GEBORG | Matrikulant van die Jaar gaan groot!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Finaliste van verlede jaar tree vanjaar volgens tradisie as chaperones op tydens die eindronde op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein. Van links voor is: Zelmi Marx (Vonkelpersoonlikheid 2021), Kgosatsana Mabalane (kultuurwenner), Marzanne van Heerden (sportwenner) en Khahliso Mokitimi. Agter van links is Zelmé Heyns, Thando Bhembe, Niël van der Walt (Matrikulant van die Jaar 2021), Riandré Nel, Duan Maritz, Rianette Kemp en Isa-mari van den Berg.Foto: SISKA MARTIN
Finaliste van verlede jaar tree vanjaar volgens tradisie as chaperones op tydens die eindronde op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein. Van links voor is: Zelmi Marx (Vonkelpersoonlikheid 2021), Kgosatsana Mabalane (kultuurwenner), Marzanne van Heerden (sportwenner) en Khahliso Mokitimi. Agter van links is Zelmé Heyns, Thando Bhembe, Niël van der Walt (Matrikulant van die Jaar 2021), Riandré Nel, Duan Maritz, Rianette Kemp en Isa-mari van den Berg.Foto: SISKA MARTIN

Die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad moes verlede jaar onder streng Covid-19-maatreëls plaasvind nadat dit in 2020 afgestel is.

Nietemin was die eindronde in Bloemfontein ’n geleentheid wat die klas van 2021 nie gou sal vergeet nie, grootliks vanweë die nuwe vriendskappe wat oor die twee dae gesluit is.

Vanjaar gaan die kompetisie egter groot met ’n eindronde soos min wat van 4 tot 6 Oktober op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein vir die 14 topfinaliste aangebied word.

Hierdie 14 is gekies op grond van hul akademiese prestasie, sport- en kultuurdeelname, asook leierskap. Wanneer hulle egter op 4 Oktober hier aanland vir die finale beoordeling, begin almal gelyk met ’n telling van nul.

Matrikulant van die Jaar
Verteenwoordigers van die borge is deel van die span beoordelaars wat die 14 finaliste tydens die eindronde beoordeel. Verlede jaar se span was van links Leandré Barlow (UV), Rynhardt Smidt (UV), Esmé Aucamp (Kovsie Alumni-trust, sameroeper), Thabiso Moletsane (Absa), Kathy Verwey (Kovsie Alumni-trust), Thinus de Vries (Mazars) en Barbara Nel (onafhanklike beoordelaar).Foto: CHARL DEVENISH

Matrikulant van die Jaar logo

Danksy die borge Kovsie Alumni-trust, Absa, Pick n Pay Preller Walk, Mazars en UV Studentewerwing, is prysgeld en beurse ter waarde van derduisende rande op die spel. Die finale beoordeling geskied, soos in die verlede, onder die wakende oë van Mazars, die kompetisie se amptelike ouditeurs.

Benewens individuele onderhoude met die paneel beoordelaars, beloof die groepsessies om ook pret te verskaf. Die groep gaan ’n bedrywige twee dae hê waarin die ses beoordelaars onder leiding van Esmé Aucamp van die Kovsie Alumni-trust hulle behoorlik deur die toets gaan sit.

Verlede jaar se wenner, Niël van der Walt, en nog tien van verlede jaar se finaliste, gaan vanjaar tyd saam met die finaliste deurbring en inligting en wenke met hulle deel oor die studentelewe en hul voorgenome studie. Hierdie saamkuier dra baie daartoe by dat die nuwe eerstejaars dan die volgende jaar nie heeltemal so vreemd voel wanneer hulle op die kampus aanland nie.


GEBORG

Hoërskool Sentraal

Hoërskool Sentraal

Die Hoërskool Sentaal is in 1905 gestig, en die skool het vanjaar hulle 117de-verjaardag gevier. Sentraal is dié toonaangewende, waardegedrewe en gebalanseerde skool in die Vrystaat. Traliewees is ’n leefwyse, waar hul leerlinge die geleentheid bied om op akademiese, sport- en kultuurgebied hulself te kan uitleef en te presteer. Die uitnemende akademiese prestasies van die leerlinge het weereens Sentraal se kernonderneming, die lewering van hoëgehalte-onderrig, bevestig. Sentraal se koshuis, Eie Haard, is alombekend vir sy uitstaande geriewe, gevoel van tuiswees, en tradisies. Die leerlinge, personeel en ouers se ywer, harde werk en trots maak hulle die hartklop van Sentraal. Saam maak hulle die leuse, werk en wen, ’n werklikheid. Die Höerskool Sentraal se doelwit is om op hulle suksesse en lesse te bou, en sodoende nog hoër hoogtes te bereik. Dit is waarlik ’n fees om ’n Tralie te wees!

Hoërskool Jim Fouché

Hoërskool Jim Fouché

Die Hoërskool Jim Fouché is ’n waardegedrewe skool met geloof en integriteit as fondament. By Jim Fouché fokus hulle op geheelmensontwikkeling wat vir elke kind die geleentheid bied om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel, hetsy op sport-, kultuur- of akademiese gebied. Hulle streef dus daarna om gebalanseerde en emosioneel gesonde jongmense die wêreld in te stuur, wat ’n betekenisvolle verskil sal maak waar hulle ook al gaan.

By Jim Fouché glo hulle dat gelukkige kinders presteer en word daar met liefde en passie gesaai, en leiers geoes.

Hoërskool Middelburg

Middies is ’n klein skooltjie in die hart van die Karoo. Hier, teen die agtergrond van ’n veilige en beskermde omgewing, help toegewyde opvoeders leerlinge om hul volle potensiaal te bereik. Hulle gee om vir mekaar, help mekaar en ken elkeen se naam. Opvoeders stel belang in die welstand van elke leerling en ’n familie-kultuur word geskep.

Die Hoërskool Middelburg bied aan elke leerling die geleentheid om op akademiese, sport- en kulturele vlak uit te blink. Sosiale ontwikkeling is ook baie belangrik en leerlinge neem gereeld deel aan sosiale aktiwiteite. “Geesbou”-geleenthede word geskep en versterk die gevoel van behoort. Middies bied die geleenthede wat die leerlinge benodig om die lewe ná skool aan te pak. Die skool se leuse is: KARAKTER EN KENNIS. Hulle bou aan elke kind se karakter en kennis gedurende die vyf jaar wat hulle die voorreg het om met die kinders te werk.

St Andrew’s School

St Andrews School

St Andrew’s School skep geleenthede vir seuns om te behoort, want daardie gevoel is van die uiterste belang vir hul identiteit en eiewaarde. Hulle leer om te behoort in onder meer sportspanne, verenigings, koor-, kuns- en dramaklubs. As seuns nie in staat is om ’n gevoel van identiteit en behoort in skole te vind nie, sal hulle dit dan op ander plekke buite die skool soek wat dikwels nie bestuur word nie en lei tot ongewenste gedrag.

By St Andrew’s lê hulle klem op hul huisstelsel. Aangesien hulle ’n klein skooltjie van slegs 740 seuns in gr. 000 tot gr. 12 is, het hulle geleenthede geskep vir die seuns om aan kleiner groepe te behoort – genaamd gesinseenhede binne elke huis. Daar word ook van alle seuns verwag om betrokke te wees by die oorvloed geleenthede wat by die skool aangebied word. Hulle maak staat op die ondersteuning van ouers om te verseker dat die boodskap oorgedra word – ’n St Andrew’s-seun is ’n betrokke seun.

besig om te laai... Regstreeks
Boland 115/4
Dolphins 115/4
besig om te laai... Regstreeks
Lions 124/4
Titans 0
besig om te laai... Regstreeks
North West 154/4
Warriors 0
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 181/0
England 657/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 598/4 & 29/1
West Indies 283/10
Rand - Dollar
17.35
+1.1%
Rand - Pond
21.30
+0.9%
Rand - Euro
18.29
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.83
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,798.08
-0.3%
Silwer
22.65
-0.4%
Palladium
1,906.48
-2.0%
Platinum
1,026.50
-1.7%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,257
-0.9%
Alle aandele
74,356
-0.9%
Hulpbronne 10
73,765
-2.9%
Industriële 25
91,681
-0.5%
Finansiële 15
15,466
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos