GEBORG | Gauteng-onderwys: 2023 aanlyn toelatingsplasings begin in Oktober

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die aanlyn registrasie vir 2023-aansoeke sal van 3 Oktober tot 31 Oktober 2022 oop wees vir Gauteng-skole.  Foto: VERSKAF
Die aanlyn registrasie vir 2023-aansoeke sal van 3 Oktober tot 31 Oktober 2022 oop wees vir Gauteng-skole. Foto: VERSKAF

Ouers en voogde wat aansoek gedoen het vir graad 1 en/of graad 8 gedurende die 2023 Aanlyn Registrasie-aansoektydperk, sal van 3 Oktober 2022 tot 31 Oktober 2022 SMS’e ontvang met aanbiedings vir plasings.

Ouers moet die plasingsaanbod binne sewe skooldae aanvaar.

Aanbiedings sal gestuur word na die selfoonnommers wat ouers vir hul aansoeke gebruik het, en hulle word dus gewaarsku om nie die nommers te verander of te verloor nie.

Ouers en voogde word aangeraai om tot die plasingstydperk te wag vir aanbiedings.

Plasingskriteria

Ouers en voogde wat gedurende die 2023 Aanlyn Registrasie-aansoektydperk vir graad 1 en/of graad 8 aansoek gedoen het, word herinner dat die volgende plasingskriteria in volgorde van voorkeur oorweeg word:

1. Woonadres binne die voedingsgebied

2. Sibbe

3. Werkadres

4. Binne 30 km-radius

5. Buite 30 km-radius

Aansoeke vir graad 1 en/of graad 8 wat gedoen is sonder om die nodige dokumente in te dien of op te laai, sal as onvolledig beskou word en sal eers van 1 Desember 2022 tot 15 Desember 2022 plasingsaanbiedings ontvang by skole waar daar nog plek beskikbaar is.

Moenie paniekerig raak nie

Nadat hulle tydens die 2023 Aanlyn Registrasie-aansoektydperk vir graad 1 en/of graad 8 aansoek gedoen het, moet ouers en voogde tot die plasingstydperk wag vir SMS’e met plasingsaanbiedings.

Die plasingstydperk is van 3 Oktober 2022 tot 31 Oktober 2022.

Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.65
+0.4%
Rand - Euro
17.74
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,751.18
-0.4%
Silwer
21.22
-1.1%
Palladium
1,857.14
+0.0%
Platinum
979.66
-0.4%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos