GEBORG | Verseker só jou finansiële toekoms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jy kan jou finansiële gewoontes goed organiseer met die regte beplanning en balans.      Foto: VERSKAF
Jy kan jou finansiële gewoontes goed organiseer met die regte beplanning en balans. Foto: VERSKAF

Om te weet wat jou behoeftes is, moet jy verstaan hoe jou finansiële behoeftes deur verskillende lewenstadiums verander. Of jy nou op die punt staan om af te tree, deur die middel van jou loopbaan trek of pas ’n praktyk begin het, dit is belangrik om vooruit te dink en jou finansiële toekoms te beplan.

’n Goeie begin sal wees om jou finansiële gewoontes te organiseer en dit ten goede te verander waar nodig. “Neem die tyd wat jy nodig het om jou finansies van nader te bekyk en beter keuses te maak om jou finansiële toekoms te verseker. Begin kyk na wat belangrik is en watter veranderinge jy kan aanbring om voorsiening te maak vir ekstra kontant in jou begroting,” sê Motlatsi Mkalala, Standard Bank se hoofmarkbestuurder.

Hier is ’n paar wenke oor hoe jy beter keuses kan begin maak om jou finansiële toekoms te verseker:

 • Organiseer jou maandelikse begroting

Die heel eerste ding wat jy behoort te doen, is om noukeurig na jou maandelikse begroting te kyk. Indien jy nie een het nie, begin vandag nog om een op te stel. ’n Begroting sal jou help om jou finansies te bestuur en jou bestedingsgewoontes te verstaan. Wanneer jy na jou begroting kyk, maak seker dat jy nie betaal vir dienste wat jy nie nodig het nie of intekeninge wat jy nie regtig gebruik nie. Nog ’n belangrike deel van jou begroting is jou spaargedeelte. Onthou om geld opsy te sit om te spaar of te belê. Begin klein en wees konsekwent. As jy deurgaans konsekwent begroot en daarby hou, word dit baie makliker om jou finansiële doelwitte te bereik.

• Haal laat betalings in

Die pandemie het ’n negatiewe finansiële impak op baie mense gehad en in sommige gevalle in so ’n mate dat hulle vind hulle is nie in staat om tred te hou met hul maandelikse uitgawes nie. Die gevolg is dat hulle agterstallig raak met terugbetalings. Jou eerste opsie in hierdie situasie is om jou leefstyl af te skaal. Afskaling sal jou in staat stel om jou uitgawes te verminder en jou help om jou kredietverpligtinge na te kom. As jou finansiële verknorsing baie ernstig is, moet jy jou krediteure pro-aktief kontak om hulle van jou omstandighede in te lig. Finansiële instellings bied tans betalingsverligtingopsies wat gewoonlik oor ’n paar maande strek terwyl jy herstel.

• Evalueer jou beleggings

Hersien jou beleggings. Maak seker dat dit steeds in lyn is met jou doelwitte. Indien jy ’n paar veranderinge moet aanbring, vra raad en tree daarvolgens op.

• Evalueer jou versekeringsdekking(s)

Ongeag wat jou finansiële situasie is, almal wil die gemoedsrus hê dat jy gedek is vir onvoorsiene gebeure, soos die verlies van ’n geliefde, ’n noodgeval, iets anders onverwags of aflegging. Hersien al jou versekeringsplanne om te verseker dat jy voldoende gedek is om hierdie gebeure te kan hanteer.

• Stel vir jouself finansiële doelwitte

“Kyk meer noukeurig na die finansiële doelwitte wat jy aan die begin van die jaar vir jouself gestel het. Het jy enige daarvan bereik? Indien jou doelwitte op die oomblik ’n bietjie buite bereik lyk weens omstandighede buite jou beheer, neem ’n tree terug en pas jou doelwitte aan om by jou huidige situasie te pas. Stel realistiese, haalbare doelwitte wat jou sal aanmoedig om voort te gaan,” sluit Mkalala af.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos