GEBORG | Brenthurst tel onder toptien groot name

akkreditasie
Brian Butchart is die besturende direkteur by Brenthurst Wealth. Foto: VERSKAF
Brian Butchart is die besturende direkteur by Brenthurst Wealth. Foto: VERSKAF

Bekroonde onafhanklike welvaartbestuurmaatskappy Brenthurst Wealth tel onder die toptien groot handelsmerke in finansiële dienste in Suid-Afrika ná ’n navorsingsverslag deur nuusdiens Daily Investor.

Daily Investor het die bekendste handelsmerke in finansiële dienste wat bekendheid betref, beoordeel en bevind dat Brenthurst die sesde plek beklee, saam met die veel groter Momentum en Stanlib.

Volgens die verslag geniet die groot handelsmerke – wat baie meer aan reklame en bemarking bestee – beter handelsmerk-erkenning as kleiner maatskappye soos 36One en Counterpoint.

“Daar was egter een uitsondering – Brenthurst. Bewustheid van die maatskappy as handelsmerk is baie beter as verwag danksy die direkteur en beleggingstrateeg Magnus Heystek se sterk mediaprofiel en -teenwoordigheid. Die maatskappy het ook ’n goeie aanlyn bemarkingstrategie wat webinare, nuusbriewe en sosiale media insluit. Dit gee bewustheid van die maatskappy nog ’n groter hupstoot,” aldus die verslag.

Brian Butchart, besturende direkteur, sê dit is bemoedigend dat die maatskappy se sterk fokus op kommunikasie met kliënte, wat met projekte op ander platforms gesteun word, doeltreffend is. “Ons het nog altyd gereeld met kliënte kommunikeer, maar het vanjaar weens die markskommelinge, in alle markte en op verskillende gebiede, nog meer gedoen weens die onsekerheid wat markomstandighede geskep het. Terugvoer van kliënte wat betref ons kommunikasie is positief en word ook gesteun deur aanlyn geleenthede, insigte en artikels deur ons span raadgewers,” sê Butchart.

Sue Heystek, direkteur van bemarking, sê Brenthurst se geïntegreerde bemarkingstrategie – wat regstreekse kommunikasie met kliënte, aanlyn aanbiedings, plasings op sosiale media, borgskappe, artikels in vooraanstaande finansiële en sakemedia, asook radio-onderhoude insluit – werp vrugte af.

brent
Bron: Daily Investor

Brenthurst Wealth is in 2004 deur Magnus Heystek, Brian Butchart en Sue Heystek gestig, en het van een kantoor en vier personeellede gegroei tot agt kantore landwyd, ’n internasionale kantoor in Mauritius en 60 personeellede. Die maatskappy bestuur R17 miljard namens kliënte en het die afgelope dekade sterk gefokus op buitelandse beleggings. Vir ’n groot deel van daardie termyn is die teenoorgestelde strategie teen die neiging van ander welvaart- en batebestuurders gevolg – met beduidende sukses.

Die maatskappy bied nou ’n volledige reeks welvaartbestuursdienste aan – beleggings, belasting- en boedelbeplanning, risikobestuur asook eiendombeleggings en hervestiging in Mauritius.

Brenthurst is in 2017 en 2020 as die top-boetiek-welvaartbestuursmaatskappy in Suid-Afrika in die hoog aangeskrewe jaarlikse Intellidex-oorsig van private banke en welvaartbestuurders aangewys, en is vir vyf agtereenvolgende jare as een van die topvyf-boetiek-welvaartbestuursmaatskappye in Suid-Afrika aangewys. In 2022 is al drie die top- finansiële adviseurs in Suid-Afrika lede van die Brenthurst-span.

brenthurst

Sonia du Plessis, hoof van Brenthurst Wealth Stellenbosch, was die eerste wenner van die kategorie vir finansiële adviseurs toe dit in 2019 bekend gestel is. André Basson, hoof van Brenthurst Wealth Val de Vie, het in 2020 die tweede plek beklee. Brian Butchart, besturende direkteur, was in 2020 en 2021 by die topdrie ingesluit en is in 2022 as die wenner aangewys.

Butchart sê die maatskappy het ’n uitstekende span hoogs gekwalifiseerde adviseurs, prokureurs, fidusiêre kenners, bemarkingskenners en administratiewe steunpersoneel. “Verskeie van ons werknemers is besig met verdere studies om by hul reeds wye verskeidenheid finansiële en welvaartbestuurskwalifikasies te voeg. Ons steun hul toewyding en het mense in ons span, wat in junior poste by Brenthurst aangesluit het, wat nou hoofde van ons takke is. Ander wat in administratiewe poste begin het, is besig met studies om welvaartbestuurders te word.”

Die navorsing deur Daily Investor toon dat Allan Gray die bekendste, mees erkende handelsnaam onder Suid-Afrikaanse beleggers is, gevolg deur Ninety One en Coronation.

Van die groter batebestuurders is Futuregrowth, M&G Investments, Stanlib, Fairtree Capital en Nedbank wat volgens die navorsing nie so goed gevaar het wat bekendheid betref nie.

Daily Investor het in Oktober vanjaar meer as 1 000 Suid-Afrikaanse individuele en institusionele beleggers geraadpleeg omtrent hul beleggingskeuses.

Die resultate toon dat Allan Gray die bekendste finansiële handelsnaam is met 32% van deelnemers wat aangedui het dat hulle daardie maatskappy sal kies as hulle vandag ’n batebestuurder moes aanstel.

Ninety One en Coronation was in die tweede en derde plek, met Sanlam en Old Mutual in vierde en vyfde plek.

Kontak Brenthurst Wealth per e-pos by invest@brenthurstwealth.co.za.

Besoek ook hul webtuiste by www.bwm.co.za.

Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos