GEBORG | Oorwegings vir ESG-investering in China

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stanlib bied aan Suid-Afrikaanse beleggers ’n geleentheid om toegang te verkry tot beduidende globale kundigheid om volhoubare beleggingsbesluite te neem.   Foto: iSTOCK
Stanlib bied aan Suid-Afrikaanse beleggers ’n geleentheid om toegang te verkry tot beduidende globale kundigheid om volhoubare beleggingsbesluite te neem. Foto: iSTOCK

Met die Chinese ekonomie wat vinnige ontwikkelingsveroudering toon en persoonlike inkomste wat vinnig styg, is China besig om die wêreld se grootste verbruikersmark te word.

JP Morgan Batebestuur se langtermyn-kapitaalmarkaannames plaas China naby aan eerste op die ranglys vir verwagte aandelemarkopbrengs op ’n 10-tot-15-jaar-oorsig.

Terwyl China se groeipotensiaal onmiskenbaar is, word die vraag of investering in China met volhoubare beleggings versoen kan word, al hoe meer gevra. Die argumente daar rondom is nie altyd swart en wit nie, en verander wanneer beleggings in individuele maatskappye opgeweeg word teenoor direkte belegging in die staat via staatseffekte.

Wat baie omgewings- en maatskaplike bestuursmaatstawwe (ESG) betref, is China nie goed op dreef nie. China stel die meeste kweekhuisgasse ter wêreld vry, en hoewel Beijing tot koolstofneutraliteit teen 2060 verbind is, gaan kweekhuisgasvrystelling aanhou styg tot aan die einde van hierdie dekade.

Desnieteenstaande weerspieël sommige omgewingskwessies in China bloot sy groot bevolking en relatief vroeë stadium van ekonomiese ontwikkeling met ’n groot afhanklikheid van vervaardiging. Wanneer kweekhuisgasvrystelling op ’n per capita-grondslag beskou word, is China se emissies net meer as die helfte van dié van Amerika. Uitgekontrakteerde produksie van ontwikkelde markte na China is nog ’n faktor, want sowat 15% van Chinese gasvrystelling kan toegeskryf word aan die vervaardiging van goedere wat na die buiteland uitgevoer en daar verbruik word.

China se teiken van 25% hernubare energie teen 2030 is laer as verskeie ander wêrelddele s’n, maar kan meer eenvoudig wees om te bereik. Die land is die grootste vervaardiger van hernubare toerusting, en vorder ook flink met elektriese infrastruktuur wat van hernubare energie gebruik kan maak, soos elektriese voertuie se toetrede tot die mark wat teen 2021 die 15%-koers oorskry het.

Maatskaplike kommer sluit in die behandeling van werkers, verskille in lewenstandaarde, China se menseregterekord en die behandeling van etniese minderhede.

Werkersregte is steeds ver onder Europese standaarde, maar ’n mate van verbetering is darem al duidelik. In 2021 het die Chinese hooggeregshof beslis dat die 9-9-6-werkpraktyk (09:00 tot 21:00, ses dae per week) onwettig was en China het onlangs 20 internasionale konvensies oor dwangarbeid bekragtig.

Vooruitgang is ook sigbaar op ander gebiede, al is die basisvlak daarvan baie laag. Pogings om belangrike besoedelende aktiwiteite te reguleer en te hervestig, het luggehalte in sommige stede met 50% verbeter, hoewel nasionale gemiddelde besoedelingsvlakke steeds ses keer hoër is as die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Beduidende vordering is gemaak op die gebied van armoedeverligting. Die aantal mense wat onder die armoedegrens leef, het die afgelope 40 jaar met 800 miljoen gedaal. “Gemeenskaplike welvaart” het ’n sleutelbeleidsagenda geword met die doel om inkomste- en rykdom-ongelykheid verder te verminder.

Vanuit ’n bestuursperspektief is staats- en korporatiewe bestuur nie uitruilbaar vir Chinese bates nie. Staatsoorwegings is tipies meer relevant vir vaste-inkomstebeleggers, gegewe die grootte van die staatseffektemark.

Die gebrek aan demokrasie is vir baie beleggers ’n bekommernis, hoewel die insluiting van Chinese staatseffekte by globale effekte-indekse ’n aanduiding is dat China bereid is om toenemend by internasionale standaarde aan te pas om buitelandse kapitaal te lok.

Op korporatiewe vlak is die gewig wat staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) in groot indekse dra kommerwekkend – terwyl China meer maatskappye op die Fortune Global 500-lys as enige ander land het, is byna 75% daarvan SBO’s. Desnieteenstaande, toon bestuurstandaarde ’n opwaartse neiging, en het die proporsie maatskappye in die CSI 300-indeks wat ESG-verslae lewer, die afgelope dekade byna verdubbel.

Een ding is seker: ESG-oorwegings vir Chinese bates sal ’n komplekse en emotiewe onderwerp bly. Daar is gebiede waarop China met rasse skrede vorder, en ander waarin beleggers baie meer vordering wil sien. Gevolglik sal die relatiewe gewig wat beleggers aan elke kwessie toeken, waarskynlik die rol van Chinese bates binne volhoubare portefeuljes bepaal.

’n Sterk vennootskap

Deur die strategiese vennootskap met JP Morgan Asset Management (JPMAM), bied Stanlib aan Suid-Afrikaanse beleggers ’n geleentheid om toegang te verkry tot beduidende globale kundigheid wat omvang en diepte betref.

Karen Ward is die hoof-markstrateeg vir EMEA, en Hugh Gimber, globale markstrateeg by JP Morgan Batebestuur.

Stanlib Asset Management (Pty) Ltd is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. JP Morgan Asset Management (UK) Limited is ’n buitelandse strategiese vennoot van Stanlib Asset Management (Pty) Ltd en word gemagtig en gereguleer deur Brittanje se Finansiële Gedragsowerheid.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste en/of produkte nie.


Rand - Dollar
16.24
-0.2%
Rand - Pond
19.82
-0.1%
Rand - Euro
16.78
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.14
-0.2%
Silwer
20.31
-1.4%
Palladium
2,289.00
+1.5%
Platinum
960.50
+1.5%
Brent-ruolie
97.40
+1.1%
Top-40
64,617
+2.3%
Alle aandele
71,265
+2.1%
Hulpbronne 10
65,851
+2.1%
Industriële 25
87,063
+2.8%
Finansiële 15
15,964
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos