
MultiChoice het sy fokus verskuif om beter waarde aan massamark-kykers op goedkoper DStv-bondels te kan bied.
Die groep se sukses hang op die lange duur af van die lewering en beskerming van goeie waarde, veral in die lig van stygende lewenskoste. DStv is dus besig met die implementering van ’n samehangende strategie wat die diens as ’n leefstylvennoot vir sy gebruikers vestig; sy vermaak-ekostelsel uitbrei en betekenisvolle dryfvere vir toekomstige waardeontsluiting ontwikkel.
Dit is alles duidelik uit DStv se aankoop van versekering- en internetplatforms (soos Namola en BetKing), en nou ook ’n skuif na huishoudelike stromingsdienste om groter waarde te kan lewer.
MultiChoice het sy eerste DStv-internetpakkette in 2021 geloods met vaste LTE-hoëspoed-aanbiedings. Dit het kliënte toegelaat om van losstaande data-aanbiedings gebruik te maak of dit teen ’n afslag met ’n DStv-pakket te kombineer.
DStv Internet via Fibre is die volgende reeks vaste LTE-hoëspoed-aanbiedings en is ontwerp om beduidende besparings aan verbruikers te besorg.
Die betaaltelevisiereus bring ’n omvattende alles-in-een-oplossing deur in die stromingswaters te duik en as ’n stromingsverskaffer te herrys.
Vir DStv gaan dit nie daaroor om teen die stroom te probeer swem nie, maar om innoverende oplossings in sy kliënte-aanbod te integreer en so te ontwikkel.
In ’n land waar data duur is (tans ongeveer R78,50 vir 1 gigagreep) en toegang tot die internet steeds relatief beperk is, benodig Suid-Afrikaners toegang tot ’n verskeidenheid aanlyn dienste teen ’n hoë spoed, vanuit die gemak van hul huise, teen ’n bekostigbare prys.
Dít is hoe hulle dit doen
Suid-Afrika se grootste veselnetwerkverskaffers is aggressief besig met die uitrol van vesel in die land, en teiken hoofsaaklik middel- en laeinkomste-huishoudings.
DStv is besig om vennootskappe met hierdie verskaffers te smee om ’n waardevolle produk te verseker.
Bondelaanbiedings is beskikbaar as 24-maand-kontrakte, wat ’n veselpakket met ’n aflaaispoed van tot 25Mbps en oplaaispoed van 10Mbps, asook die versender, insluit.
Die beskikbaarheid van aanbiedings sal afhang van veseldekking in voornemende kliënte se woongebiede.
Wat maak dit anders?
Dit is onmoontlik vir DStv om weg te skram van die feit dat stromingstelevisie miljoene kykers gelok het (en dat DStv Streama, Catch Up en Showmax op die punt van reuse-groei staan), terwyl die getal betaaltelevisiekykers wêreldwyd besig is om te taan.
DStv se Internet via Fibre-aanbod is gerieflik, want jy hoef net een rekening te betaal vir toegang tot veelvuldige platforms soos DStv, Showmax en YouTube.
Daarbenewens is prosesse meer vaartbelyn gemaak sodat jy nie meer bykomende infrastruktuur of installasie (soos ’n satellietskottel) nodig het om inhoud aanlyn te geniet nie. Al wat jy nodig het, is ’n stabiele internetverbinding. ’n Aktiewe DStv-intekening is slegs nodig as jy DStv-kanale wil kyk.
Ná amper twee jaar se ontwikkeling, is DStv se Internet via Fibre-waardeaanbod moeilik om te klop en selfs moeiliker vir verbruikers om te weerstaan!
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.