FreshStop by Caltex, FVC International, Diamond Discount Liquor, Market Liquors, asook die opwindende Suid-Afrikaanse koffiemaatskappy Seattle Coffee Company, insluit.

“Hierdie mylpaal gee ons ’n wonderlike geleentheid om terug te kyk op ons geskiedenis as ’n allesomvattende onderneming en erkenning te gee aan die vele mense wat die afgelope 30 jaar tot ons sukses bygedra het,” sê Brian Coppin, uitvoerende hoof van die Food Lover’s Market-groep.

“Min mense onthou die eerste stappe wat hulle moes neem om ’n onderneming te begin, maar vir ons voel dit soos gister. Ons onthou die opwinding toe ons saam met familie, vriende en vennote gewerk het om die eerste winkel by Access Park in Kaapstad te open. Ons het aan ons drome bly vasklou, en dikwels gewonder of ons dit sou kon verwesenlik, maar nooit tou opgegooi nie.”

’n Familiesaak

Die familielede van die FLM-groep is van links Travis, Brian, Aubrey, Mike, Dane en Terri Coppin.

Dit was uit die staanspoor ’n familiesaak. Brian en Mike Coppin het in 1993 die Fruit & Veg City in Access Park geopen nadat hulle met die hulp van familie en vriende self die winkel skoongemaak, geverf en met voorraad gevul het.

Waar die oorspronklike winkel met slegs ses werknemers kon spog, bestaan die Food Lover’s Market-groep nou uit 17 000 spanlede wat almal by die sakeonderneming in geheel werksaam is.

Van die heel eerste spanlede het in nuwe rolle gegroei soos die onderneming uitgebrei het, en werk vandag steeds daar. “Ons kinders het grootgeword in die onderneming en dit is werklik bevredigend om die nuwe generasie hier te sien werk en hul eie nalatenskap te skep,” sê Coppin.

Strewe na beste winkel in die gemeenskap

“Ons filosofie is om altyd te probeer verseker dat ons winkel die beste in die gemeenskap is. Ons het lank en hard gedink oor wat dit in die huidige ekonomiese klimaat verg, en besef dat ons ’n volledige inkopie-ervaring moet bied. Dit gaan nie net oor ‘teater’ nie, hoewel ons baanbrekers in die skep van visuele trefkrag in ons winkels is. Ons bied waarde, gehalte en keuse.”

Fruit & Veg City het die grondslag van die onderneming gevorm, maar Food Lover’s Market het ontwikkel in ’n moderne kleinhandelwinkel met al die elemente van ’n “kosteater”. Dit sluit fynproewerslagterye, deli’s, afdelings vir kruideniersware en gesondheidsprodukte in.

Die onderneming brei voortdurend uit, en aan die einde van 2022 het die langverwagte Bothasig-winkel tot groot vreugde van die plaaslike gemeenskap sy deure geopen. Daarna is die Food Lover’s Market-winkel in die Weskus Mall, asook dié in La Lucia, Ballito en Crescent in Kwazulu-Natal opgeknap. ’n Beduidende nasionale uitbreiding word oor die volgende paar jaar beoog.

Hierdie nuwe-generasie Food Lover’s Market-winkels gee klante ’n besonderse eenstop-inkopie-ervaring. As ’n handelaar wat nog altyd uitstekende verhoudings met verskaffers gekoester het, kan hulle ’n wye reeks gehalteprodukte teen fantastiese pryse bied. “Of ons uiteindelik met 100 of 200 winkels eindig, hulle moet steeds die beste in die gemeenskap wees, en dít is ons doelwit,” sê Coppin.

Leef ‘Earth Lovers’-waardes

Die oorspronklike winkel het met slegs ses werknemers begin en vandag spog die Food Lover’s Market-groep met altesaam 17 000 spanlede.

Die uitleef van die ondernemings se waardes verg ’n holistiese benadering, en daarom het Food Lover’s Market in 2017 Earth Lovers tot stand gebring.

Earth Lovers is ’n afdeling wat toegewyd is tot die bou van ’n maatskappy wat maatskaplike en omgewingsvolhoubaarheid toepas in alles wat hulle doen. Die Food Lover’s Market-groep is verbind tot die skep van ’n volhoubare sakemodel wat nog baie jare sal geld. Dit behels die bou van energiedoeltreffende geboue met LED-beligting en energiebesparende verkoeling, asook prosesse wat afval verminder. Food Lover’s Market is ook verbind tot die vermindering van afval wat op stortingsterreine beland, en winkels is gedurig op soek na meer doeltreffende verpakking en herwinningsgeleenthede. Hulle was byvoorbeeld die eerste Suid-Afrikaanse kleinhandelaar om plastieksakke by betaalpunte te verbied.

Meer as ’n ambisieuse droom

“Dit was meer as net ’n ambisieuse droom. Vir my en my broer is dit ons liefde vir kleinhandel, en die begeerte om iets anders te bied – maar steeds teen ’n billike prys en van goeie gehalte – wat ons daagliks inspireer,” sê Coppin.

“Van ons familie aan joune, was dit vir 30 jaar ’n liefdestaak. Ons wil graag vir almal in ons onderneming, ons klante en verskaffers baie dankie sê – julle het ons sien groei, en dit is alles aan julle te danke.”

Lees meer oor Food Lover’s Market se ongelooflike reis by www.celebrating30years.co.za. Klante word genooi om Food Lover’s Market se winkels landwyd te besoek vir spesiale aanbiedings en ander feestelikhede.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
+1.1%
Palladium
1,460.24
-1.2%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos