GEBORG | Nuwe daeraad vir Sunlife met Come Alive Collection

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sunlife
Sunlife se nuwe Come Alive Collection sal sorg dat jou vakansie in Mauritius onvergeetlik is deur dit nommerpas vir jou behoeftes te maak.

Sunlife beoog om met die Come Alive Collection nuwe lewe in sy versameling luukse Mauritius-vakansieoorde te blaas. Die groep se kernwaardes is ook duidelik te bespeur in die opwindende nuwe ervarings wat besoekers by die oorde kan verwag.

Die Sunlife-filosofie is by al die betrokke oorde versterk en elkeen is afsonderlik evalueer om sy eiesoortige kerngroepe en leefstyl te identifiseer. Sodoende kan hotelgaste in die mees geskikte oord geplaas word, waar die Come Alive Collection aan hulle pasgemaakte ervarings, uniek aan elke oord, kan bied.

Come Alive-ervarings

Die Come Alive Collection van ervarings sluit die volgende in: die Energy Gym, waar oefening en volhoubaarheid kragte saamspan; die Beach Squad, met ’n Sunlife-span wat innoverende aktiwiteite op die strand aanbied; en Izzy the Bee, die nuutste spanlid en Sunlife se gelukbringer.

Dan is daar ook Come Alive Collection-ervarings wat eksklusief tot elke oord is: Sega Zoomba, ’n vurige Mauritiaanse vermenging van Sega en Zumba; Santé se verbeeldingryke nuwe versameling mengeldrankies met genesende eienskappe – vir die kop, die hart, liggaam of siel, van kalmering vir die gees tot verligting van sonbrand; en Putting on the Ritz, ’n herlewing van die glansryke dae toe gaste hulle nog vir aandete uitgevat het, met ’n kop-tot-tone oormaaksessie en klereverhuringsdiens met dosyne spoggerige tabberds wat beslis die koppe sal laat draai.

Die span by die vyfster Sugar Beach-oord het elemente van die hede en verlede saamgesnoer, en kombineer die swierige plesiere van vervloë dae met hedendaagse luukses. Die eindproduk is ’n weelderige, glansryke vakansie-ervaring. In lyn met die nuwe handelsmerk, het die oord ook ’n volledige opknapping ondergaan. Al die kamers en suites is stylvol oorgedoen en die restaurant en openbare ruimtes is herontwerp en gemoderniseer vir ’n kenmerkende tikkie weskus-swier.

Die vyfster Long Beach-oord verteenwoordig moderne Mauritius, en omarm die idee dat gaste na iets anders soek, deur ’n nuwe lens na Mauritius kyk en uitsien na opwindende en innoverende nuwe ervarings. Teen Junie 2023 sal Long Beach se kamers en suites, asook die Tides-restaurant, met ’n moderne nuwe voorkoms spog wat aansluit by die ligte, vars tema van die oord.

By die voortreflike vierster La Pirogue val die klem op verkenning, met gaste wat aangemoedig word om dieper te duik en die ware, outentieke Mauritius te ontdek. Die oord het ’n ontspanne plattelandse gevoel wat die kleurryke, lewendige gees van die eiland vasvang.

Die doel van Sunlife se volhoubaarheidsprogram is om die weg te baan in terme van volhoubare en impak-gedrewe reiservarings en te verseker dat sy eiendomme volhoubaar en verantwoordelik funksioneer. Dit beliggaam inderwaarheid Sunlife se visie van “ons sien ’n wêreld waar vriendelikheid skyn’. Die etos agter die volhoubaarheidsprogram is om met goedhartigheid te lei en daardie selfde welwillendheid wat deur Sunlife se gaste ervaar word, ook met die grond, hulpbronne en mense van die eiland te deel.

By een van die verskeie oorde kan jy Sega Zoomba, ’n vurige Mauritiaanse vermenging van Sega en Zumba, aanpak.
By La Pirogue kan jy jou verdiep in die lewendige en uitbundige gees van die eiland.
Met die Come Alive Collection kan jonk en oud saam aan verskeie vermaaklike aktiwiteite deelneem.

Glansryke Mauritius

By Sugar Beach kan gaste die lewe se luukse plesiere geniet. Tradisionele waardes soos statigheid en grasie sluit netjies aan by die glans van die aanloklike, genotvolle ervarings wat hier op jou wag. Hier verseker die vervloeiing van verlede, toekoms en hede ’n luukse en glansryke vakansie-ervaring.

Plattelandse gees

By La Pirogue word gaste genooi om dieper te duik en hul bestemming te verken. Hier word ’n ontspanne plattelandse gevoel deur twee aanvullende komponente geskep: die kleurvolle, outentieke en kulturele kenmerke van ’n dorpie, gekombineer met ’n vars, lewendige en uitbundige gees.

Moderne Mauritius

Gaste wat by Long Beach tuisgaan, is op soek na iets anders. Hulle wil Mauritius deur ’n nuwe lens aanskou: die moderne Mauritius waar die oorspronklike, innoverende en treffende saamsmelt en met ’n verhewe, vermaaklike en energieke kinkel herrys.

Net soos wat mense op aarde ’n tuiste onder die son vind, sal Sunlife se gaste ook tuis voel onder ’n oorkoepelende visie gedryf deur vriendelikheid, warmte en nuwe lewe.

besig om te laai... Regstreeks
Australia 223/3
West Indies 0
besig om te laai... Regstreeks
Nepal 89/7
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Easterns 76/4
South Western Districts 0/0
besig om te laai... Regstreeks
KwaZulu-Natal Inland 95/1
Northern Cape 0
Rand - Dollar
17.21
-0.4%
Rand - Pond
20.95
+0.0%
Rand - Euro
18.07
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,782.17
-0.2%
Silwer
22.70
-0.1%
Palladium
1,858.00
+0.2%
Platinum
1,010.50
+0.4%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,088
+0.3%
Alle aandele
74,277
+0.4%
Hulpbronne 10
73,178
-0.0%
Industriële 25
91,432
+0.7%
Finansiële 15
15,600
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos