
’n Welkombonus van R12 000 in jou heffingsrekening wag op jou as jy ’n kontrak vir ’n voltooide huis by die Bateleur-landgoed teken voor 31 Desember 2022.
In die hartjie van die Laeveld vind jy die asemrowende Bateleur-leefstyllandgoed wat oor 200 hektaar strek. Dit bied jou die sorgvrye leefstyl waarvoor jy so hard gewerk het, boonop met die Wildtuin op jou voorstoep. Die uitsonderlike ligging in ’n veilige plattelandse omgewing maak dit jou ideale tuiste met al die ondersteuningsdienste wat jy mag nodig kry.
’n Aktiewe buitelugleefstyl word aangemoedig in hierdie natuurlike eden aangevul met die gemoedsrus van wêreldklas-versorgingsgeriewe en soveel meer. Verder word ’n gevoel van ruimte en kalmte geskep deur 60 ha ongerepte groenstroke wat verspreid voorkom.
Elke Bateleur-eienaar se dag-tot-dag-behoeftes word met sorg aangespreek. Die vriendelike en hulpvaardige personeel se hande staan vir net mooi niks verkeerd nie.
Eindelose inisiatief word ingespan om inwoners moeiteloos te help om tyd saam met familie en vriende deur te bring, stokperdjies te beoefen, of sommer net sorgvry te leef!
Eenhede is toegerus met bystandkrag tydens kragonderbrekings om te verseker dat niemand in die donker gelaat word nie. Sonpaneelgeisers en gasstowe is standaard en moedig slim energieverbruik aan.
Tuisversorging, tuindienste, veiligheidstelsels met paniekknoppies en ’n optieseveselnetwerk is net ’n paar van die ondersteunende dienste tot die beskikking van Bateleur-inwoners.
Die veiligheidspan sal selfs seker maak dat die inwonende mamba verwyder word indien hy besluit om by jou te kom inloer!
Kleinkinders kan na hartelus kom kuier en kommervry gaan visvang, piekniek hou of die vele wandelpaaie verken.
Bateleur bied die ideale gematigde klimaat om winters en somers tot die maksimum te benut.
Nelspruit, met verskeie inkopiesentrums, mediese en sosiale geriewe, is slegs 65 km vanaf die Kruger Nasionale Park waar Bateleur-inwoners elke naweek kan gaan uitspan.
Met meer as 30 jaar se ondervinding in residensiële ontwikkelings, het die ontwikkelaar al verskeie gesogte ontwikkelings gevestig in die Laeveld, insluitend Boulders Estate, De Hoek, Heuwelsig, Berg ’n Bos en vele meer.
Bateleur-leefstylandgoed is geen uitsondering nie en bied ’n uitmuntende residensiële omgewing wat waarde ontsluit vir elke eienaar en belegger.
Hiér skep jy jou droomhuis met die leefstyl waarvoor jy so lank gewag het.
Besoek Bateleur-leefstyllandgoed by https://www.bateleurestate.co.za/ of https://www.facebook.com/BateleurEstate