GEBORG | NAMPO Kaap 2022 – Tye van verandering

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jy kan uitsien na hope uitstallers en baie meer by NAMPO Kaap 2022.
Jy kan uitsien na hope uitstallers en baie meer by NAMPO Kaap 2022.

Van 14 tot 17 September 2022 lei alle paaie weer na Bredasdorp vir die jaarlikse NAMPO Kaap Ekspo by Bredasdorp Park.

Besoekers aan NAMPO Kaap 2022 kan uitsien na:

• Meer as 500 uitstallers

• BKB Merino Classic Nasionale Kampioenskappe

• Nasie in Gesprek-besprekings van aktuele onderwerpe

• Nedbank Flora-blommerangskikkings

• Akkerbouproewe en -demonstrasies

• Elim-fynbosuitstalling

• NAMPO Kaap-skoonheidsalon

• Overberg Streeksjeugskou

• Toyota SA Jong Afslaers-kompetisie

• Omnia-boereplanne-kompetisie

• Verskeie demonstrasies, soos skaapskeer, wolverwerking, taksidermie, en vele meer.

Veranderinge aan Bredasdorp Park

Volgens Henk Aggenbach, voorsitter van die Bredasdorp Park-direksie, is daar heelwat veranderinge aan Bredasdorp Park die afgelope twee jaar gemaak. Nie net is daar 72 bykomende uitstalruimtes en nog 4 ha vir besoekersparkering ingeruim nie, die ou perdestalle is omskep in die BKB Vee-afdeling waar die BKB Merino Classic en die Overberg Jeugskou sal plaasvind.

Die Water Wise-sentrum, waar verskeie metodes van grondlose produksie, soos hidroponika en akwaponika, gedemonstreer word, het ook na ’n nuwe, groter tuiste in Bredasdorp Park verskuif. Dit is ’n werkende hidroponiese onderneming en opleidingsentrum in samewerking met die Universiteit Stellenbosch.

Die Santam-ouditorium is ook verander in twee aparte lokale. Die Nasie in Gesprek-sessies sal op die boonste verdieping aangebied word en die lokaal onder word as skoonheidsalon gebruik.

Die Engen 4x4-baan is in 2021 uitgebrei om ’n gevorderde 4x4-afdeling in te sluit. Besoekers sal hier, onder die bekwame leiding van Terrain Tamers, die nuutste 4x4-voertuie van verskillende fabrikate in aksie kan sien.

Overbergse blommeprag

Besoekers aan NAMPO Kaap staan elke jaar verstom oor die indrukwekkende Nedbank-blommerangskikkings en -uitstallings onder leiding van Marjolijn Malan. Die 2022-tema is Netwerk met die Natuur en dit beloof om weereens skouspelagtig te wees.

Vanjaar is daar nóg ’n fees vir die oog tydens NAMPO Kaap met die Elim-fynbosuitstalling in die Shell-gebou. Die groot verskeidenheid en skaars spesies fynbos uit die Elim-streek word in die uitstalling op ’n natuurlike wyse uitgebeeld. Die Elim-opsienersraad is verantwoordelik vir hierdie uitstalling en die teetuin waar besoekers aan kenmerkende Overbergse lekkernye kan smul.

NAMPO
Daar is ook verskeie demonstrasies, soos skaapskeer, wolverwerking en baie meer wees vir besoekers om te geniet.

Gemeenskapsbetrokkenheid

NAMPO Kaap bied plaaslike skole en nie-regeringsorganisasies die geleentheid om met kosstalletjies fondse in te samel. Alle kosstalletjies word behartig deur die skole of organisasies self óf privaat ondernemings wat kosstalletjies bedryf, moet ’n gedeelte van hul wins aan so ’n organisasie afstaan. Daar is heelwat plekke waar besoekers hul honger kan stil en hul dors sal kan les:

• Die Hollard Bistro in die Absa-gebou word deur Huis Klippedrift bedryf.

• Die BKB-teetuin word deur Suideroord-tehuis behartig.

• SRS Kiosk naby die nuwe BKB Vee-sentrum word deur die Hoërskool Bredasdorp hanteer.

• Die teetuin in die Shell-gebou staan onder leiding van die Elim-opsienersraad.

• Die Standard Bank Steakhouse word deur Rûens Kollege bedryf.

• Die Laerskool De Heide en Zoetendal Akademie is nuwe skole wat vanjaar tot die spyseniering tydens NAMPO Kaap toetree.

Jeug en landbou

NAMPO Kaap glo aan die toekoms van landbou en wil daarom graag meer doen om die jeug by landbou te betrek. NAMPO Kaap nooi die jonger generasie dus graag uit om aan die Overberg Streekjeugskou op Saterdag 17 September in die nuwe BKB Vee-afdeling deel te neem. Leerlinge met landbou as ’n skoolvak en ’n belangstelling in landbou as beroep word ook uitgenooi om deel te neem aan die NAMPO Kaap-skoleprogram wat in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied word. Die program sluit onder meer in: vertikale produksiestelsels, akkerbouproewe, diereproduksie, graanbemarking en loopbane in die landbou.

Vir die vroue

Benewens ’n interessante vroueprogram met Jannie Moolman, Sonja de Beer, Elsabe Albrecht en Rico Summers, kan die skoner geslag ook uitsien daarna om van kop tot tone versorg te word in die NAMPO Kaap-skoonheidsalon op die grondverdieping van die Santam-ouditorium.

Borge is die ankers

’n Geleentheid soos NAMPO Kaap kan nie plaasvind sonder die ondersteuning van borge nie. Chrystal van Wyk, sakebestuurder van Bredasdorp Park, sê hulle is bevoorreg om weer borge soos Overberg Agri, BKB, Santam Landbou, Total Energies, Absa en PlaasMedia vir NAMPO Kaap 2022 aan boord te hê. Sy is ook baie opgewonde oor nuwe borgskappe van onder meer Toyota SA, Standard Bank, Shell, SAB IN-Bev en die Wes-Kaapse departement van landbou.

Volgens Toit Wessels, assistentbestuurder van Graan SA Bemarking, kry 2019-uitstallers voorkeur by die toekenning van uitstalruimtes. Daar is reeds ’n waglys vol nuwe uitstallers wat slegs ingepas kan word indien daar kansellasies plaasvind. Met soveel uitstallers wat meeding om jou aandag, is daar dus oorgenoeg om almal gelukkig te hou. Sien jou daar!

Toegangskaartjies is slegs aanlyn beskikbaar vanaf 1 Julie 2022 by www.ticketpros.co.za. Toegangsgeld is R80 vir volwassenes, R40 vir skoolgaande kinders, en voorskoolse kinders kry gratis toegang. Die ekspo vind Woensdag 14 September tot Vrydag 16 September van 8:00 tot 17:00 en Saterdag 17 September van 8:00 tot 14:00 plaas. Vir verblyf, kan besoekers gerus die Kaap Agulhas-toerismekantoor skakel by 028 424 2584 of 082 896 2225, of besoek www.overberg-info.co.za.

Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2022, besoek www.expo.org.za of skakel Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of 072 905 5111, of stuur e-pos na admin@expo.org.za.

Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos