GEBORG | Moenie dat beurtkrag jou konferensie kortwiek nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak seker jou konferensielokaal is gemaklik en ruim, en dat dit ook ingerig is vir wanneer daar beurtkrag is. Foto: ISTOCK
Maak seker jou konferensielokaal is gemaklik en ruim, en dat dit ook ingerig is vir wanneer daar beurtkrag is. Foto: ISTOCK

Vir Suid-Afrikaners is beurtkrag soos ’n doring in die vlees. Dit kan veral ’n hindernis wees as jy ’n konferensie of ’n geleentheid moet aanbied.

Wanneer jy ’n konferensie beplan, kan jy egter sekere maat­reëls vroegtydig in plek sit om te verseker dat jou konferensie seepglad verloop.

Edmund Beukes, eienaar van XL Events, sê eerstens moet jy ’n venue kies wat reeds kragopwekkers het. “Baie van die groot sentrums het almal teen dié tyd kragopwekkers wat outomaties oorskakel. Die ander opsie is natuurlik om jou eie kragopwekker gereed te hê of die konferensie sommer van die begin af van die opwekker af aan te bied. Dit is baie belangrik om te weet watter toerusting van die opwekker se krag af moet werk – soos die kombuis (oonde trek baie krag), LED-skerms en klanktoerusting. Met groter groepe kry ons dikwels twee opwekkers in.”

“Ek het ook al konferensies in die platteland gereël waar ons die middagete eerder op braaivleisvure voorberei het.”

Beukes meen as jy reg beplan, sal beurtkrag jou nie onverhoeds betrap nie. “Met ander woorde, hê altyd ’n opwekker of ander opsies gereed. Die besluit berus natuurlik uiteindelik by die kliënt wat tussen R12 000 en R30 000 moet opdok vir ingeval.”

Hy sê daar is baie slim plannetjies wat jy kan maak, maar jy gaan jou hand in jou sak moet steek en betaal daarvoor!

’n Suksesvolle konferensie

Elouise Cloete, eienaar en besturende direkteur van Shift Ideas, sê ’n goeie konferensieplan is gedetailleerd, maar tog hoogs georganiseerd en maklik om te volg.

“Dit sluit duidelike doelwitte, mylpale en tydlyne in om dit te bereik. Dit dek alles wat jy moet doen voor, tydens en na die konferensie. Die belangrikste is dat die skep van ’n konferensieplan nie ’n een-en-klaar-aktiwiteit is nie – dit is ’n gesamentlike poging wat gereeld hersien en opdateer moet word soos nodig.”

Cloete meen voordat jy jou konferensie begin beplan, is daar ’n paar noodsaaklike keuses wat jy moet maak en take wat jy moet voltooi:

 • Verstaan jou kliënt se doelwitte behoorlik.

 • Kom met ’n werkbare tema en formaat vorendag.

 • Dink noukeurig na oor die formaat van jou konferensie. Sal dit in persoon, virtueel of hibried wees?

 • Identifiseer en kies ’n geskikte lokaal.

 • Stel ’n begroting op.

 • Stel ’n projekbeplanningspan saam.

 • Ontwikkel jou projekplan, identifiseer mylpale en wys take aan sekere spanspelers toe.

 • Kies jou verskaffers en stel diensvlakooreenkomste met sleutelbelanghebbendes in plek.

 • Stel ’n risiko-assesseringsontleding en -plan saam.

 • Kommunikeer regdeur die hele proses. Dit sluit kommunikasie met jou kliënt, jou span en alle verskaffers in.

Volgens Cloete gee ’n goed ontwerpte konferensielokaal ’n soliede eerste indruk.

“Dit moet die handelsmerk, doeltreffendheid en vertroue in die lokaal oordra. Dit moet klankdig wees en gereedskap soos ’n skerm, projektor, ingeboude PA-stelsel, ’n alles-in-een-videokonferensie-oplossing, witborde vir impromptu skryf of teken, skryfbehoeftes en meer in.

“Die kamer moet voldoende natuurlike lig hê, die meubels en die grootte van die meubels wat in die ruimte gebruik word, is die sleutel tot ’n perfekte konferensielokaal. Dit maak voorsiening vir gemak en verlig konferensie-moegheid.”

Cloete sê laastens dat die sukses van ’n geleentheid nie net by die span lê wat dit bestuur nie, maar ook waar die span dit bestuur. “ ’n Venue kan enige geleentheid maak of breek.”


GEBORG

Lagoon Beach Hotel

Die Lagoon Beach Hotel in Milnerton bied sakekliënte en vakansiegangers 229 stylvol toegeruste kamers, asook 53 tweeslaapkamer-woonstelle.

Asemrowende uitsigte op Tafelberg, die stad en die Atlantiese Oseaan gekombineer met direkte toegang tot die strand maak skemerkelkies en etes ook gewild by dié hotel. Die Brasserie-restaurant bied ontbyt, middag- en aandete en die spyskaart is gegrond op trots Suid-Afrikaanse-geregte.

Met 16 konferensie- en onthaallokale en hul toegewyde personeel, bied die hotel verskeie onthaalopsies. Daar is ’n Thaise restaurant op die perseel en die Camelot Spa bied verdere verkwikking vir liggaam en siel.

Vir besprekings, stuur gerus e-pos na sales@lagoonbeachhotel.co.za

Vredenburg Manor

Vredenburg Manor, wat aan die voet van die Helderberg tussen Somerset-Wes en Stellenbosch geleë is, bied ’n verskeidenheid konferensiepakkette, sowel as vergaderkameropsies.

Hulle bied onbeperkte 500 MB-internet sowel as slim interaktiewe televisie- en projeksietoerusting.

Vredenburg Manor het twee lugversorgde konferensiekamers en drie wegbreekkamers. Alle spyseniering word binnenshuis gedoen.

Hulle bied vierster-verblyf vir 14 konferensiegangers. Welige tuine en ’n boma, is perfek vir spanbou.

Vir besprekings, stuur e-pos na events@vredenburgmanor.co.za.

Vir meer inligting, besoek gerus www.vredenburgmanor.com/conferencing/.

Nederburg

Geniet pragtige uitsigte oor welige tuine, groen wingerde en die majestueuse Drakensteinberge wanneer jy jou volgende konferensie of vergadering by Nederburg in die Paarl hou. Uitsonderlike gasvryheid en smaaklike kos (en wyn) is deel van die pakket wanneer jy hierdie goed toegeruste lokaal bespreek. Die uitleg kan aangepas word om ’n verskeidenheid van behoeftes en groepgroottes te akkommodeer. Na gelang van jou smaak, is daar ’n verskeidenheid verversings om van te kies. Etes en drankies kan in die konferensielokale, buite (indien die weer dit toelaat) of in die historiese herehuis bedien word. Besoek www.nederburg.com vir meer inligting.

Kievits Kroon

Kievits Kroon is ’n luukse plattelandse hotel met konferensielokale en ’n spa. Hulle bied moderne konferensiegeriewe wat volledig toegerus is met oudiovisuele toerusting, heerlike kos en professionele ondersteuningspersoneel wat sal verseker dat jou korporatiewe geleentheid ’n dawerende sukses is.

Met 22 binnenshuise lokale en verskeie buitelugruimtes, kan hulle groot konferensies, toekenningsgeleenthede, vergaderings, opleiding- of strategiese sessies aanbied.

Hulle word gereken as een van die topbestemmings vir konferensies in Gauteng en is deur die internasionaal erkende World Travel Awards as een van Afrika se voorste vergadering- en konferensiehotelle genomineer.

Verskeie dag/oornagpakette is beskikbaar.

Vir meer inligting stuur e-pos na yvette@kievitskroon.co.za of reservations@kievitskroon.co.za.

Besoek www.kievitskroon.co.za om meer uit te vind.

Gebruik die promosiekode M242022 om vir afslagtariewe te kwalifiseer.

Ruslamere

Befaamd vir hul uitstekende geriewe, atmosfeer en diens, bied Ruslamere luukse hotelverblyf en vier konferensielokale in die hartjie van Durbanville. Ruslamere is in ’n rustige omgewing geleë en bied geriewe vir beide konferensiegangers en gaste wat net ’n bietjie wil ontspan. Die lokale kan tussen 5 en 60 mense op ’n slag huisves. Daar is oorgenoeg plek vir ’n vinnige wegbreek, gratis parkeerplek en ’n restaurant. Indien jy aan die einde van die dag ’n bietjie wil gesels en saamkuier, bedien die kroeg yskoue Shaggy Stone-vlytbier onder die tent in die tuin.

Vir meer inligting besoek www.ruslamere.co.za.

besig om te laai... Regstreeks
Boland 52/4
Dolphins 6/0
besig om te laai... Regstreeks
Lions 88/3
Titans 0
besig om te laai... Regstreeks
North West 108/4
Warriors 0
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 181/0
England 657/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 598/4 & 29/1
West Indies 283/10
Rand - Dollar
17.39
+0.9%
Rand - Pond
21.35
+0.6%
Rand - Euro
18.31
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.85
+0.8%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.96
-0.3%
Silwer
22.66
-0.4%
Palladium
1,919.00
-1.3%
Platinum
1,030.50
-1.3%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,513
-0.5%
Alle aandele
74,599
-0.6%
Hulpbronne 10
74,081
-2.5%
Industriële 25
92,076
-0.1%
Finansiële 15
15,502
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos