GEBORG | Bolandse wynplaas nou top-leefstylbestemming

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Elke huis se stoep en leefvertrek nooi jou uit om agteroor te sit, jou skoene uit te skop en rustig te raak. Hier wil jy net kook en kuier! Foto’s: VERSKAF
Elke huis se stoep en leefvertrek nooi jou uit om agteroor te sit, jou skoene uit te skop en rustig te raak. Hier wil jy net kook en kuier! Foto’s: VERSKAF

Die Boland is welbekend vir sy historiese wynplase, skilderagtige landskappe, majestueuse berge, pragtige valleie en mooi versorgde, geskiedkundige dorpies. Wat kan dan beter wees as om deel hiervan te word deur op ’n bekroonde leefstyllandgoed op die historiese Groot Parys in die Paarl te kom woon?

Groot Parys is ’n ikoniese baken in die Kaapse wynlande en hier, op ’n 14 ha-gedeelte van die plaas wat Jean le Roux in 1692 bekom het – en waarvoor hy in 1699 die titelakte van Willem Adriaan van der Stel ontvang het – is Groot Parys Leefstyl-landgoed vir 50-plussers geleë.

Vanjaar is die landgoed in die veelvuldige residensiële argitektuurkategorie in ’n internasionale eiendomskompetisie, die International Property Awards, as die wenner aangewys. Hiermee ontvang die landgoed erkenning vir sy toonaangewende Kaapse Karoo-argitektuur, wat moderne plaashuisargitektuur versinnebeeld en waarby energiedoeltreffende en omgewingsvriendelike praktyke verweef is.

’n Lieflike landelike leefwêreld

Groot Parys Leefstyl-landgoed se Wingerd Villas en Terra Rossa-terraswonings maak die meeste van hierdie landelike leefwêreld met hul ruim oopplan-leefvertrekke, groot vensters en stapeldeure wat pragtige uitsigte oor goed ontwerpte tuine bied.

Die villas en die terraswonings het ’n gesellige kuierstoep met ’n leiklipgeklede ingeboude braai wat jou uitnooi om agteroor te sit en rustig te raak. Hier wíl jy net kook en kuier!

Die Wingerd Villas I is ontwerp vir die koper wat op soek is na gerief, ruimte en elegansie. Huisgroottes wissel van 199 m² tot 234 m². Hierdie voltitelvillas het drie tot vier slaapkamers en pryse begin by R5 290 000. Slegs ’n paar van dié villas is nog beskikbaar.

Die Wingerd Villas II is spesifiek ontwerp vir die koper wat ’n kompakte woning soek, maar wat steeds moderne en topklas-afwerkings vereis. Huisgroottes wissel van 137 m² tot 185 m². Hierdie voltitelvillas het twee tot drie slaapkamers en pryse begin by R3 349 000.

Die Terra Rossa-terraswonings is gerieflike, praktiese toesluit-en-ry-eiendomme vir diegene wat lief is vir reis. Die terraswonings is ongeveer 131 m² groot. Die deeltitelterraswonings het twee slaapkamers en pryse begin by R3 490 000. Slegs twee van die wonings is nog beskikbaar.

Dié villas stel die elegansie van die Kaapse Karoo-argitektuur ten toon by Groot Parys-leefstyllandgoed. Dit bied ruimte, gerief en elegansie.
Veilige ruimtes word geskep waar jy kan ontspan en herlaai. Die hoofslaapkamers het stylvolle, gerieflike en suite-badkamers
Vir kopers wat ’n voltooide villa wil koop, maar steeds hul eie stempel wil afdruk wanneer dit by die keuse van afwerkings en toebehore kom, is daar verskeie intrekgereedpakkette beskikbaar.

Verskeie intrekgereedpakkette is beskikbaar vir kopers wat ’n voltooide villa wil koop, maar steeds hul eie stempel wil afdruk wanneer dit by die keuse van afwerkings en toebehore kom.

Inwoners het toegang tot tuisversorgings- en kliniekdienste. Verder bied een van Suid-Afrika se top-gesondheidsorgverskaffers verskeie versorgingskeuses wat pasgemaak kan word volgens die behoeftes van elke inwoner.

Die versorgingsentrum en veeldoelige klubhuis sal later in Fase 2 gebou word. Die klubhuis gaan onder meer ’n swembad, biblioteek, vergaderinggeriewe, koffiehoekie, gimnasium, pragtige tuine en voetpaadjies insluit. Meer nog, omdat Groot Parys Leefstyl-landgoed in die Paarl geleë is, beteken dit dat geriewe soos nooddienste, topklas-restaurante, winkelsentrums, gholfbane, ’n internasionale lughawe en Mediclinic-hospitale net ’n hanetreetjie weg is. ’n Bykomende bonus is dat die Clay Cafe@Groot Parys sy deure binnekort in die plaas se historiese buitegeboue en herehuis open, wat ’n verskeidenheid van kindervriendelike kulinêre en kuierervarings na die Paarl bring.

Gemoedsrus, goeie ligging en gedugte verkoopspan

As ontwikkelingsvennoot by Groot Parys Leefstyl-landgoed, gee Annenberg Eiendomsgroep gemoedsrus aan enige koper. Die groep is bekend vir hul suksesvolle kommersiële ontwikkelings oor die afgelope 50 jaar. Andries Louw, ’n direkteur van Annenberg, glo dat hulle met Groot Parys se potensiaal en uitstekende ligging, baie waarde vir eienaars en beleggers ontsluit.

Die suksesvolle eiendomsagentskap Greeff Eiendomme, met Reon van der Merwe as prinsipaal, is by die bemarking van Groot Parys Leefstyl-landgoed betrokke. Hier vorm pa en seun, Marius en Werner Pieters, ’n gedugte verkoopspan.

Ten slotte, is die voordele wat hierdie bekroonde leefstylbestemming aan kopers en inwoners bied, legio en sluit dit gevorderde beveiligingstegnologie, ruim noordfrontleefvertrekke, berguitsigte, praktiese ligging en uitstekende waarde vir geld in.

Vir meer inligting oor die besonderse argitektuur van Groot Parys en hoe jy deel van hierdie wen-landgoed kan word, bel gerus vir Marius by 082 566 0853 of Werner by 082 363 6089, stuur e-pos na sales@grootparysestate.co.za of besoek die webtuiste by grootparysestate.co.za.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos