GEBORG | Beplan jou blomtoer met dié hulp!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar is soveel te sien en te doen van middel Augustus tot einde September in die Kaap se blomstreke. Foto: EBEN HUMAN
Daar is soveel te sien en te doen van middel Augustus tot einde September in die Kaap se blomstreke. Foto: EBEN HUMAN

In Augustus begin die veldblomme in Namakwaland en omstreke hul gesiggies son toe draai vir die mooiste blommeprag waarna jy heeltemal gratis in die verskeie blomstreke van die Kaap kan kom kyk.

Petrol is duur, maar blommekyk is ’n tydsame proses, so jy hoef nie te jaag en daardie naald op jou brandstofvlakwyser so vinnig te laat daal nie.

Beplan ’n dagtoer as jy nie jou sak te veel wil ruk nie of rek die lekkerte vir langer deur ’n behoorlike blomtoer uit te werk.

Hier is van die plekke waar jy kan bly, goed wat jy kan sien en dinge wat jy kan doen langs die pad:

Bergrivier

Bergrivier

Moet-sien plekke wat wonderlike blomme bied tydens die lente is Hotspots Velddrif, Aurora, Piketberg en Porterville in die Bergrivier-distrik. As jy Velddrif besoek, kan jy uitsien na ’n magdom blomme. Op Saterdag 6 Augustus is daar selfs ’n blom-werksessie en ’n uitstalling, ’n prettige blomkleur-wedstryd en ’n trekker wat jou op ’n blomtoer sal neem!

Vir meer inligting oor die geleenthede en aktiwiteite wat al die dorpe in die streek jou tydens die blomseisoen bied, besoek gerus www.bergriviertourism.co.za.

Clanwilliam Veldblomskou

Clanwilliam Veldblomskou

Saamstap lei tot saamwerk en saamstaan. Die tema van vanjaar se Clanwilliam Veldblomskou is juis “Stap saam”. Die idee is om hulde te bring aan die Cederberge, met sy netwerk van staproetes, wat oor Clanwilliam toring. Voetpaadjies deur die landskapuitstalling in die Blomkerk gaan vir die eerste keer ooit uitgelê word. Klipstapels, wat gewoonlik in die berge op die voetpaadjies in die Cederberge die rigting vir stappers aandui, gaan ook deel wees van die uitstalling wat van 25 Augustus tot 4 September in die Blomkerk gehou word. Almal word genooi om te kom stap deur Clanwilliam se veld, berg, dorpstuin en blomskou. En stap gaan jy stap! Blomkykers, trek aan jul stapskoene of vellies en kom stap saam.

Vir meer inligting oor die blomskou, skakel Ilse Lochner by 083 328 4575.

Swartland

Swartland

Die Swartland is nie te vêr vanaf Kaapstad nie en kan die ideale bestemming wees vir ’n vinnige wegbreek van die stad se gewoel. Stop gerus hier wanneer julle gaan blomme kyk en ervaar die vriendelike mense van die Swartland se gasvryheid. Die omgewing het heerlike eetplekke en uitstekende oornag- en onthaalopsies. 

Gaan maak gerus ’n draai by die Swartlandskou van 7 tot 10 September 2022 of by die Darling-veldblomskou vanaf 16 tot 18 September 2022. Skakel 022 487 1133 vir meer inligting of besoek www.swartlandtourism.co.za.

Weskus Toerisme

WESKUS

Elke jaar wag almal in spanning vir die Weskus-blomseisoen. Dit is net hier waar jy van einde Julie tot September die eksklusiewe blommeprag kan beleef. Oral waar jy kyk, sal jy ’n reënboog van kleur in die veld en blomme sien. Die beste manier om die blomme te benader, is vanuit die noorde, want in die lente skyn die son in hierdie rigting. Gereed vir blommekyk? Kontak gerus die toerismekantoor vir die beste plekke om te besoek en vir blomkyk-wenke.

Besoek ook Weskus Toerisme se webtuiste by www.weskustourism.org vir meer inligting.

Skimmelberg-boegoe-en rooibostoer

Skimmelberg

Skimmelberg in die Cederberg-omgewing produseer organiese rooibostee- en boegoe-produkte vir die plaaslike sowel as die internasionale mark. Hulle is ook ’n privaat etiket-verpakker plaaslik, sowel as internasionaal. Hulle bied ’n baie interessante en unieke rooibos-en-boegoe-toer aan. Die toer bestaan uit ’n besoek aan die rooibos- en boegoe-lande, die teebaan waar die tee gemaak word, die organiese wurmkompos-aanleg en hul kwekery. Die toer word afgesluit met 'n heerlike teeproe waar besoekers ook verskillende tee kan aankoop in hulle teewinkel. Die toere vind plaas vanaf 10:00 op Maandae, Woensdae en Vrydae. Toere op Saterdae vereis ’n maksimum van ses volwassenes. Daar is geen toere op Sondae nie.

Voorafbespreking is noodsaaklik. Vir meer inligiting en toerbesprekings, skakel 027 482 1771 of 065 591 3300, of stuur e-pos na tours@skimmelberg.co.za. Besoek ook gerus hul webtuiste by www.skimmelberg.co.za.

Kardoesie

Kardoesie

Kardoesie is in 1997 in die Piekenierskloofpas deur die Theron-familie gevestig. Dit is ’n fantastiese familiebestemming. Hulle bied soveel om van te kies en is ’n moet-sien, veral om by te stop en bene te rek tydens enige reis. Die padstal is propvol tuisgebak en plaaslike vleisprodukte, die restaurant sit heerlike tradisionele kos voor, daar is ’n boetiek, en vir dié wat langer wil bly, is daar kampeer- en oornaggeriewe. En moenie vergeet van die asemrowende uitsig oor die Renosterhoekvallei nie.

Kardoesie is ses dae ’n week van 08:00 tot 17:00 oop en Sondae van 12:00 tot 17:00. Hoop om julle binnekort by Kardoesie te sien!

Vir meer inligting besoek www.kardoesie-n7.co.za.

Rondeberg

Rondeberg

Langs die N7 tussen Clanwilliam en Klawer is Rondeberg-vakansieoord op die Bulshoekdam, ’n oase vir natuur-, hengel- en watersportliefhebbers. Geen boot? Kom geniet die vlotte en kajakke te huur. Die nuwe opgeknapte saal is ideaal vir jou volgende funksie. Met chalets vir twee tot agt persone, kliphuisies, privaat en algemene kampering én ’n waterfronthuis is daar verblyf vir elke smaak. Vir meer inligting besoek www.rondeberg.com.

Die Keldery

Die Keldery

Die Keldery-restaurant, ook die amptelike proelokaal van Namaqua Wines, is geleë in die hartjie van die Matzikama-streek. Kom geniet die magiese uitsig oor die Maskamberge deur hulle op die R363-pad buite Vredendal te besoek. Die Keldery is die ideale plek om jou droomtroue te hou of enige ander geleentheid aan te bied. Hulle is ook bekend vir hul heerlike tradisionele kos, wynproeë en -parings, sowel as wynaankope. Die kindergeriewe maak dit ideaal om saam met jou familie te besoek.

Vir meer inligting, besoek www.diekeldery.com of skakel 027 213 3699.

Namaqua-Weskus Toerisme

Namaqua-Weskus Toerisme

Vasgestelde roetes word al hoe gewilder. In en om die Namaqua-Weskus en veral tydens die blomseisoen kan jy kies of jy dit wil stap of ry. Die selfry-roetes wat jy kan aanpak sluit in Urionskraal-en-Mauerskopselfry-sirkelroete (Vanrhynsdorp), Gifberg-roete, die Viswater-bergfietsroete, die Wandering Whale Labyrinth-staproete, en Maskam-gasteplaas se blomroete by Vanrhynsdorp. Begeleide toere en roetes sluit in Letsatsi-blom-en-vetplantroete en Silent Steps: Shoreline of the San-staptoer. Vir begeleide toere kan Namaqua-voëlklub, Matzikama-stapklub, Namakwa Toere (dagtoere), Unique Hiking en Destination Cederberg gekontak word.

Vir meer inligting oor die aktiwiteite en roetes in die Namaqua-Weskus-streek, kontak Namaqua-Weskus Toerisme by 027 201 3376.

House of Rooibos

House of Rooibos

Om vir besoekers aan Clanwilliam ’n omvattende en spesiale rooibos-ervaring te bied, het die gewilde fabriekswinkel by Rooibos Beperk na ’n groter en meer geskikte perseel verskuif. Die splinternuwe House of Rooibos by Rooibos Country Club beskik oor ’n winkel, ’n teekamer en ’n informele teeproe- en inligtingsentrum. Kom geniet ’n verfrissende koppie rooibos en besigtig hul insiggewende uitstallings, insluitend ’n oudiovisuele aanbieding van 10 minute oor die geskiedenis, produksieproses en gesondheidsvoordele van hierdie unieke drankie. Die winkel het ’n opwindende reeks oorspronklike, gegeurde en vermengde rooibostee, rooibosverwante kos en kosmetiese produkte, aandenkings en geskenkitems, insluitend ’n resepteboek vol rooibos-geïnspireerde geregte.

Vir meer inligting, skakel 027 482 2155 of 066 115 7749 of stuur e-pos na amor@rooibosltd.co.za of sales@rooibosltd.co.za. Besoek ook www.houseofrooibos.info.

Velskoendraai-padstal

Velskoendraai-padstal

Ongeveer 60% van die produkte wat by Velskoendraai-padstal verkoop word, word plaaslik vervaardig of verbou. ’n Groot verskeidenheid rooibos-, boegoe- en ander kruietee asook ander teeprodukte is hier beskikbaar. Veertien rooibosteeverskaffers se produkte word hier verkoop en daar is meer as 100 verskillende geure. Die “Taste the Region” is ’n ervaring vir die hele gesin, want rooibostee, plaaslike wyne, bier en jenewer kan dan geproe word. Ander produkte wat jy hier sal vind, sluit in konfyt, gebak, hekelwerk, leerprodukte, olyfolie, seep en selfs die klerereeks van ’n plaaslike ontwerper. Velskoendraai spog met ’n baie lekker spyskaart propvol verskeidenheid wat in elke smaak sal val. Hier is ook speelplek vir die kinders.

Vir meer inligting, skakel Louise Nortjé by 083 460 3773.

Bella-Louise Restaurant

Bella-Louise

Bederf jouself met ’n heerlike aandete by Bella-Louise Restaurant. Die gesellige atmosfeer sal jou sommer gou in aanraking bring met die plaaslike inwoners en jy sal dadelik tuis voel. Geregte wat jy nie van ’n klein dorpie sou verwag nie, word hier bedien. Hulle salm en eisbein is beslis van die gunstelinge. Of dit nou pizza, pasta, biefstuk, vis of ’n burger is, hierdie gesinsrestaurant het iets vir almal.

Vir meer inligting, skakel Louise Nortjé by 083 460 3773.

Destination Cederberg

Destination Cederberg

Ontdek saam met Destination Cederberg die weggesteekte juwele van dié gebied en sy mense. Die blomseisoen is een van hul kosbaarste toeriste-trekpleisters. Destination Cederberg bied blomtoere met ’n persoonlike aanslag in die omgewing aan. Hulle vertrek daagliks vanaf Velskoendraai-padstal met ’n piekniek wat tussen die veldblomme geniet word. Jy sal kan uitklim en stap in die veld, en die blommeprag van nader bekyk. Ervaar die blomseisoen op ’n unieke persoonlike manier saam met toergidse van Destination Cederberg.

Vir meer inligting, skakel Nelda van Zyl by 084 517 2519.

Strassbergers-familiebesigheid

Strassbergers

Strassbergers-familiebesigheid in Clanwilliam is bekend vir hul pragtige, topgehalte- en groot verskeidenheid velskoene. Dit is ’n vyfde-generasie-familiebesigheid wat in 1834 begin is en die oudste skoenfabriek in Suid-Afrika. JJ du Plessis wat tans aan die stuur is, het die skoenfabriek in 2012 by sy pa oorgeneem. Hy was gelukkig om sy pa vir 10 jaar aan sy sy te kon hê en die fabriek te bestuur. Hy koester die tyd wat hy saam met sy pa kon werk voordat sy pa op 19 Junie 2021 oorlede is. Strassbergers beskik oor velskoene vir Pa, Ma en die kinders. Loer gerus tydens blomseisoen by hulle in.

Vir meer inligting, skakel 027 482 1439/61 of stuur e-pos na info@strassbergers.co.za.

Piekenierskloof Mountain Resort

Piekenierskloof Mountain Resort

’n Ligte kronkeling van die Piekenierskloofpas sal jou by die verwelkomende gesig van Piekenierskloof Mountain Resort bring. Hier aan die bopunt van die pas het jy ononderbroke uitsigte op die skouspelagtige Cederberge en ervaar jy opregte plattelandse gasvryheid. Piekenierskloof Mountain Resort is modern, tog knus, met topkonferensiegeriewe en ’n keuse van privaat suites en selfsorgverblyf wat uitkyk oor welige grasperke en ’n sprankelende buiteswembad. Die diens is ongeëwenaard. Verwag goeie kos, vele aktiwiteite en gratis Wi-Fi. Geniet die asemrowende berguitsigte met buite-dek-eetplek terwyl die kleinspan die speelplek met klimraam, trampoliens en ’n buitelugskaakstel benut. Vir die volwassenes het die oord ’n ontspanne kuierplek, ’n goed toegeruste kroeg, verhitte binnenshuise swembad en ’n privaat spa.

Daar is ook voetslaan- en bergfietsry-roetes, boogskiet, foefieslaaid en vele meer. Piekenierskloof Mountain Resort is ideaal geleë as basis vanwaar jy self kan ry om die omliggende omgewing te verken.

Vir meer inligting besoek www.piekenierskloof.co.za.

Namakwa Blommekampe

Chiefs Tented Camps

Chiefs Tented Camps in samewerking met SANParke, slaan vir die 12de jaar ’n tydelike tentkamp op in die park gedurende die blommeseisoen. Die Blom-kampe, geleë in die ongerepte kusgedeelte van die Namakwa- Nasionale Park, asook die wye oop velde van Skilpad, sal van 19 Augustus tot 18 September 2022 in werking wees.

Kuier langer tussen die blomme in ruim, luukse en elegante volledig gemeubileerde tente, toegerus met elektriese komberse en en suite-badkamergeriewe met warm storte. Hierby ingesluit is jou ontbyt, middagtee en aandete, asook ’n gerieflike gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en kroeg.

Besoek hulle vir die jaarlikse feesviering, ’n bewys van die skoonheid van die natuur se konfetti en kom deel in hierdie waarlik onvergeetlike ervaring.

Vir meer inligting besoek https://flowercamps.co.za/book-now/.

Rand - Dollar
16.17
+0.5%
Rand - Pond
19.63
+0.2%
Rand - Euro
16.59
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,802.29
0.0%
Silwer
20.82
0.0%
Palladium
2,227.50
0.0%
Platinum
966.00
0.0%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos