
Standard Bank UCount-lede sal nou R10* per liter aan brandstofbesteding terugkry wanneer hulle by ’n Caltex-vulstasie volmaak, wat in wese beteken dat klante nou by Caltex hul tenk kan volmaak teen dieselfde brandstofprys as wat hulle in 2018 betaal het!
Brandstofpryse het oor die afgelope aantal maande gestyg. Van Januarie tot Julie vanjaar het die prys van loodvrye 95-oktaan in Gauteng van R19,61 per liter tot R26,74 per liter toegeneem – ’n styging van 36,4% in net ses maande. Motoriste het onlangs ’n mate van verligting by die vulstasie ontvang ná ’n brandstofprysdaling, en verdere verlagings word in September verwag, maar hierdie verlagings kan deur stygende oliepryse en ’n swakker rand beïnvloed word.
Uit erkenning van die uitdagings wat verbruikers in die gesig staar, gee Standard Bank deur sy bekende en gewilde UCount-beloningsprogram aan lede die geleentheid om meer beloningspunte te verdien wanneer hulle by deelnemende Caltex-vulstasies regoor die land volmaak.
Vanaf 16 September 2022 kan Standard Bank UCount-lede tot R10* per liter brandstof of olie in die vorm van beloningspunte verdien wanneer hulle hul kwalifiserende Standard Bank-krediet-, tjek- of debietkaarte by deelnemende Caltex-vulstasies regoor die land gebruik. Elke UCount-lid kwalifiseer om hul beloningspunte met brandstofaankope te verdubbel, ongeag die vlak van B’s, V’s en kwalifiserende gedrag wat van toepassing is.
“Die realiteit is dat jy, ondanks dalings in die brandstofprys, steeds baie meer moet opdok om jou tenk vol te maak as wat die geval aan die begin van verlede jaar was,” sê Fayelizabeth Foster, hoof van lojaliteit en belonings by Standard Bank. “Die hoë koste van brandstof het ’n uitwerking op ander gebiede in die ekonomie gehad, en dit het bygedra daartoe dat die pryse van kruideniersware en noodsaaklikhede aansienlik gestyg het. Gevolglik voel Suid-Afrikaners finansieel ernstig die druk en is jy op soek na waarde vir geld en maniere om geld te spaar.”
“By Standard Bank streef ons altyd daarna om met nuwe maniere vorendag te kom waarop ons waarde tot ons kliënte se lewens kan toevoeg,” sê Foster. “Ons verstaan dat die huidige ekonomiese situasie bykomende druk op verbruikers plaas en hul algemene welsyn beïnvloed. Ons wil help om die las te verlig waar ons ook al kan. Die nuwe dubbel-ooreenkoms van ons UCount-beloningsprogram is een manier waarop jy meer punte kan verdien en meer kontant kan terugkry wanneer dit regtig saak maak.”
Neem jou koopkrag terug
Dit is tyd om jou koopkrag terug te neem. Om by die Standard Bank UCount-beloningsprogram aan te sluit, besoek ucount.standardbank.co.za/personal of skakel 0860 82 68 68. Jy kan ook aansluit deur die Standard Bank-toepassing af te laai of loer by jou naaste tak in om dadelik jou UCount-beloningskaart te kry.
“Hetsy jy wil besnoei op besteding of die beste moontlike transaksie wil vind, die nuwe UCount-beloningsamewerkingsooreenkoms met Caltex en Makro het ten doel om jou te help om die beste waarde vir geld te kry wanneer jy jou geld op ’n ononderhandelbare item soos brandstof bestee. In vandag se moeilike ekonomiese klimaat help elke bietjie,” voeg Foster by.
* B’s & V’s geld
** Om hiervoor te kwalifiseer, moet UCount-lede ’n Makro-mCard hê, R500 per maand by Makro bestee, by Caltex volmaak en ’n aktiewe lopende rekening by Standard Bank hê sowel as twee ander Standard Bank-produkte. Besoek www.ucount.standardbank.co.za/personal/earn-points/how-to-earn-points/fuel-rewards/ vir meer besonderhede.