GEBORG | PNA sê: ‘Rock your Funky Socks!’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Suid-Afrikaanse kleinhandelaar PNA het in vennootskap getree met Breadline Africa, ’n nie-winsgewende organisasie wat infrastruktuur en opvoedkundige ondersteuning aan skole in minderbevoorregte Suid-Afrikaanse gemeenskappe verskaf.

pna
Raak deel van PNA se 'Rock your Funky Socks'-veldtog en help om 'n kleuterskool te bou.

Die doel vanjaar is om twee skole in die Wes-Kaap en twee skole in die Oos-Kaap te bou. Albei Wes-Kaapse skole, Sikhona Educare en Sunrise Educare, is in Khayelitsha gebaseer.

Met die onwrikbare ondersteuning van hul kliënte is PNA altyd op soek na prettige en innoverende maniere om bewustheid oor maatskaplike kwessies te skep en geld in te samel om onderwys te ondersteun. Die “Rock Your Funky Socks”-veldtog is hul inisiatief vir 2022.

Die veldtog is op 18 Julie vanjaar op Mandela-dag bekendgestel. Jy kan jou “Funky Socks Day”-plakker vir slegs R10 by enige PNA koop. Vervang dan op Vrydag 2 September jou gewone werk- of skoolsokkies met jou persoonlike prettige of gekskeer-sokkies om jou ondersteuning vir die bou van die gemeenskapskole te toon.

Volgens Chantelle Fritz, PNA se bemarking- en reklamebestuurder, is hulle passievol oor vroeëkinderontwikkeling en een van die boublokke van korporatiewe, maatskaplike verantwoordelikheid is opvoeding.

“Ons moet vir elke Suid-Afrikaanse kind ’n kans op ’n beter toekoms gee. PNA is opgewonde om saam te werk met Breadline Africa om fondse in te samel om nog vier vroeëkinderontwikkeling-skole in 2022 te bou.

Buiten die voorsiening van veilige infrastruktuur en stimulerende leeromgewings, gee Breadline Africa ook ondersteuning aan skoolhoofde en onderwysers. Dié organisasie bied voortdurende, op-die-terrein-ondersteuning vir tot drie jaar sodat skole toegang kan hê tot klasgee- en leermateriaal, mentorprogramme, opleiding asook voedingskemas.

“Sikhona Educare Centre het tans 35 kinders, maar die eiendom is groot genoeg om ’n groter kleuterskool te huisves. Die hoof, Ntombifikile Nzunga, dra ook kos vanaf haar huis by omdat daar nie behoorlike kombuisgeriewe by die skool is nie. Hulle sien dus uit om van veilige en skoon kombuisgeriewe by die skool gebruik te kan maak en die kinders van meer en groter klaskamers te kan voorsien as deel van hierdie inisiatief saam met Breadline Africa,” sê Fritz.

Sy sê dieselfde is ook die geval by Sunrise Educare Centre. Die departement van menslike nedersettings het ’n groot stuk grond reg voor haar huidige kleuterskool aan die hoof, Pearl Ntomtovuyo, toegeken. Dit voorsien die broodnodige ruimte om meer kinders te huisves. Ongelukkig kon sy nog nie skuif nie, omdat sy nog nie fondse het vir die nuwe infrastruktuur nie, maar alles gaan nou verander en verbeter.

PNA vra dus: “Moenie vergeet om jou funky socks te rock op 2 September nie. Ondersteun die inisiatief om R1,2 miljoen in te samel deur ’n R10-plakker te koop. Die kinders en skole het jou hulp nodig!”

Klik hier vir meer inligting. 

Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos