GEBORG | Só lyk die Stad Tshwane se 2022-'23-begroting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die 2022-'23-begroting is goedgekeur teen die einde van Mei 2022 en is daarop gemik om finansiële stabiliteit te handhaaf terwyl dienslewering bevorder en investering in kritieke infrastruktuur ten sterkste aangedryf word.

Die Stad Tshwane se visie

Om ’n welvarende hoofstad te word deur regverdigheid, vryheid en die skep van geleenthede na te streef.

Die visie van die Stad kapitaliseer op Tshwane se sterk posisie as Suid-Afrika se leidende stad wat die skep van geleenthede betref, en die waardes van regverdigheid, vryheid en geleentheidskepping is deeglik hierin ingebed.

Die 2022-'23-begroting verteenwoordig die gesamentlike strategiese prioriteite van die Stad Tshwane se veelparty-koalisieregering.

Die tien strategiese fokusgebiede om Tshwane te ontwikkel en flink dienslewering te bespoedig, is soos volg:

1. Prioritiseer die elektriese netwerk en waterinfrastruktuur.

2. Voorsien streng finansiële bestuur en toesig.

3. Wees ’n ondernemingsvriendelike stad wat indiensneming en ekonomiese groei bevorder.

4. Verbeter stadsveiligheid, sekuriteit en nooddienste.

5. Handhaaf ’n skoon en beskermde natuurlike omgewing.

6. Onderhou en brei padinfrastruktuur en openbare vervoer uit.

7. Wees ’n omgee-stad wat die kwesbares ondersteun en maatskaplike verligting bied.

8. Moderniseer en digitaliseer stadsprosesse.

9. Verskaf ’n professionele openbare diens gedryf deur aanspreeklikheid en deursigtigheid.

10. Skep ’n gesonde en lewendige stad.

Die Stad se veelpartykoalisieregering bestaan uit die Demokratiese Alliansie, ActionSA, die Vryheidsfront Plus, die African Christian Democratic Party, die Inkatha-vryheidsparty en die Congress of the People.

Die Stad het ’n algehele begroting van R44,9 miljard vir die 2022-'23-boekjaar goedgekeur. Die bedryfsbegroting is R42,1 miljard en die kapitaalbegroting is R2,8 miljard.

PIE CHART

  • Die kapitaalbegroting behels hoofsaaklik investering in infrastruktuur (soos die bou van paaie, die elektrisiteitsverspreidingsnetwerk en reservoirs, asook die opgradering van gemeenskapsgeriewe).
  • Die bedryfsbegroting behels die Stad se dag-tot-dag-bedrywighede om dienslewering aan alle gemeenskappe te verseker.

Tariefverhogings

Water

’n Netwerkbeskikbaarheidsheffing vir alle eiendomme, ongeag die gebruik, sal geïmplementeer word. Die netwerkbeskikbaarheidsheffing is gelyk aan die eerste 9 kl-heffing vir residensiële eiendomme, wat die grootmaatkoste en ’n deel van die bedryfskoste sal dek.

Die verbruikskoste sal met gemiddeld 9% styg.

Geregistreerde behoeftiges en inwoners met ’n eiendomswaarde van R150 000 of minder word van die netwerkbeskikbaarheidsheffing vrygestel.

Altesaam 12 kl water per 30 dae-tydperk sal weer gratis aan geregistreerde behoeftige huishoudings toegestaan word. Daar moet verder kennis geneem word dat gratis water ook deur watertenkwaens en staanpype in informele gebiede verskaf word.

Die 9%-watertariefverhoging word soos volg opgesom:

water

Sanitasie

Sanitasiekoste word bereken volgens die persentasie water wat in die onderstaande tabel aangedui word:

Vergelyking tussen huidige sanitasiekoste en verhogings

sanitasie

Geregistreerde behoeftiges en inwoners met ’n eiendomswaarde van R150 000 of minder word van die netwerkbeskikbaarheidsheffing vrygestel.

Elektrisiteit

Die tariefverhoging vir huishoudelike, kommersiële en industriële kliënte is 7,47% in ooreenstemming met die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se riglyn vir munisipaliteite.

Die tariefstruktuur met betrekking tot huishoudings maak voorsiening vir skuins bloktariewe. Geregistreerde behoeftiges word 100 kWh gratis toegestaan.

Die voorgestelde glyskaaltariewe vir die 2022-'23-boekjaar wat op huishoudings van toepassing is, is soos volg:

TABELLE

Vullisverwydering

’n Tariefverhoging van 6% vir 2022-'23 word voorgestel om ’n stabiele vullisverwyderingsdiens aan alle gebiede te lewer.

Vullisverwyderingstariewe is gegrond op die volume vullis wat per week verwyder word (in terme van houergrootte).

fooie

Die Stad Tshwane behou die reg voor om die soort diens, die minimum aantal houers en hoe gereeld elke gebied gediens word, te bepaal.

Eiendomstariewe

Die eerste R15 000 van die markwaarde van alle residensiële eiendomme is volgens wet kwytgeskeld van die heffing van eiendomsbelasting, en ’n verdere waardasieverlaging van R135 000 word deur die Stad toegestaan vir die heffing van eiendomsbelasting. Daar word dus geen eiendomsbelasting op die eerste R150 000 van die waarde van alle residensiële eiendomme gehef nie en geregistreerde behoeftiges betaal geen eiendomsbelasting nie. Verder word die maatskaplike pakket uitgebrei na alle eiendomme ter waarde van R150 000 en minder.

Die residensiële tarief is die basislyntarief, wat die verhoudings van sommige van die ander tariewe bepaal. Die tariefverhouding van residensiële tot landbou- en openbare weldaadorganisasies word volgens wet op 1:0,25 bepaal.

Gegrond op ’n 6%-verhoging vanaf 1 Julie 2022, kan berekeninge soos volg gedoen word:

TABELLE

Bedryfsprogramme

Die volgende is van die programme wat binne die bedryfsbegroting geakkommodeer word:

  • Grootmaataankope: Elektrisiteit – R12,1 miljard
  • Grootmaataankope: Rand Water – R3,5 miljard
  • Centurion-meer (instandhouding) – R25 miljoen
  • Gemeenskapsontwikkeling (voedselbank) – R4,8 miljoen
  • Dwelm- en ander middelmisbruik – R33,8 miljoen
  • Elektrisiteitsonderbrekings – R27,5 miljoen
  • Elektrisiteitshooftoevoer en elektrisiteitsnetwerkvorming (herstelwerk en instandhouding) – R160,9 miljoen
  • Elektrisiteitsnetwerk en kragstasies (herstelwerk en instandhouding) – R83,1 miljoen
  • Eskom-verbindings – R5,2 miljoen
  • Uitgebreide Openbare Werke-programinisiatiewe – R70 miljoen
  • Forensiese oudit – R28 miljoen
  • Huishoudelike vullisverwydering – R745,1 miljoen
  • Behuising van topstrukture (bevolkingsvestigingsontwikkelingtoelaag) – R34,8 miljoen
  • Binnestedelike diens (huishoudelike vullisverwydering) – R10,4 miljoen
  • Plaaslike ekonomiese ontwikkeling en KMMO-inisiatiewe – R5,7 miljoen
  • Markinfrastruktuurherstelwerk en -instandhouding – R8,4 miljoen
  • Voorkoming van onwettige grondbesetting – R31,6 miljoen
  • Huur van aanleg en toerusting – R43,6 miljoen
  • Herstelwerk en instandhouding van klinieke – R10,8 miljoen
  • Herstelwerk en instandhouding van infrastruktuur en fasiliteite – R352,9 miljoen
  • Herstelwerk en instandhouding van oorde, stortingsterreine en natuurreservate – R58,1 miljoen
  • Inkomsteverhoging: Skuldinvordering – R148 miljoen
  • Sanitasie van chemiese toilette – R37,5 miljoen
  • Sinkgate – R29,6 miljoen
  • Afvalwatersuiwering – R73,8 miljoen
  • Watersuiweringswerke – R13,5 miljoen
  • Watertenkwaens (onvolledig ontwikkelde dienste) – R291,7 miljoen
  • Wi-Fi – R23,8 miljoen

Sleutelkapitaalprojekte

Sommige van die hoofprojekte en sleutelfokusgebiede van die begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan wat in 2022-'23 aangespreek moet word, sluit die volgende in:

  • Batebeskermingseenheid: Polisiëringstoerusting – R1 miljoen
  • Bronkhorstbaai: Opknapping en opgradering van watersuiweringsaanleg – R35 miljoen
  • Bussnelvervoer-infrastruktuur – R269,7 miljoen
  • Kabeldiefstaltegnologie – R10 miljoen
  • Bou van 264 maatskaplike behuisingseenhede: Sunnyside – R8,5 miljoen
  • Bou van 607 maatskaplike behuisingseenhede: Timberlands – R38 miljoen
  • Bou van paaie en stormwaterafvoere – R120,6 miljoen
  • Gedetailleerde ontwerp van grootmaat-infrastruktuur: Chantelle – R101 miljoen
  • Gedetailleerde ontwerp van interne netwerkvorming: Townlands – R85,2 miljoen
  • Elektrisiteit vir Almal-program – R137 miljoen
  • Interne paaie: Noordelike gebiede – R51 miljoen
  • Marabastad: Formele oorgang van informele handelaars – R7 miljoen
  • Nuwe grootmaatelektrisiteitsinfrastruktuur – R101 miljoen
  • Nuwe Lusaka-kliniek – R49 miljoen
  • Voorafbetaalde elektrisiteitsmeters – R57 miljoen
  • Koop boeke, boeksekuriteitstelsel, meubels en toerusting (gemeenskapsbiblioteke) – R14,5 miljoen
  • Opgradering van suiweringsaanleg – R36,1 miljoen
  • Herontwikkel hostelle: Mamelodi – R3 miljoen
  • Herontwikkel hostelle: Saulsville – R3 miljoen
  • Herstel subtransmissie- elektriese infrastruktuur – R114 miljoen
  • Herstel waternetwerke en spreek agterstande aan – R97 miljoen
  • Vervang verslete waternetwerkpype – R75 miljoen
  • Vervang, opgradeer en bou fasiliteite vir afvalwaterbehandelingswerke – R146,8 miljoen
  • Dienste vir informele nedersettings – R36,9 miljoen
  • Rioolnetwerk en toilette: Ekangala Blok A tot F – R59 miljoen
  • Rioolnetwerk: Kudube Eenheid 5 – R38 miljoen
  • Tshwane Automotive SEZ Fase 1-grootmaat-infrastruktuur-ontplooiing – R113 miljoen
  • Tshwane Openbare Beligtingsprogram – R13 miljoen
  • Tsosoloso-program (opgradering van paaie in Saulsville) – R10,2 miljoen
  • Opgradering en uitbreiding van markfasiliteite – R10 miljoen
  • Opgradering van Caledonian-stadion – R25 miljoen
  • Opgradering van gruispad na teerpad in Ekangala (Wyk 102, 103, 104 en 105) – R13,2 miljoen
  • Opgradering van Refilwe-stadion – R32 miljoen
  • Waterbesparing en vraagbestuur – R90 miljoen
Rand - Dollar
16.24
-0.2%
Rand - Pond
19.82
-0.1%
Rand - Euro
16.78
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.14
-0.2%
Silwer
20.31
-1.4%
Palladium
2,289.00
+1.5%
Platinum
960.50
+1.5%
Brent-ruolie
97.40
+1.1%
Top-40
64,617
+2.3%
Alle aandele
71,265
+2.1%
Hulpbronne 10
65,851
+2.1%
Industriële 25
87,063
+2.8%
Finansiële 15
15,964
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos