GEBORG | Drukbare speletjies vervang skermtyd met meer pret

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bou helderder gedagtes. Besoek die HP Printables-platform om duisende leerwerkblaaie gratis af te laai.
Bou helderder gedagtes. Besoek die HP Printables-platform om duisende leerwerkblaaie gratis af te laai.

Die skoolvakansie is dalk verby, maar interaktiewe leer buite die klaskamer hoef nie te wees nie. Dit is nie altyd maklik om kinders buite die skoolomgewing met aktiewe spel of leeraktiwiteite doenig te hou nie. Ouers het deesdae te kampe met ’n legio afleidings en kinders wat al hoe meer van hul tyd op toestelle deurbring.

Vir ouers wat van die huis af werk, is dit selfs moeiliker om ’n balans te handhaaf tussen die vermaak en opvoeding van hul kinders, omdat hulle ook op daaglikse take en vergaderings moet fokus.

Die HP Printables-platform, ’n gratis webdiens wat duisende aktiwiteitsblaaie, flitskaarte, inkleurblaaie, raaisels en veel meer bied, het ’n kostedoeltreffende, eenvoudige oplossing vir ouers en opvoeders geskep wat kinders tussen die ouderdomme van drie en 12 sal help om hul kreatiwiteit vrye teuels te gee.

Die span het prettige opvoedkundige speletjies versamel wat kinders se aandag van toestelle sal aflei en hulle sal aanmoedig om gehaltetyd te bestee aan kreatiewe spel wat kognitiewe ontwikkeling aanwakker.

Die HP Printables-platform bied verskeie aktiwiteite wat ’n magdom voordele vir kinders van alle ouderdomme inhou:

3–6 jaar

Indien ’n kind teen driejarige ouderdom eenvoudige verhale wat hy reeds iewers teëgekom het, kan herkonstrueer en uitspeel, sal gerigte denke teen vierjarige ouderdom intree en ruimtelike bewustheid skep. Om die proses aan te help, moet ouers toestande skep waar die kind ’n sekere mate van onafhanklikheid het en vir ’n ruk lank alleen kan speel. Dit sal kinders leer om inisiatief te neem en onafhanklikheid ontwikkel.

Speletjies met temas:

Vind Masha – Doolhowe help jou kind om uitvoerende funksionering-vaardighede te ontwikkel, soos om te beplan en verskillende strategieë te oorweeg.

Vind 6 verskille – “Vind die verskil”-aktiwiteite help om visuele waarneming te ontwikkel. Jou kind kan groei en terselfdertyd pret hê!

Voltooi die prentjie – Om maats vir halwe prentjies te vind, gee jou kind se probleemoplossingsvaardighede ’n hupstoot.

Die inkleur van prente help om fyn motoriese vaardighede te ontwikkel. Dit leer kinders ook om kleure te kombineer, asook kunsgereedskap soos kryte, potlode, veltpenne en verf te gebruik. Ouers kan inkleurblaaie van hul kinders se gunstelingkarakters uitdruk om volgens geheue of na willekeur in te kleur.

Inkleur:

Kleur die huis in saam met Masha en vriende – Help jou kind om kleure en syfers te identifiseer. Inkleur is ’n uitstekende manier vir kinders om hulself uit te druk, motoriese vaardighede te ontwikkel en te ontspan.

HP Printables
Die HP Printables-platform bied verskeie aktiwiteite wat voordele vir kinders van alle ouderdomme inhou.

7–10 jaar

Ná sewejarige ouderdom begin kinders komplekse, abstrakte speletjies speel, waarvoor hulle dikwels slegs hul verbeelding gebruik. Daarom moet ouers, in plaas van ’n nuwe speelding koop, kinders eerder aanmoedig om hul eie speelgoed van papier te maak – dit is ’n uitstekende aktiwiteit om hul uithouvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel, en sal jou kind ure lank besig hou.

Kunsvlyt:

HP Printables het ’n groot verskeidenheid kunsvlytaktiwiteite wat ouers kan uitdruk om verveling te voorkom en kreatiewe breine besig te hou.

Skep jou eie bordspeletjie – Kunsvlytaktiwiteite is ’n lekker eenvoudige manier om jou kind se koördinasievaardighede te ontwikkel en die vermoë om te fokus te verbeter. Kinders kry die geleentheid om iets van nuuts af te skep, wat nie net opvoedkundig is nie, maar ook hope pret!

Eko-huis-skattejag – Die skattejag help kinders om nuuskierig te raak oor die oplos van ’n raaisel.

Leer om letters te skryf – Of jou kind besig is om in ’n reguit lyn te leer skryf of meer ingewikkelde take soos die skryf van letters onder die knie te kry, hierdie aktiwiteit sal hul fyn motoriese vaardighede help ontwikkel, asook die vermoë om ’n potlood vas te hou en sonder hulp reguit lyne te trek.

11+ jaar – jong volwassenes

Op hierdie ouderdom verander kinders se vernaamste aktiwiteit van speel na leer. Speletjies se storielyne raak meer ingewikkeld en hulle stel meer belang in speletjies met strenger reëls. Wiskundige speletjies, soos Sudoku, strek die brein en oefen analitiese denke, terwyl blokkiesraaisels die geheue versterk en woordeskat verbeter.

Hoewel drukbare aktiwiteite ’n prettige manier is om jou kind se opvoedingstrajek te stimuleer, is dit nie altyd so kostedoeltreffend nie.

Met die Smart Tank 500-reeks kan jy jou kreatiwiteit lewe gee

Dié klein drukker is ’n lewensredder vir besige ouers op soek na innoverende maniere om hul kinders te vermaak. Jy kan blitsvinnig jou hulpbronne aanvul met toegang tot ’n laekoste-drukker wat tot 18 000 blaaie in wit en swart of 8 000 in kleur, kan druk. Met die HP Smart-app kan jy vanaf enige toestel druk, wat dit uiters gerieflik maak.

Sorg dat jy nie ’n enkele druppel van HP Printables se eksklusiewe inhoud deur jou vingers laat glip nie. Teken hier in op die nuusbrief.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos