GEBORG | Hoekom ’n MBA by die NWU Besigheidskool?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
nwu
Wil jy dalk jou MBA-kwalifikasie voltooi? Oorweeg gerus om dit by Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool te doen.

Herontdek jou toekoms met ’n MBA-kwalifikasie van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool. Hier sal jy kan wegstap met sakevaardighede, internasionale akkreditasie en baanbrekersnavorsing.

By die NWU Besigheidskool het hulle ’n goeie balans van teorie en praktyk sodat ’n holistiese leerervaring geskep kan word wat jou voorsien van insiggewende sakevernuf, die vermoë om jouself te bestuur en ander te lei.

Met een voet geplant in die sakesektor en die ander stewig geplaas in die akademie, beskik die NWU Besigheidskool oor programme wat relevant is vir studente en bedryfshoofde. Hier word vaardighede ontwikkel terwyl huidige ekonomiese uitdagings aangespreek word.

Hul vlagskip MBA-program is geakkrediteer deur die Internasionale Vereniging van MBA’s. Hulle streef daarna om hul studente die voorsprong te gee in ’n voortdurend veranderende sakeomgewing.

“Die wyse waarop ons MBA-graad gestruktureer is, sorg dat ons studente meer as net ’n kwalifikasie ontvang. Dit is ’n lewensveranderende ervaring. Gegradueerdes is toegerus om die kompleksiteite en druk van die moderne wêreld te hanteer,” sê dr. Johan Jordaan, MBA-programleier.

Hul MBA-studente neem deel aan ’n baie besonderse maatskappy-projek in hul finalejaar. Hierdie projek omsluit die hele MBA-kurrikulum en word in die laaste semester van die MBA-studie aangebied. Dié maatskappy-projek verskil van ander besigheidskole in Suid-Afrika deurdat dit die MBA-kurrikulum op ’n baie praktiese wyse aanspreek. Die studente maak gebruik van ’n bestaande maatskappy as ’n gevallestudie waar hulle dan praktiese navorsing oor die maatskappy doen. Hul dosente tree as mentors op en die studente bied hul bevindinge aan voor ’n evalueringspaneel.

Nie alle MBA-kwalifikasies word gelyk geskape nie. Die MBA-kwalifikasie van die NWU Besigheidskool bied kritiese denke, leierskapontwikkeling en ’n eiesoortige ervaring wat min ander besigheidskole in die wêreld kan bied. Party mense beskryf hierdie MBA as “superieur”, maar hulle nooi jou uit om self te kom uitvind.

Vir meer inligting, besoek gerus die webtuiste deur hier te klik.

NWU

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 92/4
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10 & 183/2
New Zealand 329/10 & 326/10
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.40
-0.0%
Rand - Euro
16.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.96
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos