GEBORG | Berei só voor vir ’n riviervaart

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met die korrekte kundige leiding kan jy ’n sukses maak van jou eerste riviervaart. Foto: ISTOCK
Met die korrekte kundige leiding kan jy ’n sukses maak van jou eerste riviervaart. Foto: ISTOCK

Riviervaarte bestaan al vir eeue en is vandag ’n baie gewilde buitelug-aktiwiteit onder Suid-Afrikaners. As jy ook lus het om hierdie avontuur aan te durf, is daar verskeie opsies vir jou. Anette Grobler, avonturier en studente-ontwikkelingsbeampte by die CPUT, sê jy kan begin deur ’n diensteverskaffer te kies met ’n goeie reputasie. “Maak seker dat veiligheid vir hulle ’n absolute prioriteit is, dat hulle goed georganiseerd is en dat hulle al ’n hele ruk bestaan,” sê sy.

Paul Rode van Bundi Adventures sê ook alle maatskappye waardeur jy bespreek, sal vir jou ’n lys van benodighede gee. “Aangesien jy die meeste van die tyd gedurende die dag binne of buite die water en in die son gaan wees, is dit belangrik om rondom hierdie feit te beplan.”

Hy sê wanneer jy bespreek, moet jy seker maak wat by die prys ingesluit is: hoeveel volle dae jy op die rivier gaan wees, wat die etes behels, verblyf voor en ná die avontuur, en enige iets anders wat die riviervaartonderneming bied.

Oorweeg dié wenke

Klimaat: Volgens Anette is dit bedags gedurende die somermaande warmer op die rivier, sowel as saans langs die rivier, maar dit beteken ook dat jy meer kan en wil swem gedurende die dag. Wintermaande is lekker maande met minder wind op die rivier, maar roeiers bestee van nature heelwat minder tyd in die water deur die dag.

Die tyd van die jaar: Paul gee raad oor watter maande van die jaar die beste is vir riviervaart. Indien jy baie tyd in die water wil bestee, gaan in September tot April. Jy sal verseker windstil dae kry wat ideaal is vir lieflike fotografie. In Mei tot Augustus word die rivierwater ’n bietjie koud, maar jy kan ’n heerlik verfrissende “bad” gedurende die dag geniet.

Kleredag: Anette sê dat hoewel jy heeldag jou baaibroek sal dra, dit belangrik is dat jy iets soos ’n ligte sarong of langmouhemp van ligte materiaal ook dra om jou arms en skouers te beskerm, veral in die somer. ’n Sonhoed en sandale wat jy nie sal afglip of omdop wanneer jy deur die water stap nie, is baie belangrik. Neem ook ’n sweetpak om in te slaap saans, ’n ligte slaapsak en ’n goeie opblaasmatrassie wat alles min plek in beslag neem. ’n Windbreker (anorak), kortbroeke, T-hemde asook ’n klein mikrovesel-handdoek is goed om byderhand te hê.

Doeltreffende houer vir items: Paul het ’n baie nuttige wenk vir wanneer alles in jou koelboks nat word aangesien die ys mettertyd smelt. Versamel vroegtydig vir jou lekker groot plastiekflesse (soos mayonnaise-bottels) om jou peuselhappies en selfoon in te verpak. Alles sal dan mooi droog bly.

Boot-opsies: Volgens Anette bied diensverskaffers in Suid-Afrika opblaasbote (crocks) of kajaks. Opblaasbote is meer stabiel en val moeiliker om. Kajaks vaar makliker, veral in winderige omstandighede. Paul sê daar bestaan ook ’n debat oor watter een van die twee die beste is. Hy sê as veiligheid en gemak ’n prioriteit is, stel hy tweeman-opblaasbote voor.

Veiligheid: Anette stel dit onomwonde: Dra ten alle tye jou reddingsbaadjie! Luister na jou gidse en swem slegs waar hulle dit aanbeveel. Volg die goue reël: moet nóóit met jou kop eerste in die rivier duik nie! Jy weet nooit of daar dalk ’n rots reg onder jou is nie.

Paul voeg by dat as jy die Oranjerivier aandurf, jy moet onthou dat dit 2 800 km lank is. “Daar is baie dele waardeur ’n mens kan roei. Net soos met die see, is daar baie plekke by die see. Party plekke is vir party mense baie mooier as ander. My gunstelingdeel van die Oranjerivier is die Richtersveldt-gedeelte in Namibië,” sê hy.

Hier is paar opsies om te oorweeg:

Felix Unite

FELIX

Sluit aan by Felix Unite hierdie Nuwejaar vir ’n onvergeetlike buitelug-avontuur wat geskik is vir familie en vriende! Hulle bied avonture op die Breederivier in Swellendam in Suid-Afrika en die Oranjerivier in die suide van Namibië. Die pakket sluit alle maaltye en toerusting in. Jonk en oud is verseker van ’n ervaring propvol avontuur.

Pryse beloop vanaf R3 395 per volwassene vir die Breederivier en R5 195 vir die Oranjerivier. Daar is ook laer prysopsies vir kinders onder 18.

Klik hier vir meer inligting.

Orange River Canoeing

Orange River Canoeing

Neem jou gesin op ’n onvergeetlike wegbreek op die groot en ongerepte Oranjerivier in die Richtersveld. Hierdie deel van die Oranjerivier word beskou as een van die beste familievriendelike vakansies ter wêreld. Daar is ’n rede waarom so baie mense dit op hul emmerskoplysie het.

Saans is dit baie spesiaal om die son teen die pragtige Richertsveldberge te sien sak, terwyl jy ’n lekker bad in die Oranje neem. Smaaklike etes word op ’n knetterende vuur voorberei deur die gidse. Bespreek jou plek deur Orange River Canoeing

Vind meer uit op hul webtuiste en geniet ’n avontuur wat nie sommer geklop kan word nie.

The River Rafters

THE RIVER

Hierdie ervare riviervaarders verseker die volmaakte woestynavontuur en ’n ongelooflike gesinsuitstappie vir avontuurlustige vakansiegangers. Indien jou gesin iets meer gemaklik  verkies, maak gerus gebruik van Orange River Canoeing se sustermaatskappy, The River Rafters, wat hierdie avontuur in tweeman-opblaasbote doen. Dit is meer stabiel as kano’s.

Só ’n gesinsvakansie sal beslis nie gou vergeet word nie, maar wees gewaarsku: baie families en vriende merk hierdie avontuur meer as net een keer in hul lewe van hul doendingelysie af. The River Rafters sien baie mense wat jaar na jaar met ander vriende terugkom.

Orange River Rafters

orange river

Kom ervaar ’n onvergeetlike toer met Orange River Rafters se familievriendelike vlotvaart tussen die skouspelagtige berge van die Richtersveld. Familie en vriende kan vir vier dae vanaf R3 990 per persoon (bepalings en voorwaardes geld) hierdie prettige aktiwiteit geniet. Vlotvaart-opsies sluit in: dag en halfdag Vioolsdrift-avonture, Richtersveld-avonture vir drie tot vyf dae, en Henkries-avonture vir vier tot vyf dae. Daar is ook ’n Sendelingsdrift-vlotvaartekspedisie-opsie vir agt dae.

Doen nou navraag en word deel van duisende riviervaart-avontuurlustiges.

Vir meer inligting, skakel ons gerus by 076 606 5614 of stuur e-pos na info@orangeriverrafters.co.za.

Amanzi Trails

amanzi

Amanzi Trails spesialiseer in die koördinering van onvergeetlike avonture vir groepe van alle groottes en ouderdomme. Die Amanzi Trails River Camp is geleë op die noordelike oewer van die Oranjerivier. Dié streek spog met baie trekpleisters soos die ruwe Richtersveld-landskap waarvan die Visrivier-canyon en die Ai-ais-warmwaterbronne deel vorm, wat sorg vir eindeloos asemrowende ervaringe vir besoekers. Om op ’n riviervaart saam met hierdie span te gaan, is vir baie mense ’n lewensveranderende ondervinding. Dié wegbreek na die wildernis sal jou verfris laat sonder 'n sweem van die woelige stadslewe.

Bespreek jou Oranjeriviervaart en begin uitsien na ontspanning by een van hul kampeerterreine.

Vir meer inligting, skakel 021 559 1573, 072 229 4672 of stuur e-pos na info@amanzitrails.co.za. Vir Namibië kan jy 063 297 255 of 021 007 1471 skakel.

besig om te laai... Regstreeks
Pretoria Capitals 108/3
MI Cape Town 159/10
besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 0
West Indies 112/0
besig om te laai... Regstreeks
Marumo Gallants FC 0
Sekhukhune United FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Newcastle United 1
West Ham United 1
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos