
Die Suid-Afrikaanse landbousektor het die afgelope paar jaar merkwaardige veerkragtigheid getoon en vars benaderings en ontwrigtende ontwikkelings ingestel om sy potensiaal te hervorm en stewige fondamente vir verdere groei te bou.
Deur juis die uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar in te span om verandering te bevorder, het die waardeketting, van die plaas tot die vurk, ontwikkel om by die unieke omstandighede in Suid-Afrika aan te pas. Innoveerders en ontwrigters kom met oplossings vorendag om struikelblokke te oorkom en doeltreffend te bevorder wat as’t ware die konsep van Suid-Afrikaanse landbou herdefinieer.
Innovering is oral
Insetverskaffers en biotegnici gebruik tegnologie om saad, kunsmis en ander produkte te ontwikkel wat meer veerkragtig en volhoubaar is om groei te verbeter, waarvan sommige Suid-Afrika aan die voorpunt van wêreldproduksie plaas.
Boere speel ’n groot rol om innoverende oplossings te dryf en die beste praktyke te verfyn om grondgesondheid, waterdoeltreffendheid en volhoubare boerderypraktyke te verseker, wat alles op ’n noemenswaardige skuif na volhoubaarheid dui. Nuwe rolspelers ontwikkel produkte wat binne en vertikaal gekweek kan word, en nuwe maatstawwe in volhoubare en innoverende benaderings tot voedselproduksie tot gevolg het.
Netso ontwikkel bemarkingsagente en boere slim en vindingryke maniere om markte meer inklusief te maak, winsmarge te verbeter, inkomste te diversifiseer en ondernemings teen eksterne skokke te beskerm. Landbou-e-handelsplatforms, wat verbruikers regstreeks met produsente verbind, laat boere nie net toe om hul verhaal te vertel nie, maar verbeter ook deursigtigheid en verhoog winsmarge vir produsente.
Logistiek is ’n paar harde houe toegedien en die verbrokkelende infrastruktuur en swak funksionering belemmer die voorsieningsketting. Daar is wel inisiatiewe om die kwessies rakende paaie, hawens en spoorvervoer te takel, die bestuur van die sektor meer vaartbelyn te maak en vervoerkoste te verminder. Selfs die regering ken geld aan dié probleme toe. Miljarde rande is begroot om infrastruktuuruitdagings aan te pak en om die goedkeuringsproses van innovering en ontwikkelings, wat tans aansienlike vertragings veroorsaak, te verbeter.
Revolusionêre finansiering
Belegging in die landbousektor word ook deur ander rolspelers gedryf. Finansiële instellings het slim en pasgemaakte oplossings vir die unieke behoeftes van die landbousektor bekendgestel wat hoogs aanpasbaar en relevant is. Netso stel versekeringsmaatskappye oplossings saam wat by die risiko pas en beter ondersteuning aan landboumaatskappye bied wat met die openbare sektor se swak veiligheidsnet sukkel.
Nedbank verstaan die toekoms van die landboubedryf, die uitdagings en kompleksiteit daarvan wat vooruitsigte kan belemmer, asook die geleenthede wat dit bied alte goed. Nedbank is aan die voorpunt van belegging in innovering en vennootskap met sleutelbelanghebbendes en ontwrigters in die landbousektor.
Deur groter te dink, bied hulle span kundiges in Mpumalanga – onder leiding van streekslandboubestuurders Ivor Meeding en Mduduzi Zenda – innoverende oplossings wat verder as net banksake strek en jou landbou-onderneming ’n groeiende, volhoubare en inklusiewe toekoms kan gee. Ivor het ’n BSc-graad in landbou-ekonomie en veekunde aan die Universiteit van die Vrystaat, tesame met 12 jaar se ondervinding in landboufinansiering. Mduduzi, wat al vir 10 jaar in landboufinansiering werk, het ’n BSc-honneursgraad in landbou-ekonomie en ’n meestersgraad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Met ’n kliëntelys wat landbou-ondernemings in ’n groot verskeidenheid sektore insluit, is die span bedrewe met kontantvloeimodellering en kan innoverende finansieringsterugbetalings- en sekuriteitstruktuuroplossings skep.
Soek jy net nóg ’n finansiële vennoot, of die regte vennoot om jou landbou-onderneming uit te brei? Om meer uit te vind, stuur e-pos na ivorm@nedbank.co.za of mduduziz@nedbank.co.za of besoek hul webtuiste.
- Daneel Rossouw is die funksionele hoof van landbou by Nedbank-verhoudingskanale