GEBORG | Fortuner steeds tops

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Toyota Fortuner staan steeds bekend as die koning van Suid-Afrikaanse sportnutsvoertuie.
Die Toyota Fortuner staan steeds bekend as die koning van Suid-Afrikaanse sportnutsvoertuie.

Die Toyota Fortuner is die koning van Suid-Afrikaanse sportnutsvoertuie, en ewe tuis in die stad of in die bos – dis die ideale gesinsmotor om al die mooi plekke in die land te verken en meer oor Suid-Afrika se ryk erfenis te leer.

Die antieke koninkryk van Mapungubwe is geleë teen Suid-Afrika se noordelike grens, waar die magtige Limpopo- en Shasherivier saamloop en Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika se grense aanmekaar raak.

Vandag is dit die tuiste van die roemryke Mapungubwe- nasionale park, maar ’n duisend jaar gelede was dit die vesting van die subkontinent se eerste inheemse koninkryk. Geleë op vrugbare grond geseënd met goud en ivoor, het sy strategiese ligging die koninkryk in staat gestel om met Indië en China handel te dryf vir omtrent 400 jaar – van 900 n.C. tot 1300 n.C.

Daar is min motors wat só gepas is om dié Unesco-wêrelderfenisgebied te verken as die opgegradeerde Toyota Fortuner.

Die ruim kajuit het gemaklike leersitplekke met ’n dubbelsone-klimaatbeheerstelsel en ’n JBL Premium-klankstelsel met 11 luidsprekers in die vertoonmodel.

“Ons model, die spoggerige 2,8 GD-6 VX Fortuner 4x4, het moeiteloos plek gehad vir ál ons bagasie en fietsry-gereedskap nadat ons die twee sitplekke in die derde ry platgeslaan het,” sê Pierre Steyn, wat die motor op ’n toetsrit geneem het.

“Ons was op pad om aan die Tour de Tuli deel te neem – die ikoniese 270 km lange fietsrytoer wat in Mapungubwe begin en eindig, en ente deur Zimbabwe en Botswana insluit.

“Dis ’n moeisame ses ure se ry (520 km) van Johannesburg na Mapungubwe, maar die Fortuner het dit maklik gemaak te danke aan die 2,8 l-GD- 6-enjin wat 150 kW krag verskaf en 500 Nm se wringkrag. Die N1 tussen Johannesburg en Polokwane is berug vir sy spoedlokvalle en verkeerskameras; dus het ons eenvoudig die radar-toegeruste spoedreëlaar ingespan om binne die spoedbeperking te bly. Wanneer die radar optel dat ’n kar voor jou stadiger ry, verminder die Fortuner outomaties spoed om ’n veilige volgafstand te handhaaf.”

Die ruim kajuit met sy gemaklike leersitplekke is onlangs opgegradeer na ’n dubbelsone-klimaatbeheerstelsel en ’n JBL Premium-klankstelsel met 11 luidsprekers in die vertoonmodel. Apple CarPlay- of Android Auto-funksionaliteit laat jou toe om al jou foon se apps, byvoorbeeld vir navigasie en musiek, via die 8 duim-vermaakstelsel te beheer.

Op grondpaaie in die nasionale park het die Fortuner bewys dat dit meer as die naam 4x4 werd is tydens ’n wildkyk-rit.

“Die 80 l-brandstoftenk het ons ongeveer 900 km laat ry voordat ons weer moes brandstof ingooi. Die Fortuner gebruik net meer as 8 l per 100 km op die oop pad. Op die grondpaaie in die nasionale park het die Fortuner weer gewys hy is meer as die naam 4x4 werd, toe ons wild gaan kyk het ná die fietstoer. Dis maklik om te verwissel tussen 2WD, 4WD en 4WD Lo, en die agterste ewenaar kan aangeskakel word met die druk van ’n knoppie as dinge steil en rof raak.

“Die VX-model is verder verbeter met ’n blindekol-moniteringstelsel en agterste kruisverkeerwaarskuwingstelsel wat veral handig is as jy in trurat by ’n parkeerterrein moet uitry en voetgangers of ander karre jou pad kruis. ’n Stewige, betroubare dog gemaklike en stylvolle motor soos die Toyota Fortuner verminder beslis die stres van ’n lang rit soos die een wat ons onderneem het. Dis maklik om te sien waarom dit steeds die topverkopervoertuig in sy afdeling is.”

Toyota Fortuner 2,8 GD-6 4x4 VX 6AT
  • Enjin: 2 799 cc-turbodiesel
  • Krag: 150 kW @ 3 000-3 400 r.p.m.
  • Wringkrag: 500 Nm @ 1 600-2 800 r.p.m.
  • Ratkas: sesspoed-outomaties
  • Brandstofverbruik: 7,9 l/100 km
  • Grondvryhoogte: 279 mm
  • Sleepkapasiteit (gerem): 3 300 kg
  • Naderingshoek: 29°
  • Vertrekhoek: 25°
  • Waarborg: 3 jaar/100 000 km
  • Diensplan: 9 dienste/90 000 km
  • Dienssegmente: 10 000 km
  • Prys: R890 900

Die VX-model is verder ook verbeter met ’n blindekol-moniteringstelsel en agterste kruisverkeerwaarskuwingstelsel.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos