GEBORG | Kies só die beste aftree-opsie

akkreditasie
Warm-toned portrait of diverse group of senior peo
Dit is belangrik om deeglik huiswerk te doen voordat jy 'n aftreeoord kies.
iStock

Om hul neseiertjie goed te bestee soek baie pensioenarisse ’n gerieflike aftreeoord waar hulle hul goue jare kan uitleef.

Dit is dus belangrik om deeglik huiswerk te doen voordat jy kies.

Just SA, ’n spesialis in aftree-inkomste, het ’n paar jaar gelede reeds bevind dat pensioenarisse kan verwag om byna twee keer meer vir private tuisversorging te betaal as wat dit sal kos om in ’n middelmark-aftreeoord te huur.

Volgens hulle is daar ook ’n duidelike verskil in die bekostigbaarheid van basiese teenoor bo-mark-aftreehuise in Suid-Afrika.

Paul Rosenbrock, direkteur van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Afgetredenes (SAVA), lys ’n paar goed waarna jy moet kyk wanneer jy ’n aftreeoord oorweeg.

Hier is 12 belangrike dinge om in ag te neem wanneer jy jou keuse maak:

1. Die keuse om na ’n oord toe te trek, moet deel wees van jou aftreebeplanning.

2. Mediese geriewe en die nabyheid daarvan, moet in ag geneem word.

3. Jou begroting moet stygende kostes soos heffing-verhogings insluit (± 8% tot 10% per jaar).

4. Soort eienaarskap (eietitel, deeltitel, lewensreg of huur) met die voor- en nadele daarvan vir jou persoonlike omstandighede.

5. Maak seker jy kies ’n omgewing waarmee jy vertroud en gelukkig is. Om agter ’n “droom” aan te trek kan traumaties wees as jy eers die nuwighede daarvan afgeskud het.

6. Probeer nabyheid aan winkelsentrums, gereelde beskikbare vervoer en bereikbaarheid wanneer jy nie langer kan bestuur nie, ook in ag neem.

7. Waar kinders en familie woon, moet nie jou motivering wees nie. Jy hoef nie noodwendig te trek of emigreer nie.

8. Langtermynprojeksie moet liefs die finansiële implikasies in ag neem van ’n lewensmaat wat sterf en die baie hoë langtermyn mediese koste wat moontlik daarmee gepaard kan gaan.

9. Onthou om reserwes vir onvoorsiene gebeurtenisse in ag te neem.

10. Vergeet liefs van erflatings – eiendom wat jy koop, is in eie reg reeds ’n erflating.

11. Verstaan dat jy in jou gevorderde jare baie minder leefruimte nodig sal hê.

12. Maak dit eerder ’n familiebesluit. Dis nie maklik nie, maar die beste vir almal oor die langtermyn.

Kyk wat beskikbaar is binne dié riglyne en maak jou keuse nadat:

• jy die beskikbare plekke persoonlik besoek het;

• met inwoners daar gepraat het;

• seker gemaak het jy verstaan al die fynskrif in dokumente;

• vooraf met jou prokureur gepraat het;

• seker gemaak het jy kry die afgelope paar jaar se state om te kan bestudeer, en

• al die inligting gelees het wat nie deel van die koopkontrak vorm nie.

• Lees veral die huisreëls.

Onthou dat aftrede nie noodwendig ’n enkele gemaklike proses is nie, daar sal waarskynlik ook heelwat sinkplaatpad van verskeie soorte (veral gesondheid) wees wat mens sal moet aanspreek

Hier is ’n paar aftreeoorde om na te kyk:

GEBORG

Kokanje-aftreeoord

Die keuse van lewensreg as aftree-opsie word reeds vir jare wêreldwyd deur afgetredenes verkies. Hierdie opsie hou verskeie voordele vir die afgetredene in. Die afgelope 37 jaar het die Kokanje-aftreeoord in Modimolle hierdie aftreemodel vervolmaak. Afgetredenes bekom teen betaling van ’n markverwante prys ’n lewenslange, versekerde verblyfopsie in ’n gemoderniseerde woning.

In Kokanje word nie slegs na liggaamlike welsyn omgesien nie, maar geniet die totale menswees van inwoners aandag. Kokanje se bekostigbare, puik 24-uur-versorgingsdiens is alombekend. ’n Ondersteuningsdiens gelewer deur opgeleide personeel word sewe dae per week aan inwoners gebied om sodoende te verseker dat hulle so lank as moontlik in die gerief van hul eie woning kan woon.

Bougainvilla-aftreeoord

Bougainvilla-aftreeoord

Bougainvilla-aftreeoord is geleë in Montana Tuine, Pretoria. Die oord spog met ’n heerlike klimaat en goeie beveiliging, en is naby aan winkels, hospitale en die N1. ’n Gemeenskap van 700 inwoners gaan tuis in 298 huise en 238 woonstelle met alle geriewe soos ’n haarsalon, koffiewinkel, braaiplek, kiosk, skoonheidsalon, parkies, sorgsentrum, kombuis, wassery, kliniek en baie meer. Daar is ’n gratis interkomstelsel tussen eenhede en almal is WiFi-gereed en met ’n paniekknoppie toegerus.

Inwoners kan uitsien na gereelde vermaak, kerkdienste, Bybelstudie, danse, sangers, sportaktiwiteite, straatbraaie, tema-dae, kaas en wyn, sop en sjerrie en baie ander. Dit is so lekker hier, jy sal alreeds wil intrek as jy 50 is!

Flower Foundation-aftreeoorde

Flower Foundation Retirement Homes is ’n niewinsgewende organisasie gestig in 1963 met die doel om aan afgetredenes (55 plus) ’n leefstyl te bied wat nie net veilige verblyf insluit nie, maar ook finansieel sin maak. ’n Lewenslange vennootskap word gevorm met ’n organisasie met 59 jaar ervaring in die aftreebedryf.

Flower Foundation het 13 oorde en sorgsentrums regoor Johannesburg. Elke oord het eiesoortige kenmerke met ontspanning- en leefstylopsies. Die oorde bied sakpasverblyf vir onafhanklike, aktiewe inwoners en bekostigbare sorg vir inwoners wat bystand benodig met daaglikse aktiwiteite asook 24 uur-verpleegsorg vir dié wat meer hulp benodig. Flower Foundation beskik ook oor ’n gespesialiseerde demensiesorgeenheid. Alle sorgeenhede bied dagsorg, tydelike verblyf en palliatiewe (eindtoestand) sorg.

Renishaw Hills

Renishaw Hills

Van nuwe begin tot opwindende nuwe hoofstukke, bied Renishaw Hills die perfekte omgewing om die somer van jou lewe te geniet. Geleë in die middel van die ongerepte suidkus van KwaZulu-Natal, gee die gevestigde dorpie jou die geleentheid om die vakansieleefstyl te ervaar terwyl jy die beste van binne- en buitelewe vier, net soos Moeder Natuur dit bedoel het.

Met baie om te sien en selfs meer om elke dag te doen, hou die pragtige ligging, florerende gemeenskap en besige kalender die gees en liggaam aktief sodat jy vir ewig jonk kan bly! Om ’n huis in Renishaw Hills te besit, beloof ’n paar belowende winste in terme van finansies, geluk en jou lewe oor die algemeen.

besig om te laai... Regstreeks
Durban Super Giants 0
Sunrisers Eastern Cape 30/2
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos