
Die feestyd staan stadig maar seker nader – daar is presies 55 dae oor voor Kersfees! Dit is nou die ideale tyd om te wikkel met geskenk-idees vir jou geliefdes.
Hier is ’n paar fantastiese opsies om jou te help met die soektog na die ideale geskenk:
1. Emthunzini Hats
Emthunzini bied die beste hoede onder die son! Dit is die volmaakte modebykomstigheid om jouself en jou gesin dié somer teen die son te beskerm. Hierdie frommelbestande en reisvriendelike hoede maak maklik skoon en dit word deur Cansa ondersteun omdat dit die maksimum beskerming van UPF50+ teen die somerson bied. Pryse beloop R499 tot R1 299. Jy kan nou na hartelus jou gunsteling-Emthunzini-hoed aanlyn gaan uitkies of kry dit by uitgesoekte winkels.
2. Mini-Me
Is daar ’n naderende verjaardag, troue of korporatiewe geselligheid op jou kalender? Of wil jy iemand sommer net verras met ’n verpersoonlikte en unieke geskenk? Slaan die voorspelbare geskenke oor en bou maklik jou eie Mini-Me-miniatuurfiguur. Rond dit af met ’n staander of kies die oulike sleutelhoueropsie. Op Mini-Me se webtuiste kan jy deurduisende unieke miniatuurfiguur-items uitsnuffel en hul pasmaak-MiniFigure Builder gebruik om die volmaakte geskenk vir enige iemand te skep. Hulle bied ook ’n vinnige omkeertyd van twee tot vier dae en aflewering oral in Suid-Afrika. Gebruik die kode "Net15" vir 15% afslag.
Begin vandag nog!
3. Willow Creek
Met die feestyd om die draai, is dit die ideale tyd om vriende, familie en kollegas te bederf met Willow Creek Olive Estate se bekroonde produktereeks. Daar is iets vir almal en dit is nie net tot olyfolie beperk nie. Een van Willow Creek se wenners is die Balsamic Reduction-vierpakgeskenkstel met drie balsemiekasynreduksies in verskillende geure. Dit is beskikbaar in die oorspronklike vorm of ’n suikervrye opsie. Elke stel bevat ook ’n baie besonderse granaatslaaisous.
Klik hier vir die Balsamic Reduction Gift Set.
4. Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2019
Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2019 is die volmaakte geskenk vir ’n wynversamelaar of iemand spesiaal. Die fluweelagtige, ryk tekstuur van hierdie wyn beklemtoon die absoluut moeitelose en perfekte balans tussen vrugsuiwerheid en die gewig van die tanniene. Daar is ’n sweem van donker bloubessie, rooibessie en fynbos wat hierdie klassieke Stellenbosch-cabernet sauvignon afrond met ’n verfrissende varsheid.
5. GrootCecil-braailemme
’n Braailem is nie sommer net nog ’n vleismes nie, maar ’n lem vir ’n meester. GrootCecil-lemme bied handgemaakte braailemme, toebehore en snyplanke sonder fieterjasies vir braai- en kampmeesters wat van geharde eenvoud hou. Hierdie lemme kán werk en is gesmee om jou ’n leeftyd te hou. Dit is die perfekte geskenk vir ’n spesiale persoon en sluit die opsie vir gravering in, asook puik naverkoopdiens. Besoek GrootCecil aanlyn of gaan kuier om hul digitale braaivleisvuur by Facebook @grootcecil of Instagram @grootcecil.
6. Bloom Space-dagboeke
Bloom Space bied dagboeke met ’n daaglikse, weeklikse en maandelikse beplanning-afdeling, asook inspirerende aanhalings en Bybelverse. Daar is pragtige kunsdetail en -elemente op elke bladsy vir daaglikse inspirasie. Die dagboeke is beskikbaar in Engels en Afrikaans.
Elke dag het ’n afdeling vir daaglikse doelwitte, notas en jou doenlysie. Jy kan jou dag beplan en/of ’n joernaal hou. Onderaan elke bladsy is daar ’n puntsgewyse joernaalstyl-afdeling vir “dankbaarheid” om te fokus op die positiewe gebeure in jou dag. Daar is ook ’n kalender in. Die dagboek het ses verskillende voorblad-kunswerke om van te kies.
Begin 2023 met ’n georganiseerde en geïnspireerde ingesteldheid.
7. Funky Ouma-kaneelsuiker
Kikker ontbyt of middagete op met hul nuwe kaneelsuiker... dit doen beslis die truuk! Suiker en speserye maak alles mos lekker. Funky Ouma het nou ’n heerlike kaneelsuiker by hul reeks gevoeg! Dit is ’n goeie suiker- en/of spesery-alternatief vir jou pannekoeke, crêpes, gekookte hawermoutpap, vrugtedrankies en sago. Kikker jou grondboontjiebotter-en-piesang-roosterbroodjie op met ’n strooisel Funky Ouma, of sprinkel dit oor jou cappuccino of chai-tee.
8. Your Fine Lines
Dink aan jou mees spesiale oomblik, jou gunsteling-persoon, jou gunsteling-troeteldier of jou gunsteling-plek ... Wat sou die beste manier wees om hierdie kosbaarhede te koester? Your Fine Lines spesialiseer daarin om hierdie belangrikhede in jou lewe op ’n unieke manier vas te vang. Om sakpas-geskenke met ’n sterk persoonlike aanslag te skep, is hul forté. Geskenke wat werklik iets sal beteken vir die persoon aan wie jy dit gee, is waaroor hulle passievol is.
Volg Your Fine Lines op Instagram by @yourfinelinesillustrations vir meer inligting.